Saturday, January 3, 2015

Jesus ... the Untold story - Hope

Hoop

Hope is an optimistic attitude of mind based on an expectation of positive outcomes related to events and circumstances in one's life or the world at large.

Het ek hoop vir:
1.     Vir waarheen ek oppad is?
  • Glo ek dat ek my doelwitte kan bereik?
  • Glo ek dat ek deur die krisis sal kom?


2.       Vir die pad om daar uit te kom?
  • Glo ek dat ek ‘n plan, en die potensiaal het om by my doelwitte uit te kom?
  • Het ek die energie en potensiaal om die krisis te hanteer in my lewe?



Die Hoop toets
Interessante stellings waarmee jy jou hoop kan toets:

  • Ek bereik gewoonlik my doelwitte.
  • Ek is opgewonde oor die rigting van my lewe.
  • Ek is voel gereeld moeg.
  • Ek is redelik suksesvol in die lewe.
  • Ek het ‘n plan om iets in die lewe te bereik.
  •  Ek bekommer my meestal oor iets.
  • Ek sien gewoonlik ‘n plan hoe om uit ‘n krisis te kom.
  • Ek sien meer as een roete om ‘n probleem op te los.




Jesus leer ons dat Hy ons hoop is.

Hy is die bron van ons hoop.

Die duiwel wil jou perspektief van wie God is, steel,

Hy wil ook jou hoop en geloof in die goedheid van God steel.

C.S. LEWIS “The thing I feared is not that I’ll stop believing in God, but that I might begin believing dreadful things about him. Not that I’ll say, ‘There is no God.” But that I’ll say, ‘So that’s what God is really like.”



Die storie van Gen. 3 gaan oor die  duiwel wat  twyfel in die hart van Adam en Eva gebring het oor God se motiewe.
Die vraag het ontstaan: “Het hy regtig ons belange op die hart gedra toe Hy gese het ons mag nie van die Boom van lewe eet nie?”

Vandag word gereeld vrae gevra soos: 
Gee Jesus regtig vir my om?
Is ek nie alleen in die krisis nie?


Vertrou die Here al verstaan jy nie alles nie.

Isa 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. 8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
Staan terug en kry afstand – Baie keer beskerm die Here ons en was Hy goed vir ons sonder dat ons dit besef het.
Laat God toe om God te wees. Vertrou hom roekeloos

Jou hoop is op wie Christus is?

Jud. 1:20 (Boodskap) My liewe vriende, kom ek sê vir julle wat julle moet doen om op die regte pad te bly: Sorg dat julle geloof dag na dag sterker word. Bou julle hele lewe op God. Laat toe dat die Gees kragtig deur julle werk wanneer julle bid

21Laat God se liefde julle lewe omring soos ’n sterk muur. Plaas al julle hoop op die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Hy gee so baie vir julle om dat Hy vir julle die ewige lewe sal gee.

Kol 1:27 27God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.

Lees Neh 9

  • Beleef hoe die Here betrokke was in die volk Israel se lewe.
  • Selfs toe hulle Hom teleurgestel het, het Hy aangehou om vir hulle goed te wees.


Neh 9:17 “Hulle was ongehoorsaam en het vergeet van al die wonders wat U vir hulle gedoen het. Hulle was hardkoppig. Hulle het ’n leier aangestel om hulle terug te vat na hulle slawerny in Egipte.Maar U is ’n God wat vergewe,genadig en vol deernis.U word nie vinnig kwaad nie, U is liefdevol en getrou.U het hulle nie in die steek gelaat nie, 18 selfs toe hulle vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak het.Hulle het gesê:‘Hierdie is julle god wat julle gebring hetuit Egipte!’Hulle het verskriklike,godslasterlike dinge gedoen.19 Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig.20 U het u goeie Gees gegee om hulle te leer. U het ook nie opgehou om vir hulle brood uit die hemel te gee en water om hulle dors te les nie. 21 U het hulle vir 40 jaar in die woestyn onderhou. In dié tyd het hulle niks kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie!

  • Plaas al julle hoop op die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus.
  • Jesus se hart is dat jy lewe en dit in oorvloed kan beleef.
  • Hy het Sy lewe (alles gegee sodat jy lewe kan beleef).


Jou hoop stop nie hier

God gee jou die volheid van Christus. 

Hoop is om ‘n bewustheid te hê  van wie jy in Christus is.

1 Kron 28:20 Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel.

Spurgeon:  Salvation is not by what you bring to Christ, but by what you take from Him.

Kol 2: 9 Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid

In Christus het ...
  • Krag om nee te se vir versoekings
  • Krag om staande te bly in die grootste krisis
  • Jy het die wysheid, regte besluite te neem

Om in Hoop te lewe  is die eerste sleutel om ‘n muur van God se liefde om jou te bou
.
Jud.  20: 21 Laat God se liefde julle lewe omring soos ’n sterk muur

Bly in God se liefde.

Jud. 1:20 My liewe vriende, kom ek sê vir julle wat julle moet doen om op die regte pad te bly: Sorg dat julle geloof dag na dag sterker word. Bou julle hele lewe op God. Laat toe dat die Gees kragtig deur julle werk wanneer julle bid.

  • Wees elke dag dankbaar oor klein dingetjies in die lewe
  • Bid die waarheid oor God se karakter.
  • Bid in tale.
  • Word deel van ‘n geloofsgemeentskap waar die klem op God se goedheid en genade is en nie veroordeling en skuldgevoel nie.
  • Maak ruimte vir profesie onder mekaar.


Lees Num 11 van af vers 16
Eldad – Beteken God het lief.
Medad - beteken Objek van God se liefde.

Die Here wil deur die profetiese gawe hoop in ons harte losmaak.

1 Kor 14: 1 Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. 2 Iemand wat ongewone tale of klanke gebruik, praat nie met mense nie, maar met God. Niemand verstaan hom nie, want deur die Gees sê hy onbegryplike dinge. 3 Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos. 4Die een wat ongewone tale of klanke gebruik, bou net homself op, maar die een wat profeteer, bou die gemeente op. 5Ek sou graag wil hê dat julle almal ongewone tale of klanke gebruik, maar nog liewer dat julle profeteer.


Jy het alles in Hom het om ‘n lewe van oorwinning te leef. 

No comments:

Post a Comment