Saturday, January 17, 2015

Jesus ... the untold story: Wisdom


Ons het almal nodig om wysheid te hê in sekere areas van die lewe.

  • Hoe hanteer ek my vennoot  as ons nie saam stem oor waarheen die maatskappy moet gaan nie?
  • Ek en my tiener verstaan nie mekaar nie, wat nou?
  • Ek is diep in die skuld – hoe kom ek hier uit?



Jesus wil  jou in wysheid lei.

Jak 1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Vra en glo dat Hy vir jou wysheid sal gee.


Lees die verhaal in Luk 12 vanaf vers 13

Luk 24: 14 Hulle twee was ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek. 15 Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. 16 Maar hulle het Hom nie herken nie. (Boodskap)

Hulle was ontsteld oor die gebeure rondom Jesus se kruising en het antwoorde nodig gehad. Die bron van lewenswysheid, Jesus, was in hulle midde en hulle het dit nie besef nie.

Jesus help hulle om Hom anders te soek en te vind, deur te verduidelik wat het Moses en die profete regtig bedoel toe hulle oor Hom geskryf het. Hy wys vir hulle daarop dat hy in verhouding met elke mense persoonlik wil staan.

Die gebeure bou op tot ‘n nagmaal oomblik, waar die waarheid deurdring tot elkeen van hulle.

Luk 24: 30 Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. 31 Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn

Die waarheid het hulle oë laat oopgaan sodat hulle Jesus raakgesien het in die oomblik.

Die volgende vers het my lank laat dink...

Luk 24:32 “Dis waar!” het hulle bly vir mekaar gesê.
“Ons moes dit eintlik al besef het toe Hy netnou so oortuigend uit
die Bybel met ons gepraat het.

Die vraag is: Kon hulle nie Jesus al vroeër raakgesien het nie?


Daar is twee Hebreeuse woorde wat ons help om wysheid te ontdek : Ruach en Kavod

Ruach: Die Gees van die Here

Om in wysheid te wandel begin met die wete dat God se Gees in alles is.
Die Gees van God is in jou en in elke oomblik

Job 33: 4 Die Gees van God het my gemaak,
die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.

Ps 139 7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
8 Klim ek op na die hemel, is U daar,
gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

In elke oomblik is daar ‘n groter werklikheid as wat ek kan sien. Daar is meer in ‘n oomblik as net die oomblik.

Kavod – Die heerlikheid van God

  • Kavod beteken letterlik gewig. Dit is om bewus te word van die meer in die oomblik
  • Ons moet bewus raak van die heerlikheid van die Here in lewensoomblikke.



Skep geleenthede waar jy intensioneel tye skep waar jy bewus kan word van God se teenwoordigheid.
1.       Bid en lees  Bybel.
2.       Stap in die natuur.
3.       Praat met vriende wat inspraak in jou lewe kan gee.

Proverbs 19:20 Listen to advice and accept discipline,
and at the end you will be counted among the wise.

Raak bewus van God in jou elke dag lewe.

Sien Hom in elke oomblik, daar is meer as net die oomblik.
  • In elke mislukking is daar ‘n lewensles.
  • En elke krisis is daar ‘n stem van hoop.
  • In Elke fout is daar lewensles wat die Here kan gebruik om jou karakter te vorm.


Spr 1:20 Wysheid staan
en roep op die straat.
Op die stadspleine roep sy hardop.
21Sy roep by die plekke
waar mense bymekaarkom.
Sy praat by die ingange
van die stadspoort

In elke oomblik van die lewe is daar meer, daar is Goddelike lewenswysheid.
Open jou hart, sodat die Here jou kan leer hoe om te lewe.

Spr 1: 22 “Hoe lank
gaan julle domkoppe
nog bly klou
aan julle domheid?
Hoe lank gaan die spotters
aanhou met hulle gepratery?
Hoe lank gaan die swape
kennis bly verwerp?

Domkoppe
Jongmense wat nog moet leer oor die lewe. Luister na die raad van ander.

Spotters
Mense wat dink hulle weet alles oor die lewe. Klim af van jou eie troon en besef jy het die Here nodig.


Swape
Mense wat nie leer uit hulle foute nie.
Mense wat weet wat reg is, maar hulle nie steur hulle nie aan die gevolge van hulle besluite nie.

Spr 26: 11’n Dwaas wat sy foute herhaal,
is soos ’n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe.

Nooi die Here in jou lewe en wees bereid om hom te volg (gehoorsaamheid).

1Ki 3:9 "Here's what I want: Give me a God-listening heart so I can lead your people well, discerning the difference between good and evil. For who on their own is capable of leading your glorious people?" (Salomo)

Wees iemand wat in nederigheid wandel en laat Hy jou lei deurdat jy jou hart oopmaak vir leiding. Reageer deur gehoorsaamheid.

Leer uit die Kavod oomblikke van die lewe.

1.Begin om ‘n “journal” (dagboek) te hou oor die “meer” oomblikke van die lewe.
  • Wat het jy beleef, tydens jou selgroep?
  • Watter inspraak het jou vriend vir jou gegee?
  • Wat het uitgestaan terwyl jy Bybellees?

  • Wat het jy beleef?
  • Watter nuwe Gedagtes?
  • Watter Emosies het na vore gekom?

“Connecting the Dots”

2. Skryf neer op watter areas het jy lewenswysheid nodig
3. Verbind nou die “Meer” oomblikke met die areas waar jou lewenswysheid nodig 

No comments:

Post a Comment