Saturday, February 7, 2015

Sent 3 Hier is ek stuur my na ander

Sent 3 – na mekaar:

Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care.  Henri Nouwen

Om meer van God te beleef, moet jy toelaat dat Hy deur jou beweeg.

1 Tim 1: 18 Timoteus, my kind, hiermee gee ek my opdrag aan jou, gegrond op die profetiese woorde wat voorheen oor jou uitgespreek is. Mag daardie woorde jou die selfvertroue gee om goed te veg in die Here se veldslae.

Besef jou inspraak in ander mense se lewens kan iemand se toekoms beïnvloed.

Ons het mekaar nodig om:
  • Saam te groei.
  • Versorg.
  • Te bemoedig en
  • Mekaar te lei in wysheid.


Hand 2 44 Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. 45Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet.
47 Hulle het God deurentyd geprys, en die goedgesindheid van die hele volk geniet. En die Here het elke dag mense wat verlos word, by hulle gevoeg.

Wees teenwoordig.

  • Doen moete om gereeld saam te kom.
  • Maak intensionele afsprake met vriende en werkskollegas.


Kyk dieper ... lees tussen die lyne.

 Alexa Meade
... as long as you’re willing to look beyond what’s already been brought to light, that you can see what’s below to surface, hiding in the shadows and recognise that there can be more there than meets the eye.



Maak ruimte vir die gawes van die Heilige Gees.

2 Kor.5:20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal.

In daardie oomblik waar jy teenwoordig is, verteenwoordig jy Jesus en wil Hy deur jou werk

Beweeg waar die Here jou lei.

Ef 2:10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

  1. Iemand het nood
  2. God stuur (Jy sien, of hoor dieper)
  3. Jy reageer in gehoorsaamheid
  4. Die Heilige Gees werk deur jou.
  5. Jy was net die instrument  


Die Heilige Gees gee jou die vermoëns en werk deur jou.

1 Kor 12:7  (Boodskap) Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: 8 Party mense kan vir ’n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. 

God gee sy Gawes aan ons om by mense in nood stil te staan. Byvoorbeeld

  • Gawe van wysheid en Kennis – Om raad te gee en dieper insig te hê
  • Profesie – Bemoedig
  • Geloof – Saam te glo vir groot deurbraak
  • Krag, wonders en genesing – Saam die Here te vertrou vir Bonatuurlike


Verskillende mense gaan jou padlangs kom

Vriend wat siek is Bv.  Kanker - Hy het  ondersteuning n
nodig
Broer in ‘n Finansiële krisis
‘n MA voel  kinders raak te veel
Vriendin wie se man haar emosioneel afbreek
Vriend wat onseker is oor sy werksekuriteit.

Begin vir mekaar Bid.
Wees bereid om mekaar te dien.  
Die Gawes van die Here behoort deel van ons DNA te wees.


Mark 3: 1 Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan.
Daar was ’n man met ’n misvormde hand. 2 Omdat dit op die Sabbat was, het Jesus se vyande Hom fyn dopgehou. Sou Hy die man se hand op die Sabbat gesond maak? Indien wel, sou hulle Hom kon aankla. 3 Hy sê toe vir die man met die misvormde hand: “Kom staan hier in die middel.” 4 Daarna sê Hy vir sy teenstanders: “Mag ’n mens goeddoen op die Sabbat of kwaad? Is hierdie dag bedoel om ’n lewe te red of te vernietig?” Maar hulle wou Hom nie antwoord nie.5Terwyl hulle so rondom Hom staan, het Hy hulle die een na die ander met verontwaardiging aangekyk, diep bedroef oor die gevoelloosheid van hulle harte. Toe sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand.” 

As daar nood is : raak betrokke.


Twee vrae:
  • Vir wie gaan jy bid in die hierdie week?
  • Here na Wie stuur U my

No comments:

Post a Comment