Saturday, December 20, 2014

Christmas a song of love - 'n Lewe van Liefde


‘n Lewe van Liefde


Wanneer ons praat oor kersfees as celebration van God se liefde – of die uitdrukking van sy liefde – is dit so NB om te verstaan dat dit nie gaan oor wat Hy van ons vra nie, maar oor dit wat Hy nie kon wag om vir ons te doen nie.

Joh 3:16 
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

1 Joh 4:9
Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
 

As ek die Bybel moet opsom in een word – dan is dit : verhouding.
 

Dis is juis as gevolg van verhouding en die waarde wat God heg aan Sy verhouding met ons – dat Hy sy liefde kom demonstreer het en Sy Seun gegee het.
 
People never truly find ultimate meaning
 until they respond to the love of God
Augistine
 
To know and to love God
should be our chief end;
all else is simply background music.
Gary Chapman
1 Kor 14:1 se - "Jaag die liefde na ..............."
Living Translation – "Let love be your highest goal"
Msg - "Go after a life of love as if your life depended on it--because it does."
1.   Liefde is die hoogste waarde in die lewe
Mat 22:37-39 - Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
2.   Liefde is die primêre doel in die lewe
1 Kor 13  wat ons almal ken as die hoofstuk van liefde begin deur die belangrikheid van liefde uit te lig – in so ʼn mate dat niks wat jy doen is belangriker as liefde nie.
-      As ek nie 'n lewe van liefde leef nie, sal niks wat ek saak maak nie
Vers 1
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. 
-      As ek nie 'n lewe van liefde leef nie, sal niks wat ek weet saak maak nie
Vers 2
Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
 
-      As ek nie 'n lewe van liefde leef nie, sal niks wat ek glo saak maak nie.
al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 
-      As ek nie 'n lewe van liefde leef nie, sal niks wat ek gee saak maak nie.
Vers 3
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
Msg – vers 3
So, no matter what I say, what I believe, and what I do, I'm bankrupt without love.  
3.   Die derde rede hoekom ek ʼn lewe van liefde moet leef asof my lewe daarvan afhang is - Liefde is ‘n krag in my lewe / Liefde is vir ewig
1 Kor 13:13 – Amplified
And so faith, hope, love abide [faith–conviction and belief respecting man's relation to God and divine things; hope–joyful and confident expectation of eternal salvation; love–true affection for God and man, growing out of God's love for and in us], these three; but the greatest of these is love.
Deur liefde te leef los jy verseker a legacy / nalatingskap
Deur liefde te leef maak jy ‘n blywende verskil en indruk
Efes 5:1 en 2 in die Msg
Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn't love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that.
Gary Chapman se "Five Love Languages" is ‘n baie praktiese benadering van hoe ek liefde kan leef en God se liefde kan reflekteer in verhoudings.
1.   Woorde van bevestiging /”Affirmation”:
Dit beteken basies verbale komplimente, bemoedigende woorde, nederige woorde, liefdes woorde.
2.   Kwaliteit tyd:
Saam tyd te spandeer. Onverdeelde aandag. Kwaliteit gesprekke en kwaliteit aktiwiteite.
3.   Ontvang van geskenke:
Geskenke is universele uitdrukking van liefde.
4.   Dade van diensbaarheid :
“Actions speak louder than words” Dit is om take soos die vullis uit vat, kar laat diens ens.
5.   Fisiese aanraking:
Spreek van self. Soentjie, drukkies …
Voorbeelde – God se liefdestale:
 Woorde van Bemoediging
Jes 41:10
Jer 29:11
 
 Kwaliteit tyd
Psalm 145:17-18
Jes 43:1-2
Jak 4:8
 
Geskenke
Mat 7:7-11
1 Kor 12:7
Diensbaarheid
Mat 20:28
Joh 13:1-5
Aanraking
Mark 10:13 – 16
Mat 8:2 – 3
Hand 3:6 -10
Mag jou lewe elke dag en veral in hierdie feestyd – "a song of love" wees waardeer mense se lewens aangeraak en beinvloed word.
 
“Life is too short, the world is too big and God's love is too great to live ordinary.” Christine Caine
 
 

 

 

No comments:

Post a Comment