Saturday, April 4, 2015

Deur die oë van Jesus: Opstanding


Deur die oë van Jesus: Opstanding

Daar is geen gebeure wat die wêreld meer beïnvloed het as die kruisiging en opstanding van Jesus nie.
Jesus het nooit ‘n boek of, ‘n lied geskryf nie, maar daar is van hom meer geskryf en gesing as oor enige iemand anders.
Hy was nooit verder as 150 km van sy geboorteplek nie, tog volg mense Hom oor elke kontinent.

Dit is die opstanding wat die grense van Jesus se teenwoordigheid afgebreek het, sodat Hy ‘n werklikheid in ons elkeen geword het.

Dit is geen wonder dat die vroeë kerk het op opstandingsondag mekaar gegroet met die woord: Hy 
het opgestaan en daarop is geantwoord: Hy het waarlik opgestaan.

Die verhaal van Maria Magdalena maak juis die gebeure van die opstanding ‘n persoonlike belewenis.

Nadat die dissipels die graf verlaat het,   sonder om presies te verstaan wat gebeur het (Joh. 20: 8 & 9) bly Maria agter, soekend en vraend.

Joh. 20:12 Sy sien toe twee engele met wit klere aan wat sit op dieselfde plek waar die liggaam van Jesus gelê het, een aan die kopkant en een aan die voetekant. 13 Hulle vra haar: “Vrou, waarom huil jy?”
Sy antwoord hulle: “Hulle het my Here weggeneem en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”
14 Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en Jesus daar sien staan, maar sy het nie besef dat dit Jesus was nie.

Vir ‘n oomblik herken sy nie Jesus nie. Eers toe Jesus haar naam noem besef sy wie praat met haar.

Joh. 20:15 Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?”
Sy het gemeen dat dit die tuinwerker is, en het vir Hom gesê: “Meneer, as ú Hom weggedra het, sê asseblief vir my waar u Hom neergelê het en ek sal Hom gaan haal.”
16 Jesus sê vir haar: “Maria!”

Jesus noem op haar naam en sy word bewus van Hom.

Die opstanding bring Jesus in jou wêreld, sodat jy bewus kan raak van Hom.

Dit is interessant hoe die tema  “Hulle het Hom nie herken nie” sentraal was na die opstanding. 

Waar is Jesus wat opgestaan het vandag?

  • Jesus is in beste oomblik.
  • Jesus is in die slegste oomblik.
  • Jesus is in die tye wat jy naby Hom voel.
  • Jesus is ook in die tye wat van eensaamheid.
  • Jesus in die oomblik van krag.
  • Jesus is ook in die oomblik van swakheid.


Opstanding nooi jou om bewus te raak van Jesus.

  • Rondom jou 
  • In ander
  • En in jou 

Kol 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle

Joh 20: 16 Jesus sê vir haar: “Maria!”
Sy draai om en sê vir Hom in Aramees: “Rabboeni!” Dit beteken ‘Leermeester’.

  • Rabbi – Beteken leermeester.
  • Rabboeni – My leermeester.


Toe Maria  Jesus herken het wat opgestaan het, was dit ‘n oomblik van oorgawe. Here ek kom sit aan u voete,  leer my om te lewe.

Kol 3:1 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie

Cynthia Duggan 
Ons moet streef daarna om God te ken 
met elke deel van ons wese en karakter. 
Ons moet roep vanuit ons diepste binneste: 
Nie my wil nie maar u wil 
Werk met my deurdring my, verander my
Ons moet smeek:
Laat u vinger op my hart skryf, 
laat u begeertes myne word. 
Laat u weë my weë word. 
Laat u karakter in my gevorm 
en in my weerspieël word 

Oorgawe kom neer op absolute vertroue. 

Heb. 11:6  As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.

Rabboeni – Here ek glo u is vir daarom wil ek u volg.

Beantwoord die volgende vraag:

  • Glo jy Jesus  is vir jou? 
  • Glo jy dat Jesus wil hê jy moet floreer en dat dit met jou moet goed gaan?
  • Glo jy Jesus wil hê dat jy jou volle potensiaal sal uitleef?


Dit gaan oor meer as net Jesus saam met my, dit gaan ook oor  Jesus vir my.

  • Dit is Jesus saam met my in die storm, maar ook Jesus wat my deur die storm wil lei.
  • Dit is Jesus saam met my in my swakheid, maar wat my wil lei na krag.


Job 42: 5 Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien.

Beleef  Jesus wat opgestaan het elke dag in jou lewe.
Ervaar hoe Hy jou lei na plekke van lewe en oorwinning.

No comments:

Post a Comment