Saturday, April 25, 2015

Life: Hoe gee ek raad?

Ons ontmoet elke dag mense wat besluite moet neem, lewenskrisisse beleef of net hoop nodig het.

Die vraag is hoe gee ek advies vir mense in nood.

Rom 15:1 Dié van ons wie se geloof sterk is, het ’n plig teenoor ander Christene wie se geloof nog nie so sterk is nie. Ons moet hulle aanvaar en hulle bystaan. Geloof gaan tog nie net oor ons nie.
 Ons het ‘n verantwoordelikheid om mekaar te aanvaar en by te staan .

Aanvaar
Die vertrekpunt is om verdraagsaam teenoor mekaar op te tree.

Selgroep vraag: Hoe lyk n omgewnig van geen veroordeling? 

Gal 6:1 My broers en susters, as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op. Maar pas op sodat julle self nie voor die sonde swig nie.

Geen veroordeling sal ‘n omgewing skep  van egtheid en egtheid sal lei tot eerlikheid. In so ‘n omgewing kan ons mekaar ondersteun en help om te groei.

Bystaan

Ons verantwoordelikheid is nie net om mekaar te aanvaar met ons tekortkominge nie, maar ook om betrokke te raak in mekaar se lewens:
Om saam te groei,
Mekaar te ondersteun
En te begelei in die keuses van die lewe.

Moses het ʼn moeilike seisoen beleef. Jy kan daaroor lees in Ex 18

Ex 18: 8 Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het.

Jetro Moses se skoonpa, het na sy probleme geluister.

Luister is die eerste en belangrikste beginsel van advies.


  • Empatiese luister, moenie dink wat om volgende te se nie, maar luister as of jy self in die situasie is. 
  • Luister help jou om by die hart van die probleem uit te kom. Hoor emosie en feite.
  • Besef dat daar reeds genesing is deurdat iemand net na jou geluister het.


Probeer eers verstaan voor jy verstaan wil word.

Gal 6 2 Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê.

Vra vrae rondom dit wat jy hoor, bv. “Hoekom voel jy alleen?”
“Wat voel jy as jy aan die situasie dink?”

Partykeer is dit nodig om niks te se nie, net daar te wees vir ‘n vriend.
 Dit is in die tye wat jy net saam bid.

As ek wel raad gee, hoe doen ek dit?

Voor jy raad gee maak seker die persoon soek raad en wil nie net praat nie.

Luister en moenie te vinning antwoorde te gee nie.
Raad is meer as “Cliché” opmerkings.

Moet ons inspraak gee in mekaar se lewens? 

Beslis, die Here het ons gawes gegee soos:

  • Profetiese gawes – Opbou.
  • Wysheid en kennis – Help met besluite.
  • Lering – Help om te groei. 


Moenie vinnig raad gee nie, wag

Jetro het eers die volgende dag raad gegee Ex 18:16

  • Voor jy raad gee vra, wat sal die effek wees van my raad?


Ex 18: 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie.
Wat sal gebeur as my vriend  jou raad volg of nie?


  • In die wagtyd is dit belangrik om te bid en die Heilige Gees se leiding te vra.

Gal 6:1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp.

Drie areas waar mense inspraak nodig het:

  • Strategie
  • Groei 
  • Hoop


Strategie (Gawe van Wysheid en Kennis)
Ex 18 17 Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. 18 Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. 19 Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel

Gaan soek raad by die regte persoon met die regte ervaring.

Groei (Gawe van lering)
Gal 6 1 Broers en susters, wanneer iemand in die een of ander sonde verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp

Die sleutelwoord is nederigheid, ek groei self nog.
Gee raad vanuit lewe: Dit gaan nie oor reg en verkeerd nie, maar tussen goed en kwaad
Help om die wortel van die optrede te ontdek.

Hoop (Gawe van Profesie) 
Dit is meer as net woorde van alles sal regkom.

Help mekaar om:

  • Christus se potensiaal in jou ontdek.
  • Te glo dat die Here die persoon so liefhet en vir hom te beste soek.
  • Te glo dat die Here saam met Hom is en dat hy in afhanklikheid van die Here moet lewe.


Selgroep vraag: Hoe kan julle as selgroep mekaar ondersteun en raad gee?

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie lewe.

Die keuse om raad te neem  en om verantwoordelikheid te neem vir jou optrede lê by die een wat raad ontvang.

Hand 21:10 Ons was reeds ’n hele paar dae daar toe ’n profeet met die naam Agabus van Judea af daar aankom. 11 Toe hy ons kom opsoek, het hy Paulus se belt gevat en sy eie voete en hande daarmee vasgebind. Toe sê hy: “Só sê die Heilige Gees: ‘Die man wie se belt dit is hierdie – die Jode in Jerusalem sal hom net so vasbind en hom in die hande van nie-Jode uitlewer.’” 12 Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike gelowiges Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie. 13 Sy reaksie was egter: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle huilery? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf.” 14 Toe hy nie tot ander insigte gebring kon word nie, het ons met dié woorde berus: “Laat dan die wil van die Here geskied.”

No comments:

Post a Comment