Saturday, January 31, 2015

Sent 2 - Concern to Compassion

Sent 2 – Concern to Compassion

Verlede week het ons afgeskop met ons reeks sent

Hoekom is jy deel van Doxa Deo?
Wat is dit wat jou opgewonde maak oor hierdie gemeente?
Wat is dit wat jou hier laat bly?
Hoekom is ek deel van die gemeente?

My storie van Doxa Deo:
Vrae oor Here ek wil deel wees van iets groters as myself, ‘n vriend nooi my, daardie dag deel Alan Platt die visie van die gemeente en hier aan die binnekant gebeur iets…

Wat is die visie van Doxa Deo?
Om God se heerskappy te vestig in 12 stede
Wat gebore is uit ‘n belewenis wat Alan gehad het waarin die Here met hom gepraat het oor die stad en bevestig is deur die gemeenteraad in ‘n profetiese woord. Wat beteken dit Here?Wat is die strategie,

Hoe doen ons dit? Mark 6:30-44
BAKEN 1: BEWEEG VAN BESORGDHEID NA INNIGE MEEGEVOEL
(FROM CONCERN TO COMPASSION).
Die dissipels was duidelik besorg oor die mense, maar die Bybel sê Jesus het innige meegevoel met hulle gehad. Besorgdheid raak nooit betrokke by die probleem nie - die dissipels wou die mense wegstuur. Jesus het egter gesê hulle moet self vir die mense kos gee. As ‘n bediening het ons besef dat ons hierdie verantwoordelikheid moes opneem vir die transformasie van ons stad.

BAKEN 2: DEFINIEER DIE STRATEGIESE PROSES.
Jesus het hulle beveel om die 5000 manne in groepies van 100 en 50 te laat sit. Ná ‘n lang dag in die son was Jesus daarvan oortuig dat hulle eers die prosesse in plek moes kry om die mense moniteerbaar te kon bedien voordat hulle die brood en vis sou uitdeel. Net so het die Here ons gelei om verskeie gemeentes (“kampusse”) reg oor die stad te vestig, wat nog steeds een gemeente vorm wat almal saam God vertrou om die stad te sien transformeer.

BAKEN 3: DIE BONATUURLIKE VOLG OP TOEWYDING EN VERWAGTING.
Nadat die dissipels die mense in groepe verdeel het, het Jesus opgekyk, die brood en vis geseën en toe het die wonderwerk plaasgevind. Net so het Doxa Deo oor die afgelope jare die een wonderwerk na die ander aanskou soos wat nuwe kampusse gevestig is en nuwe ondersteunende bedieninge die lig gesien het wat die verskillende sfere van ons samelewing beïnvloed.

2002 is as die “Jaar Van Intimiteit” geproklameer en daar is in die tyd gefokus op die vier simbole waardeur die Heilige Gees in die Skrif geken word, naamlik Vuur, Water, Wind en Olie. Tydens die derde kwartaal met die fokus op Wind, wat dui op die leiding van die Heilige Gees, het ons op die Here gewag spesifiek ten opsigte van Sy inspraak vir die volgende fase van Doxa Deo. Uit Markus 6 het ‘n vierde beginsel (baken), duidelik vir hierdie bediening na vore gekom.

BAKEN 4: DIE UITREIK NA 12 STEDE IN DIE WÊRELD.
Die Bybel beskryf hoe die mense nadat hulle klaar geëet het, 12 mandjies vol van die brokstukke van die brood en vis opgetel het sodat hulle dit kon neem na verskillende stede om daardie stede ook te seën met dit waarmee hulle geseën is. Ons het beleef dat die Here, gelyklopend met die uitbreiding binne die stad van Pretoria, ander stede met dieselfde strategie van stadstransformasie wou seën.

Om dit te bereik beteken dit dat elke mense by ‘n plek sal kom waar elke mense wat deel word van ons omgewing sal kom waar hulle passievol sal wees om God te ken, passievol sal wees om betrokke te raak in mense se lewens en passievol sal raak om te sien dat ons stad verander na ‘n plek waar God regeer omdat hy dit wil doen deur my en jou as ‘n stadsveranderings agent (City Changer) – prentjie

‘n storie oor passie…selleiers in Universiteit se gronde
‘n storie oor compassion….Tienie se storie oor Mike

Wat is die een rede wat ons beweeg van besorgdheid na innige meegevoel soos Jesus?
Hoekom doen ons wat ons doen? Dit gaan oor hierdie gesprek wat Jesus gehad het, hierdie is wat ons laat opstaan elke dag met nie net besorgdheid nie maar met innige meegevoel, hierdie is die een ding wat Doxa Deo dryf om te sien dat ‘n stad sal verander.

Hier gebeur iets tussen Jesus en ‘n geestelike leier
Hoekom doen ons wat ons doen? Hierdie kan my dalk ongemaklik laat voel
As hierdie waar is wat Jesus gesê het kan ons nie anders as om elke besluit wat ons maak, elke ding wat ons doen in hierdie bediening in die lig hiervan te sien nie.

Joh 3:1-10 ANV
(1)  Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad.

Fariseers nie altyd ‘n goeie konotasie nie, maar daar was goeies en slegtes
Nikodemus was deel van wat hulle genoem het die Sanhedrin, hulle is die CEO’s van die who is who, geleerde, goeie reputasie, mense het hom gerespekteer, hulle was verantwoordelik vir die handhawing van vrede tussen die Joodse Raad en die Romeinse invloed
Hy het Jesus dopgehou saam met al die ander Farisieers en die meeste van die tyd het hulle probeer om Jesus vas te vra met die doel om hom te verneder sodat die mense teen hom sal draai.
Nikodemus het ‘n vraag en ipv om Jesus dit te vra in die publiek en homself te assosieer met die res van die groep vra hy Jesus in persoon want hy het ‘n baie belangrike vraag

(2)  Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u 'n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”

Nikodemus sê wat die meeste mense in ons kultuur erken en selfs ander gelowe dat Jesus is ‘n goeie leermeester (selfs die Koeran sê dit) en Hy kom heelwaarskynlik van God. Nikodemus deur sy observering het hy tot hierdie slotsom gekom.
Daar is ‘n groep van ons wat erken dat U is ‘n goeie leermeester en U kom heelwaarskynlik van God en dit wat U sê en ons glo dit sort van lyn op.
Ons weet daar is baie goed wat ons nie verstaan nie maar ons het U begin volg en dit is waar U doen wonderwerke, daar is iets bonatuurliks aan U wat ons nie kan uit-redeneers bymekaar kan bring nie en nou, nou is U hier. Hierdie was soos die agtergrond van die vraag wat Hy wou vra en voordat hy die vraag kan vra doen Jesus iets wat ons op verskeie kere in die Bybel raaklees as iemand ‘n ‘issue’ het spreek Hy reg in die ‘issue’ die hom iets wou vra is hy antwoord hom

(3)  Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Niemand kan die koninkryk van die Here sien nie as hy nie weergebore word nie
Dit sluit jou in Nikodemus, ek weet jy is ‘n geestelike leier, ek weet jy is ‘n goeie mens
Ek weet jy gaan my ‘n vraag vra oor die koninkryk van God, ek weet jy gaan my vra oor hoe kan ek weet, kom ek antwoord dit vir jou
Niemand kan die koninkryk inkom as hy/sy nie weergebore word nie (born from above/ nuut gebore word nie)
Jy hoor die hele tyd ons praat van jou verhouding met die Here, ons wil hê jy moet groei in daardie verhouding, ons is passievol daaroor (knowing God banier) en ons wil sien dat elke persoon wat deel word van hierdie gemeente ‘n wedergeboorte belewenis met die Here sal hê en ons begeerte is dat ek en jy dit sal begeer vir ons families, vir ons bure, vir ons werkskollegas, vir ons stad.
Die Rede hoekom Jesus gepraat het oor koninkryk en Nikodemus sou hom daaroor gevra het was dat die Fariseers gedink het in terme van koninkryk want hulle het geglo dat die Jode is die volk van God dit beteken sy koninkryk.
Toe begin mense buite hierdie Jodedom die Here ontdek en Jesus verskyn op die toeneel en die vraag wat almal vra is wie is dan die binnekring van Jesus, wie is hulle wat toegelaat word. En Jesus antwoord hulle dit is heel eenvoudig dit is mense wat weergebore is. Die wat ‘born from above’ is mense wat wedergeboorte beleef het.
As dit die eerstekeer is wat jy dit hoor is die vraag wat beteken dit ? En Nikodemus reageer heelwaarskynlik soos wat ons sou reageer? Verduidelik ek verstaan nie

(4)  Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”

Jy praat oor iets wat ek nie verstaan nie, dit klink nie reg nie hoe kan jy weergebore word.

(5)  Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

Nikodemus ek weet jy is ‘n goeie mens, maar goeie mense moet ook weergebore word.

(6)  Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Dan is hier ‘n sleutel daar is ‘n geboorte in die die gees, dit is iets wat aan die binnekant gebeur
Iets moet met iemand gebeur geestelik net soos wat dit fisies gebeur het.
Dit is iets wat met elke mens moet gebeur om te kan insien in God se koninkryk. (verbasing op sy gesig)

(7)  Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie.

Die intressante ding oor hierdie boodskap is dit was Sy boodskap aan ‘n goeie mens
Jy ken die woord jy is ‘n geestelike leier maar self jy het nodig om opnuut gebore te word.
Jesus het hierdie selfde boodskap gevat na Mattheus, iemand wat mense se geld gevat het vir eie gewin, gesteel het
Selfs vir Sageus, en die ou langs hom op die kruis, die boodskap is dieselfde vir almal goed en sleg en selfs die ouens in die middle. Om die afstameling van Abraham Isak en Jakob te wees, om ‘n Jood te wees, om gebore te wees in ‘n goeie Christelike huis wat elke sondag kerk toe gaan, om ‘n ma te hê wat elke dag vir jou bid, dit is nie genoeg nie, ons het nodig om weergebore te word.
Elkeen van ons het nodig om weergebore te word, om my weer te laat doop, om commitment te wees
Jesus net in wie hy is gaan dan terug saam met Nikodemus na ‘n storie wat hy nog geleer het by kidz zone, kom ons gaan na vers 14.

Joh 3:14-20 ANV
(14)  Moses het die slang in die woestyn hoog op 'n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word,
Die oomblik toe Jesus hierdie storie ophaal toe weet Nikodemus presies waarvan Jesus praat.
Hierdie storie is in die tydperk van die woestyn oppad na ie beloofde land, en die volk het regtig ‘fedup’ geraak met Moses en met die Here, en hulle sê goed soos ons moet eerder in Egipte gebly het, Moses wanneer is ons nou daar, hoe ver is dit nog? (dit is waar jou kind dit kry , dit is Bybels)
Kamp uit in die woestyn en die mense word gebyt deur slange en begin te sterf, volgens die boek van Numerie was van die mense se persepsie God straf hulle vir hul slegte gesindheid en hulle hardloop na Moses toe en pleit vir hulp, Moses volgens God se inskruksie maak ‘n paal met ‘n koper slang op, en sê elkeen wat na hierdie slang kyk sal gesond word

(15)  sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.

Nou skyf Jesus van wedergeboorte na ewige lewe. Nikodemus het ‘n aha oomblik elkeen wat na U kyk U oplig U sien, hulle sal die ewige lewe kry. Kom ek sit alles vir jou bymekaar

(16)  God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Vir die eerstekeer kom hierdie woorde voor en Johannes wat moontlik die geskryf het hoor iets wat Hy nog nie van te vore gehoor het nie en vat twee Griekse woorde bymekaar wat beteken:
o Om te vertrou in nie om dit net te glo nie maar iets dieper
o Jy het nodig om na my te kyk en jou vertrou in my te plaas
o Die oomblik as dit gebeur sal jy weergebore word iets gebeur hir in jou gees
o ‘n Splinter nuwe lewe aan die binnekant wat homself uitwerk na buite
o Een persoon op ‘n slag, een keuse op ‘n slag, jy het nodig om weer gebore te word

(17)  God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Ek het nie hierna toe gekom om jou te straf nie, jou te veroordeel nie (goeie nuus)
Hoe ?Een persoon op ‘n slag, een keuse op ‘n slag, jy het nodig om weer gebore te word
Ek het probeer deur myself te commit, ek bly verslaaf ek het alles al probeer
Ek het gekom om die persoonlike redder te wees van elke mens.

Hierdie is hoekom ons doen wat ons doen, ons skep invite geleenthede is sodat mens ‘n belewenis kan hê om Jesus Christus te ontdek, want ons passie ons begeerte is dat jy, jou familie, jou vriende, jou bure die Here sal ontdek

(18)  Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.
(19)  En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.
(20)  Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie.

Storie van wedergeboorte: Myra, Bianca, Christel
My Storie, dit gaan nie oor die metode nie maar die gebeurtenis

Nagmaal: bevestig jou wedergeboorte, miskien het jy nog nooit die geleentheid gehad nie

Luk 24:30-32 AMP
(30)  And it occurred that as He reclined at table with them, He took [a loaf of] bread and praised [God] and gave thanks and asked a blessing, and then broke it and was giving it to them
(31)  When their eyes were [instantly] opened and they [clearly] recognized Him, and He vanished (departed invisibly).
(32)  And they said to one another, Were not our hearts greatly moved and burning within us while He was talking with us on the road and as He opened and explained to us [the sense of] the Scriptures?


Doop celebration begin van Maart

In jou kleingroep die week:
1. Vertel jou storie oor wedergeboorte
2. Wie gaan jul as groep voor bid om hierdie ontdekking te maak?
3. Wanneer gaan jy met hulle kuier?


No comments:

Post a Comment