Thursday, April 2, 2015

Deur die oë van Jesus - Die Kruis

Die kruis is om te verstaan wie ons as Christene is....
Dit is die finale nekslag wat toegedien word....
Die rol van die kruis is dat na die kruis sal niemand ooit weer dieselfde te wees...
Elke mens wat elke dag ’n datum gebruik bevestig die realiteit Christus...
Christus is die middelpunt van tyd en Geskiedenis....  
Die kruis gee herdefinisie van die mensdom....

Storie van Abraham en Isak.... (voorbeeld van God en Sy Seun)

(Gen 22:1 AOV)  Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
(Gen 22:2 AOV)  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
(Gen 22:3 AOV)  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
(Gen 22:4 AOV)  Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.
(Gen 22:5 AOV)  En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.
(Gen 22:6 AOV)  En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop. (Voorbeeld vuur en hout)

(Gen 22:7 AOV)  Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer?

Pa – hier is die hout en die vuur maar waar is die lam?
Die storie van die mensdom – ons het ’n redder nodig! Waar is die lam?
Elke mense is gekonfronteer...Ek kan nie myself verander of help of red nie

Johannes paar honderd jaar later ons vind die antwoord in Joh 1: 29 (Joh 1:29 AOV)  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Hierdie naweek  vier ons die offer van die lam van God – maar dit is meer as wat dit lyk!
Jesus kom vat die effek van sonde weg – hy het iets vir my gedoen aan die kruis
Nie iets wat vir my gebeur nie maar met my gebeur
Die ondekking is: Die kruis het nie vir jou iets gedoen nie, die kruis het iets met jou gedoen!

(Eph 5:8 AOV)  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.

Voorbeeld van lig – vra nie toestemming vir duisternis nie
Konteks van die vers...jy was in ’n vreemde land ons het nodig om jou te deporteer na die regte land
Dit is nie lig wat oor jou kom nie...jy is lig want jy was duisternis.
Lig van binne kan nie duisternis hê nie ....duisternis stry nie met lig nie...
Die kruis herdenk nie net Christus se dood nie, maar my en jou dood. Jy is volledig ingesluit in sy dood.
Jy was duisternis maar nou is jy lig, lig van God is ... hy het nie kom byvoeg nie maar maak ons lig
Paulus verduidelik vir ons wat beteken die realiteit van die kruis....
Hy was bietjie radikaal vir die ouens van sy tyd wees is vlam van lief wat in jou brand (dit is wat dit vra van my en jou)
Christen se grootse uitdaging is onkunde...As jy nie weet wat waarheid is nie sal die duiwel jou mislei...

(2Co 5:14-17 AOV)  Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is,...

Liefde – vlam wat in my brand –
Oordeel – kat aan stert beet

....dat as een vir almal gesterf het (Ek is dood), hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is..... (bloubul voorbeeld)

As Bloubulle wen omdat span gewen het ek en jy gewen ons is in geloof geassosieer realiteit van die kruis wanneer hy sterf, oorwin saam met hom Paulus wat vir kripel man sien geloof staan op niks meer nodig om jou te red nie moenie nou meer vir jouself leef nie maar vir hom nou ken ons niemand na vlees.

 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie (Ek is meer as wat jy sien);

Nooit weer nou dieselfde kyk na mensdom ons is nie resultaat van sondeval nie maar van Christus.

.....en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Ons is ingesluit in sy dood, ons is ’n nuwe spesie ons het ’n ander smaak...ons is van Goddelike saad wat beteken ons is van Godsoort

Wat beteken dit as ek en jy kyk deur die oë van Jesus na kruis?

Groter

“Die guns van God oortref die skuld van Adam geheel en al. Die effek van dit wat God die mens gratis aanbied in Christus kan nie vergelyk  met die effek van Adam se sonde nie; die regsuitspraak wat volg op die een misdaad spel veroordeling uit vir almal. Maar die genadeverdienste, wat op ontelbare misdade volg, bring regsgeldige kwytskelding en vryspraak vir almal.” Rom 5:15,16 (LV)

Die effek van die kruis is groter as die effek van die val
Die vyand wil graag hê dat jy moet glo jy is die resultaat van die sondeval – verlore en stukkend en nie goed genoeg nie. – voorbeeld: kerk het ons baiekeer dit geleer, 3 stappe tot heilige lewe – bid storie
Jy is die resultaat van Christus aan die kruis – Christus in jou
Hier is die belangrikste woorde ooit.!!! Wie Hy is bepaal wie jy is
(oupa voorbeeld sy naam en gene maar ek nie resultaat van sy lewe – jy kan )

Kwitansie

Kol 2:13-14 ANV  Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.  (14)  Hy het die skuldbewys (skuldbrief) met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.


Die kruis is die kwitansie van jou onskuld (voorbeeld as skuldeiser by jou huis opdaag dan haal jy die kwitansie uit dit is klaar betaal gaan nie in kamer bly nie, maar ons sit in kamer vergewe Here ek is sondaar) – sit skuldbrief teen kruis vas
Niemand kan ooit weer ’n klag teen jou inbring nie.
Nie net sondes van verlede nie maar ook dit van die toekoms
As jy nie <dit of dat> nie is jy goed genoeg nie NEE! Die skuldbrief met al sy insettinge wat jou vyandig was is uitgewis!!

Regverdig

(Rom 4:25 AOV)  wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.

In right standing with God, dit is wie jy is, nie dienskneg, slaaf of huurling maar seun!
Die kruis het jou nie verander van ’n slegte slaaf na ’n goeie slaaf nie – dit het jou aard verander – ’n wettige transaksie (divine exchange) – jy is aangeneem as seun (hierdie aanneming is nie in moderne konteks nie dit sê jy is bloedverwant jy is familie, jy is van die Godsoort

Genoeg

(Rom 1:16-17 AOV)  Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Skaam – niks kan bygevoeg word nie - Daar is niks meer nodig om jou te red nie Jy hoef nie eers .......voordat jy gered kan word nie – geloof assosiasie met Christus
God is nie in die straf en beloon besigheid nie! Hy het die grootste prys vir jou lewe betaal toe jy dit die minste verdien het.

Heers

(Rom 6:11-14 AOV)  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is (voorbeeld begrafplaas), maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Die beste manier om nie sonde te doen nie is om nie te lewe nie – dooies doen nie sonde nie Begraafplaas geen kapings, geen leuens, geen ontrouheid nie – dink daaraan

As jy nie heers nie sal jy oorheers word moenie sonde baklei nie
Hoe heers ek? – stel jouself tot beskikking van God - ‘Here neem oor’
Voorbeeld...Johan se 4x4 – sit nie langs my en gryp kort kort die stuurwiel nie
Jy oorwin net deur jouself tot beskiking van God te stel

Om deur die oë van Jesus na die kruis te kyk beteken....

Die Kruis het nie iets vir my gedoen nie maar daar het iets met my gebeur:
Onskuldig
In regte verhouding met God
Ek hoef niks by die kruis by te voeg nie dit is genoeg
Se sondige natuur is dood en ek leef in ‘n Goddelike natuur
Heers deur onsself oor te gee

Dans bediening om hierdie vas te maak in jou hart.

Nagmaal en bediening:
Spyker, skuldbrief ruil vir kwitansie.

No comments:

Post a Comment