Saturday, January 10, 2015

Jesus… the untold story

Jesus… the untold story

Jesus in my manifeste vir 2015.

‘n  Manifeste is ‘n publieke verklaring, oor my motiewe en uitkyk oor die lewe.
  • Dit omvat my visie.
  • Dit rig my lewe.


Ef. 2:10 Nee God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

•             God het jou gemaak. Dit verwys na jou DNA. Wie jy is. Jou ware innerlike “EK”.
•             “Wie jy is” wil God gebruik in dit wat Hy in bestemming het vir jou lewe.

“Celebrate” jou uniekheid.

God is die outeur van jou lewe
.
U hande het my gevorm, my gemaak” (Job 10:8a).

  • Aanvaar wie jy is omdat jy glo in Sy plan vir jou lewe.


Rom 9:20-21 Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: "Waarom het jy my so gemaak? Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?”
God wil jou gebruik in sy Meestersplan (om Sy Koninkryk op aarde te vestig)

Leef jou droom binne God se plan uit

  • Jou lewe moet beweeg van sukses na betekenis
  • Watter unieke bydrae kan jy lewer binne God se plan/
  • Hoe kan jou lewe ‘n verskil in ander mense se lewens maak.


Ontdek is die sleutel

Jer 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. 12Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. 13As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. 14 Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here.

  • Ontdek wie jy is voor jy kan weet wat jy moet doen
  • Wat het jou laat lag en wat het jou laat huil?
  • Waarom het dit jou laat lag?
  • In watter stories in die Bybel voel jy dat die Here met jou praat?
  • Watter mense inspireer jou?
  • Wat kan jy uit jou verlede leer oor jouself?


Ontdek jou-
  • Geaardheid (Persoonlikheid)
  • Passie
  • Vermoëns

Geaardheid (Persoonlikheid)

Jou geaardheid is ‘n kombinasie van ingebore kenmerke wat onbewustelik al ons gedrag beïnvloed

Persoonlikstoets

1 Gereserveerd                                   teenoor                               Uitgaande
2. Emosioneel                                    teenoor                               Emosionele stabiliteit
3. Onderdanigheid                             teenoor                               Dominerend
4. Ernstig                                           teenoor                               Spontaan
5. Opportunisties                               teenoor                               Ingetoë
6. Bedees                                           teenoor                               Ondernemend
7. Onversetlik                                    teenoor                               Sensitief
9. Prakties                                          teenoor                               Kreatief
10 Reguit                                           teenoor                               Taktvol
11 Selfversekerd                                teenoor                              Versigtig
12. Konserwatief                               teenoor                               Eksperimenterend
13 Groeps-afhanklik                          teenoor                               Selfstandig
14 Onbeheers                                     teenoor                               Beheers
15 Ontspanne                                     teenoor                               Gespanne

Passie:

“Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig” (Hand 20:24).

  • Dit wat jou opgewonde maak, wat jy voor lief is om te doen. Die mens se passie onderstreep sy/haar lewensdoel.
  • Dit waarvoor ek opofferings sal maak om dit te sien gebeur.


Twee kern vrae
  • Ek jou daarvan om ...
  • Ek is passie vol oor ...

MY HARTSBEGEERTE IS OM.......

DINGE TE ONTWERP/ONTWIKKEL - Ek hou daarvan om iets uit niks te maak. Ek hou daarvan om iets van niks af te begin.
PIONIERSWERK TE DOEN - Ek hou daarvan om nuwe konsepte te toets en toe te pas. Ek is nie bang om te waag nie.
TE ORGANISEER - Ek hou daarvan om dinge te orden en orde te skep uit chaos. Ek hou daarvan om dinge te organiseer wat reeds bestaan.
INSTANDHOUDING TE DOEN - Ek hou daarvan om dinge in stand te hou wat reeds georganiseer is.
TE DIEN/HELP - Ek hou daarvan om ander te help met hulle verantwoordelikhede. Ek hou daarvan om ander te help om suksesvol te wees.
BYMEKAAR TE MAAK/TE BESIT - Ek hou daarvan om te koop, te versamel en dinge te verkry. Ek hou daarvan om die beste kwaliteit vir die beste prys te kry.
UIT TE BLINK - Ek hou daarvan om die beste te wees en om my span die beste te maak. Ek hou daarvan om hoë standaarde te stel en dit te bereik.
TE BEÏNVLOED - Ek hou daarvan om mense te oortuig om my sienswyse te aanvaar. Ek hou daarvan om `n ander persoon se lewenshouding en gedragspatrone te vorm.
OP TE TREE - Ek hou daarvan om op die verhoog op te tree en aandag van mense te kry. Ek hou daarvan om die middelpunt van belangstelling te wees.
TE VERBETER - Ek hou daarvan om dinge beter te maak. Ek hou daarvan om iets beter te maak wat `n ander persoon ontwerp het.
TE HERSTEL - Ek hou daarvan om reg te maak wat stukkend is en om dinge op datum te bring wat verouderd is.
TE LEI/IN BEVEL TE WEES - Ek hou daarvan om voor te loop en die rigting te bepaal. Ek hou daarvan om te bepaal hoe dinge gedoen moet word.
TE VOLHARD - Ek hou daarvan om te sien hoe dinge tot voltooiing kom. Ek hou daarvan om aan te hou totdat `n saak afgehandel is.
DIE REËLS TE VOLG - Ek hou daarvan om volgens prosedures en beleid op te tree. Ek hou daarvan om aan die verwagtinge van my organisasie of hoofde te voldoen.
TE WEN - Ek hou daarvan om te veg vir wat reg is. Ek hou daarvan om oor ongeregtigheid te seëvier.
TE VERSORG - Ek hou daarvan om ander mense in nood te help en te versorg.

Ontdek jou talente

Whenever God gives you responsibility, He also gives you the ability to meet that responsibility

Fil. 2:13 Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê!

“Van hierdie evangelie het Hy my aangestel as prediker en apostel en leraar” (2 Tim 1:10).

Skryf 5 tot 7 talente wat jy het neer.

Jou Lewensrolle

Die plek waar jy jouself uitdrukking gee is in jou lewensrolle
Lewensrolle soos
  • Pa of ma
  • Werkgewer
  • Selgroepleier
  • Man of vrou ens.

Doelwitte
Kry nou ‘n praktiese doelwit in elkeen van jou lewensrolle wat uitdrukking gee aan wie jy is.

Gebruik nou jou geaardheid, passie, vermoëns en lewenrolle se doelwitte en skryf nou jou eie manifeste vir 2015.

Voorbeelde van my eie manifeste.

Ek gebruik die boom as ‘n metafoor om myself te beskryf

Ek beywer my ...

Top van die boom (visionêr)
  • om die kerk te sien verander na ‘n plek waar die  gawes van die Here 24/7 funksioneer
  • Dat die kerk altyd relevant vir die volgende generasie sal wees


VRUGTE – Motiveerder
  • Mense help groei om hulle drome te ontdek
  • Ons my kinders te laat glo hulle kan die wêreld verander.
  • Om  ‘n pa te wees wat sy kinders onvoorwaardelik lief het, vir hulle sal sorg, en vir die eise van die lewe te voor te berei, dat nie my drome maar hulle ideale in die lewe tot vervulling sal kom;

Takke – Netwerk
  • Om  sakeleiers se passie te verbind met stadstransformasie.                     

SKADUWEE - LIEFDE EN SORG           
  • Dat mense altyd in Christus hoop te sal beleef
  • om mense te bemagtig met die nodige ondersteuning om ‘n verskil in die wêreld te maak
  • Om vir my vrou die man te wees wat haar omvou met liefde

STAM – STANDVASTIGHEID
  • Mense te leer wie hulle werklik is in Christus.    


“Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering.”  Romans 12: 1 (The Message).












No comments:

Post a Comment