Wednesday, December 24, 2014

Christmas a Song of love


Christmas a Song of love.

Een van die gewildste kersliedere was die Pentatonix se: “Mary, did you know!”

Lees net die woorde aandagtig
Mary, did you know
that your Baby Boy would one day walk on water?
Mary, did you know
that your Baby Boy would save our sons and daughters?
Did you know
that your Baby Boy has come to make you new?
This Child that you delivered will soon deliver you.

Mary, did you know
that your Baby Boy will give sight to a blind man?
Mary, did you know
that your Baby Boy will calm the storm with His hand?
Did you know
that your Baby Boy has walked where angels trod?
When you kiss your little Baby you kissed the face of God?

Mary did you know.. Ooo Ooo Ooo

The blind will see.
The deaf will hear.
The dead will live again.
The lame will leap.
The dumb will speak
The praises of The Lamb.

Mary, did you know
that your Baby Boy is Lord of all creation?
Mary, did you know
that your Baby Boy would one day rule the nations?
Did you know
that your Baby Boy is heaven's perfect Lamb?
The sleeping Child you're holding is the Great, I Am.


Die Gebeure rondom die Eerste kersfeeslied

Luk 1 vertel  Maria se lewensverhaal.

Dit begin met die engel van die Here wat aan haar verskyn het.

Luk 1: 30 “Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! 31Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem.32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. 33 Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!”

Hierdie uitspraak van die engel, begin ‘n opgewondenheid, maar ook ‘n dankbaarheid in Maria se hart losmaak.

Sy vertrek na Elisabet om haar te vertel wat so pas met haar gebeur het. Elisabet beleef die teenwoordigheid van die Here die oomblik toe Maria haar groet. Dit wat die engel aan haar gesê het word  bevestig. (Luk 1 40-43)

Die volgende gebeure maak  ‘n loflied in Maria se hart los:
·         400 jaar se stilte word gebreek.
·         Die lang verwagte Messiaanse belofte staan op die punt van vervulling.

Lees: Luk 1: 46-56
Hierdie loflied bestaan uit drie temas wat jou uitkyk oor Kersfees en jou lewe kan verander.

Tema 1  ‘n Gesindheid van dankbaarheid Luk 1: 46-49

Maria dank die Here dat hy haar in Sy storie gebruik.

Les : Ons doen  God nie ‘n guns deur Hom te dien nie. Dit is ‘n voorreg om deur Hom gebruik te word.

Maria besef dit is nie as gevolg van haar prestasie dat Hy haar gekies het nie. Dit is alleen as gevolg van  sy goedheid en genade.

Les: Wie ek is as gevolg van wie Hy in my is.

Tema 2 ‘n Besef dat ek nie sonder Hom kan leef nie.

Sy gebruik woorde soos “Hooghartig” , mense wat dink hulle is die bron van hulle eie sukses sal tot n val kom.

Les Wedergeboorte gaan juis om by ‘n plek van “brokeness” te kom. Waar ek besef sonder Hom sal my lewe chaos wees.

·         Ek is geseën omdat Jesus deel van my storie is.

Tema 3 Jesus kom om die wêreld en jou te verander

 Maria begin profeties God aanbid want sy sien hoe Jesus se teenwoordigheid  lewens gaan verander.

·         ‘n Nuwe koninkrykskultuur van lewe in oorvloed word gevestig.
·         Verhouding tussen God en mens word herstel.
·         God word betrokke in die gebrokenheid van die wêreld .

Jes 9: 5 (Boodskap)  Daar is vir ons ’n Kind gebore! Dit is ’n Seun wat aan ons gegee is! Hy sal oor ons regeer en sy koninklike titels sal wees: Spesiale Raadsman, God wat sterk is, Ewige Vader, Koning van Vrede. 6 Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.

Vir Maria was dit  meer as die geboorte van ‘n baba in ‘n krip, dit is die aankondiging van ‘n revolusie. Dit was die oomblik van die vervulling van 100de jare se verwagte beloftes.

Sy het gesien dit gaan ‘n  “movement” begin wat oor die grense van geslagte strek. Luk 1:52

Luk 1:51 Hy het maar net ’n beweging met sy hand gemaak, dan het groot dinge gebeur.

God in beweging deur sy Seun Jesus.
·         Die dryfkrag agter alles is Liefde:
·         Dit is Jesus wat betrokke raak en Hom kom ontferm oor ons as mens.
·         Hy het besef ons kan nie sonder Hom nie – Ons het Hom nodig.

Die lied vra Het Maria geweet?  

Die antwoord  is dat Maria geweet het dat hierdie seun kom om die:
·         Blinde te laat sien
·         Ons te kom red
·         Storms in ons lewe stil te maak
·         Koninkryk van God te kom vestig.

Kersfees roep ons, Sy Kerk, om betrokke te raak  in die Revolusie

John Wesley’s  se kersfees begingsels vat alles so mooi saam:  “Do All the Good You Can, By All the Means You Can, In All the Ways You Can, In All the Places You Can, At All the Times You Can, To All the People You Can, As long as Ever ... You Can!”

Ons gesindheid van diensbaarheid en beskikbaarheid word vandag die kanaal waardeur Jesus sy ontferming wil bewys.  


No comments:

Post a Comment