Saturday, March 7, 2015

Natuurlik onnatuurlik: Generosity


Generosity 'n lewenswyse wat “sent” moontlik maak.

Kyk wat word van Christene van die eerste kerk geskryf.

Hand 2:7 Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is.
Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.

Deel van hierdie lewenswyse was om na mekaar en vir die kerk om te sien.

Selgroep vraag: Watter lewenswyses  sal Christenskap aantreklik maak vir mense buite die kerk.

Die storie van Johannes Luk 3:11 -14

Luk 3: 11 Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”
12’n Klompie mense wat belasting ingevorder het, het ook na Johannes toe gekom om gedoop te word. Hulle vra toe vir hom: “Meneer, wat van ons? Wat moet ons doen om in die regte verhouding met God te kom?”
13“Moenie meer belasting uit die mense wurg as wat hulle volgens die wet moet betaal nie. Wees eerlik,” was sy antwoord aan hulle.
14’n Groep soldate het ook ’n vraag vir Johannes gehad: “En ons? Wat moet ons doen om gered te word?”
Johannes het vir hulle gesê: “Moenie julle mag misbruik nie. Moenie mense met geweld intimideer nie. En moenie mense afpers om geld uit hulle te probeer kry nie. Wees tevrede met julle betaling.”

Johannes se lering het die kultuur van die omgewing begin beïnvloed.

Mense begin hom die vraag te vra: Hoe lyk iemand wat God volg?

Sy antwoord is opgesluit in “Generosity".

  • Wees mededeelsaam.
  • Gun ander ‘n plek in die son.
  • Wees vergenoegd met wat jy het.


Die teenpool van Generosity is Gierigheid: 

Gierigheid fokus op: 


  • Ek moet op myself vertrou

My sekuriteit is in hoeveel ek het.
Hoe meer ek vashou aan wat ek het, Hoe veiliger is my toekoms.
Ek bekommer my oor geld.
As iemand my iets skuld pla dit my.


  • Ek het net genoeg of net  nie genoeg vir myself nie,



  • Ek skuld myself. 

Luk. 12:19 (Boodskap) Ek kan myself op die skouer klop en sê: Mooi so! Jy het nou so baie geld en besittings dat jy dit nooit kan uitleef nie. Gaan geniet nou jou lewe. Hou partytjie. Gee jou oor aan drank en plesier. Doen net wat jy wil. Jy verdien dit mos.’
Weet jy hoeveel het dit gekos om hier te kom?

Selgroepvraag: In watter mate is gierigheid nog deel van jou lewe? 

Die teenpool is ‘n gesindheid van Generosity 


  • Begin om wat jy het met ander te deel


Luk 3: 11 Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”


  • Verander jou lewenswyse sodat jy by n plek van meer as genoeg kan uitkom.
Genoeg om te kan,  gee, spaar en leef.


Luk 3:14 “Wees tevrede met julle betaling.”

Die eerste sleutel  van Generosity is om in dankbaarheid te leef 

 1 Tim 6:17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel

Verander jou motivering om te gee van die beginsel van saai en maai, na dankbaarheid
.
Saai en maai as motivering

  • Ek het nie en as ek gee sal ek ontvang
  • Of ek het en as ek gee sal ek nog meer ontvang


Ef 1:3 verwys daarna dat ons reeds alles in Christus het.



  • Sien raak die oorvloedige goedheid van die Here. Leef in dankbaarheid


Die tweede motivering vir n lewensstyl van Generosity is om die Here as jou bron te vertrou. 

Lees 1 Tim 6:17 verder

Selgroepvraag: Hoe het God al vir jou voorsien? 

2 Kor. 9: 10 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11 Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,

Die Here voorsien Brood en saad

Dit wat Hy weet jy nodig het en genoeg om ander te seën bv.

  • Die kerk 
  • Iemand in nood 
  • Gemeenskap projekte



  • Vir jou wat in ‘n seisoen is waar dit finansieel goed gaan, onthou wie is jou bron.
  • Vir jou wat in ‘n moeilike finansiële seisoen is, onthou wie is jou bron.

Plaas jou vertroue in Jesus  dat hy sal voorsien

Matt 6: 24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.25 “Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe


  • Jy kan jouself en jou geld vertrou en die gevolg is gierigheid.
  • Of jy kan God vertrou. 


Hier is die belofte 

Matt 6: 30“ As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?
31“Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. 32Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.


  • God weet alles van jou geldsake, Hy weet wat jy nodig het vertrou Hom


Selgroepvraag: Vir wie kan daar gebid word vir hulle finansies.

No comments:

Post a Comment