Saturday, January 24, 2015

Sent,,,

Jes 6 - Here am I, Send me…

Wat het die profeet Jesaja aanleiding gegee tot hierdie reaksie?
  • Jesaja se eerste woorde was EK het die Here gesien.
  • Daar was ‘n ontmoeting waar hy God se hart opgetel het en waar hy sy ware identiteit ontdek het.


Hy sien God op die troon

Jes 6:1 Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.
Hy sien God as Koning en as daar ‘n koning is, is daar ‘n koninkryk.

Die eerste onderwerp waaroor Jesus preek is die aankondig van Sy koninkryk.

Matt 4: 17  “Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

Die koninkryk van die hemel moet gestalte kry op aarde.

Van uit hierdie aankondig  het  Jesus sy Dissipels gekies om hom te volg. Hy het  hulle opgelei om die koninkryk van God op aarde te kom vestig.

Matt 4: 19-20  “Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak. Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.”

Die Berg predikasie Matt 5, 6,7.

Direk na die verkiesing van die Dissipels kry jy die beste Dissipelskapskursus. Dit staan bekend as die bergpredikasie. Dit is hier waar Jesus ons leer om volgens nuwe koninkryk beginsels te leef. 

Die kern tema van die bergpredikasie is die volgende vers:

Matt 6: 33 “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.”

Ons leef nie net volgens die nuwe koninkryk beginsels nie, maar neem verantwoordelikheid op om dit uit te brei op aarde.

Waar daar:
  • nie liefde is, liefde te vestig;
  • hartseer is, troos en blydskap te bring;
  • ‘n gebrek aan integriteit is, eerlikheid te bring.


Jesaja sien ‘n eindprentjie  – ‘n Visie om na te jaag.

Jes 6: 3 “Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van Sy heerlikheid!

Die Hebreeus vir Heerlikheid is Kavod – Die openbaring van God se teenwoordigheid.
Die Here wil Sy koninkryk orals op aarde laat uitdrukking kry.
Mense moet kan uitroep: “Dit is hier!”

Jesaja ervaar die roeping om ‘n ambassadeur van God se koninkryk te wees. 

Sy eerste reaksie op hierdie opdrag was: “Ek voel onwaardig, die Here kan my nie gebruik nie.”

Jes 6: 5 “Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!”

  • EK leef nog nie heeltemal op standaard nie.
  • Ek het nie genoeg kennis nie.
  • Ek het nie ervaring nie.
  • Ek kan nie voor mense praat nie, wat nog van bid.



God wil hê jy moet hom raaksien en jouself in Hom ontdek.

Jes 6:1  “Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.”

Ons is die tempel van God en Sy teenwoordigheid vul ons lewe

Kom tot die ontdekking wie jy regtig is

Jes 6: 6-7  “Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel. Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”

  • Ontdek jou ware DNA – Jy is geskape om ‘n verskil te maak. Doen dit nie en jy ervaar nie volheidslewe nie.
  • Ontdek die potensiaal van God in jou. Wysheid, raad, hoop.

In Christus het jy dit.

Ons maak nie verskil omdat ons moet nie, omdat ons ons gewete wil sus nie, maar omdat dit is wie ek in my diepste wese is.

Toe Jesaja homself in God ontdek en God vra wie kan ek stuur. Was sy antwoord:

Jes 6: 8  “Toe het ek die Here hoor vra:
“Wie kan Ek met ’n boodskap
na my volk toe stuur?
Wie sal vir Ons gaan?”
Ek het geantwoord:
“Here, ek sal gaan!
Stuur my!”

Lewenslesse  

  • As jy opsoek is om die Kavod (beleefbare heerlikheid van God) te ervaar. Leef jou skeppingsdoel uit deur God se Koningsheerskappy te vestig.
  • Sien jouself as reeds gestuur (sent)
  • Dus moenie wag vir ‘n opdrag nie, as gestuurde stap eenvoudig in omgewings in waar God sy Koningsheerskappy wil laat ervaar.

 Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves 
to those who need our care. -- Henri Nouwen



                                       

No comments:

Post a Comment