Tuesday, December 30, 2014

Jesus… the untold story .

Jesus… the untold story .

Die reeks se fokus is op Jesus wat betrokke wil wees in jou elke dag lewe. So kan nuwe stories van Hom deur die jaar omvou.

Maak 2015 die jaar wees waar jy die teenwoordigheid van Jesus elke dag beleef.

Niks kan jou skei van sy teenwoordigheid nie.

Heb 13:5  Don't be obsessed with getting more material things. Be relaxed with what you have. Since God assured us, "I'll never let you down, never walk off and leave you,“ 6 we can boldly quote, God is there, ready to help; I'm fearless no matter what. Who or what can get to me?

Hebr 13:5 Amp. For God Himself has said. I will not in any way fail you nor give you up nor leave you with support. (I will) not, (I will) not, (I will) not in any degree leave you helpless nor forsake  nor let you down (relax my hold on you) (Assuredly not)

Jesus maak persoonlike ‘n uitspraak: Dat Hy jou nie sal alleen los of jou teleurstel nie.
Ons regeer daarop deur onsself daaraan te herinner.

  • Wat van sonde? – Alhoewel sonde jou beroof van oorvloedige lewe, is dit juis Jesus wat jou help om oorwinning oor sonde te kry.

Rom 8 31Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? 32As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? 33Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. 34Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.

  • Wat van ongeloof? – Dit is juis Jesus se teenwoordigheid wat in jou hart wil fluister, vertrou my.

Moenie dat gevoelens vir jou ‘n aanduiding wees, van hoe naby of hoe ver Jesus is nie.

Rom 8: 35  Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry? 36Selfs die Skrif verklaar tog: “Om u ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou.”37 Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. 38 Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39 Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie..

Hier is die geheim om in oorwinning te leef!

Jud 1: 21 Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.

Bly in sy liefde.

Moet nooit ophou glo hy is lief vir jou nie!
Weet dat die Here is aan jou kant.
Hy soek die beste vir jou .

Omdat Jesus die beste vir jou soek, wil hy altyd betrokke wees in jou lewe.

Wees ‘n volgeling van Jesus.
Skep geleenthede waar jy intensioneel na hom luister.

Rev 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met

Jesus wil jou leer om Hom te volg en Sy hart op te tel.

"God, who got you started in this spiritual adventure, shares with us the life of His Son and our Master Jesus.  He will never give up on you.  Never forget that!"  1 Cor. 1:9 (Mes)

Bid die volgende gebed vir 2015

Kol 1: 9 Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. 10 Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. 11 Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap 12 altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense. 

  • Geestelike insig om Sy wil (plan) vir jou lewe te ontdek.
  • Karakter groei. Dat jou optrede in lyn sal kom met wie jy in Christus is.
  • Standvastige geloof wanneer storms jou padlangs kom.
  • Laat hy jou gebruik om ‘n draer van goeie nuus te wees.
Laat jou lewe Christus op aarde verteenwoordig.

No comments:

Post a Comment