Sunday, April 5, 2015

DEUR DIE Oë VAN JESUS: Opstanding (Aand)

Ons vier Opstanding sondag vandag.
Een van die grootste datums op die Christen kalender.
Hierdie naweek gaan nie oor Paashasies en eiers nie.

1. VERHAAL VAN OPSTANDING IS VAAG

Opstanding van Jesus is een van die fassinerendste gebeurtenisse ooit.
Die kruisiging het amper ‘n uur-vir-uur beskrywing oor wat gebeur het.
Jy kan die sweet aan Jesus se vel ruik, die vrees in die dissipels se oë sien, revolusie in die lug proe.
Die opstanding het ‘n paar verse en ons weet nie presies wat gebeur het behalwe dat Jesus nie meer in die graf was nie..
Al vier die evangelies meld die opstanding met verskillende detail.

Ons weet dat die spul Romeinse soldate wat waggehou het verskrik by die Fariseërs aangekom het om te sê dat Jesus weg is en die skrif vertel van hoe hul omgekoop is om die storie te vertel dat sy dissipels sy lyk kom steel het.
Dis belaglik as jy dink dat Romeinse soldate goed opgelei en wreed was.
Die dissipels was bang en verwilder
Dit maak nie sin nie.

Selfs in die kunste omdat daar nie ‘n direkte beskrywing is oor presies wat gebeur het nie, het hul eers ‘n duisend jaar na Christus kunswerke begin skilder oor die opstanding.
So die opstanding is ‘n kontroversiële onderwerp vandag net soos dit in daai tyd was.
En vandag ook wil die vyand nie hê ek en jy moet ontdek waaroor opstanding regtig gaan nie.
Hy wil nie hê ek en jy moet sien wat Jesus gesien het nie.


2. DIE OPSTANDING BEGIN MET NOG ‘N OPSTANDING

Dis baie interessant om te sien wat die paar weke voor Jesus se kruisiging gebeur het.  Lees gerus Joh. 11-12 om die geheelprentjie te kry.  Die storie vind momentum met Lasarus se sterwe en opstanding.

Vandag neem ek jul geloof na ‘n nuwe vlak – Joh. 11:15
Jesus sê Hy is die Opstanding en die Lewe vandag – Joh. 11-23-25
Dissipels sien dit nog nie – Jesus sien sy eie opstanding –  na 4 dae met Lazarus – Joh. 11:33
Die opstanding is die finale strooi vir die Fariseërs – Joh. 11:45-53
Maria giet parfuum uit oor Jesus – wat het sy gesien?? – Matt. 26:10-13
Talle Jode sit hul geloof in Jesus & Jesus ry op ‘n donkie in Jerusalem in – Joh. 12:9-19
Vreemde gebeure met kruisiging & opening van grafte – Matt. 27:50-54
Jesus verskyn aan Maria en die res – Joh. 20
Joh 20:19(AMP)  Then on that same first day of the week, when it was evening, though the disciples were behind closed doors for fear of the Jews, Jesus came and stood among them and said, Peace to you!
Joh 20:20  So saying, He showed them His hands and His side. And when the disciples saw the Lord, they were filled with joy (delight, exultation, ecstasy, rapture).
Joh 20:21  Then Jesus said to them again, Peace to you! [Just] as the Father has sent Me forth, so I am sending you.
Joh 20:22  And having said this, He breathed on them and said to them, Receive the Holy Spirit!

3. IMPLIKASIES VAN OPSTANDING

Wat moet ek en jy sien?
Paulus beskou die opstanding as van kardinale belang  in 1 Kor 15.
Die opstanding is hoekom ons preek.
As Christus nie opgestaan het nie is ek en jy nog dood in ons sonde.

1 Cor. 15:20-23(MWBT)-
However this very moment the risen Christ represents everyone who has died, exactly like how the first fruit would represent the complete harvest.
The same humanity who died in a man was raised again in a man.
In Adam all died, in Christ all are made alive.
All are individually made alive in the order of Christ, he is the first fruit and in his immediate presence we are personally revealed as his own.

Jesus sterf nie net aan die kruis en staan op uit die dood nie
Jesus verteenwoordig elke mens op aarde – voor die kruis & na die opstanding
Jesus net 1e een.
Vb. Atletiek rekords.
Vb.Kilimanjaro – maak spasie vir ander om dieselfde te doen.

2 Cor. 5:15-17 (MWBT) –
Now if all were included in his death they were equally included in his resurrection.  This unveiling of his love redefines human life!  Whatever reference we could have of ourselves outside of our association with Christ in no longer relevant.
This is radical!  No label that could possibly previously define someone carries any further significance!  Even our pet doctrines of Christ are redefined.  Whatever we knew about him historically or sentimentally is challenged by this inclusion.  (By discovering Christ from God’s point of view we discover ourselves and every other human life from God’s point of view!).
In the light of your co-inclusion in his death and resurrection, whoever you thought you were before, in Christ you are a brand new person!  The old ways of seeing yourself and everyone else are over.  Acquaint yourself with the new!

Jy is deel van God se spesie.
Jy is Hy dis hoekom hy in Johannes 20 kan sê ‘Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle!’
Dis nie omdat jy goed genoeg is of hard genoeg gewerk het daarvoor nie.
Dissipels het gestaan en bewe toe hy op hul afkom.
Dis omdat toe hy sy gees oor hul blaas het hul iets anders geword.
Dieselfde gees as wat in Jesus was leef nou in jou.
Dis hoekom Johannes in Openbaring dood neerslaan as Hy Jesus sien – dis nie Jesus sy vriend, Jesus die skrynwerker, Jesus aan die kruis nie.
Dis die opgestane Christus –

Mat 28:18(CEV)  Jesus came to them and said: I have been given all authority in heaven and on earth!
Mat 28:19  Go to the people of all nations and make them my disciples. Baptize them in the name of the Father, the Son, and the Holy Spirit,
Mat 28:20  and teach them to do everything I have told you. I will be with you always, even until the end of the world.

Alle krag, mag en outoriteit behoort aan Hom.
En aan jou.

Die vyand kon nie hierdie sien kom nie..
Kyk hoe het hy gespot met Jesus voor sy kruisiging.
Hy het gedink hy vermoor Vader God se liefling.
Toe daai tempelhangsel skeur en al daai dooies staan op.
Toe besef hy nou het ons moeilikheid..
Want nou besef hele nasies wie God is en wie hulle is.

Jesus, help ons om te sien!

No comments:

Post a Comment