Saturday, March 21, 2015

Deur die oë van Jesus: Geklee in geregtigheid.


Deur die oë van Jesus: Geklee in geregtigheid.

Hoe ons onsself sien, is baie keer anders as wat Jesus ons sien.
Ons beeld van die ware EK word dikwels verdof deur die verlede en teologiese beskouing.

Jesaja maak die opmerking dat Jesus ons geklee het met geregtigheid.

Jes 61 10 Ek verheug my in die Here! Ek is bly in my God! Want Hy het vir my klere van redding aangetrek, en vir my die mantel van regverdigheid omgehang. Ek is soos ’n bruidegom met sy sierkroon, soos ’n bruid verfraai met haar juwele

Selgroep Vraag: “Hoe sien jy jouself as jy in die spieël van die lewe kyk?”

  • Sien jy jou geklee met tekortkominge, sonde, hartseer oomblikke ens?
  • Of sien jy jouself geklee met God se geregtigheid. 


Die wapenrusting in Ef,6 maak hierdie waarheid vas in ons hart

Efesiërs is geskryf om die makro gemeente Efesiërs voor te berei vir hulle sendingwerk in Asië.
Paulus bou fondasie-beginsels in die gemeente in, sodat hulle kan vasstaan as die storms hulle lewenspad tref.

Die duiwel gebruik juis hierdie elemente om onsekerheid in jou hart te kweek.
Joh 10: 10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.

Nou kom Paulus en hy haal Jes. 59 aan as vertrekpunt om die Efesiërs gemeente toe te rus vir dit wat voorlê

Ef  6:14 Waarheid as gordel

Les:  Wat jy as waarheid sien, bepaal jou optrede en emosies. Laat toe dat Jesus se woorde jou absolute waarheid word.
“The Christian faith is not true because it works, it works because it is true... It is not simply “true for us”; it is true for any who seeks in order to find, because truth is true even if nobody believes it and falsehood is false even if everybody believed it”  Os Guinness

Is dit wat jy glo, regtig die waarheid?  As dit nie waarheid is nie, bepaal ‘n leuen jou optrede.

Selgroep vraag: Watter waarhede uit die Bybel het al jou deur die storms van die lewe gedra?

Ef 6:16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

Les Die realiteit van die oorwinning wat Christus vir ons behaal het, word in ons lewens geaktiveer wanneer ons dit glo.
As jy die waarheid glo dat dit jou realiteit word, sal dit die primêre sleutel wees wat die aanvalle van die duiwel afweer.

Wat moet jy Glo? 

Ef 6:14 Vryspraak as borsharnas

Les : Alles is vergewe!” Jesus se sterwe in ons plek onderstreep dit met hoofletters. Hy oorstroom ons lewens met genade. Gaan staan met bedelaarshande voor Christus, dan stap jy vry daar weg.
Hande vol ewige lewe, oorvloed en genade is dan joune.

Die resultaat hiervan is dat jy in verhouding met  God kan staan.

Die strategie van die duiwel is om jou te oortuig jy is nie vrygesrpeek nie, dat jy nog vol sonde is. Dit maak jou onvrymoedig om in verhouding met Jesus te staan.

Lees 1 Joh 3:21
So sal ons daarvan seker kan wees dat wat ons doen uit die fontein van God se waarheid borrel. Ons sal met vertroue voor God self kan staan. 20Selfs as daar dinge is waaroor ons skuldig of onseker voel, weet ons dat God groter is as al ons skuldgevoelens of onsekerhede. Hy weet immers meer oor ons as ons self. 21 My liewe vriende, as ons van hierdie skuldgevoelens en slegte gewete ontslae is, is daar niks wat ons meer keer om by God op ons gemak te wees nie.
Skuldgevoelens is ‘n emosie wat deur ‘n leuen bewerk word, ‘n leuen wat ons glo.

Selgroep vraag: Watter rolspeel geregtigheid in jou verhouding met Jesus.

Jes 59
Sonde kla ons aan en ons word bewus van ons tekortkominge
Die gee ‘n gevoel van skeiding tussen God en jou.

Jes 59 16 Hy sien dat daar niemand tussenbeide tree nie,
Hy is verbaas daaroor.
Daarom tree Hy self op
en laat Hy self sy geregtigheid geld.
17 Hy trek geregtigheid aan soos 'n pantser
en redding is die helm op sy kop;
Hy trek straf aan as klere,
Hy hang woede om Hom soos 'n mantel
Hy het die straf klere om aangetrek, sodat geklee kan wees met geregtigheid

Ef 6:17 verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm.

Jy word nie net vrygespreek nie, maar ook verlos.
Dit beteken meer as net ek is verlos van iets, maar dat ek ontvang.

Ek is

  • Vrygespreek 
  • Kind van God 
  • Heerser oor sonde 
  • Ek is iemand met betekenis 
Ek het 

  • krag om sonde te oorwin
  • wyheid om die lewe te leef 
  • potensiaal om n verskil te maak

Selgroep vraag: Wat kan jy nog byvoeg by die lys?

Kom ons gaan terug na die skild van geloof

Jes 59: 19 Van oos tot wes sal die Naam
en die mag van die Here geëer word.
Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier,
jaag die Gees van die Here hom op loop.

As jy die waarheid begin glo oor die verlossingswerk wat vir jou bewerk is, kan die duiwel jou nie onderkry nie.

Ef 6:17 vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Les: Nou vat jy daardie waarhede waarop jy jou geloof bou en jy begin dit spreek.

Die woord, “woord” se Grieks is Rhema – Die beteken die openbaarde woord van God

Lees nou.

Jes 59
20 Die Here kom na Sion toe as Verlosser,
na dié toe in Jakob wat hulle van hulle sonde bekeer.

So sê die Here.
21 Wat My betref, sê die Here,
dit is my verbond met die volk:
my Gees wat op jou is
en my woorde wat Ek in jou mond lê,
sal nie uit jou mond en uit die mond van jou kinders
en jou kindskinders verdwyn nie, sê die Here,
nie nou nie en nooit nie.

Hoe om die woord in te bou in jou lewe?


  • Ef 6:15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete
  • Bid God se woord Ef  618 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees
Selgroep oomblik: Skep n geleentheid waar julle waarheid in mekaar se lewensspreek


So bou jy ‘n muur van geloof in jou lewe, op die fondasie van waarheid, wat jy ontvang het in verhouding met God, wat jy elke dag kan beleef omdat jy deur Hom geregverdig is. 

No comments:

Post a Comment