Saturday, January 20, 2018

Big on Mobilization



Big on Mobilization

Lees weer Mark 6 se storie oor die vermeerdering van die brood en visse.

Dit is een van ons Bakens waarop ons as Doxa Deo gebou is.
Jy hoor die empatie vir mense in nood.
Jy sien ‘n wonderwerk wat in die hande van die dissipels gebeur.
Hierdie storie is juis die motivering van 2018 se jaar tema: “Acceleration in Mobilization”

“Acceleration” is om:
Spoed op te tel.
Meer intensioneel te beweeg.
Met groter passie te leef.
Groter dringendheid.

“Mobilization”
Is om jou talente, gawes en passie te belyn met die Here se plan om n stad te sien verander.
Jesus daag ons uit om BROOD uit te deel en die wonderwerk in jou hand te aanskou.

Jes 40:9 You’re the preacher of good news.
Speak loud and clear. Don’t be timid!
Tell the cities of Judah,
“Look! Your God!”
Look at him! GOD, the Master, comes in power,
ready to go into action.

Les: God in aksie deur jou.

Mobiliseer beteken om GROOT te gaan.

Jesus kom leer ons die beginsel van GROOT.

Hy skuif ons vertrekpunt.
Om groot te wees.
Om Impak te maak.
Om ʼn leier te wees, beteken om die minste te wees, ʼn dienaar.

Lees Joh 13 Die storie waar Jesus die dissipels se voete was.

Joh13:13 Julle noem My Leermeester en Here, en tereg só, want Ek is dit. 14 As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.
 15 Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.

Luk 22 vleg hierby in, waar Jesus die belangrikheid van die beginsel van diensbaarheid die volgende aand onderstreep.

Luk 22:26 “By julle moet dit egter nie só gaan nie, maar die belangrikste een onder julle moet wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos een wat dien. 27 Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is of die een wat bedien? Dit is tog hy wat aan tafel is. Ek is egter in julle midde soos een wat dien. 28 Maar julle is die mense wat deur dik en dun in my swaarkry by My gebly het.

Die eerste kerk het hierdie beginsel uitgeleef. 

Hand 9: 36 In Joppe was daar ’n gelowige vrou met die naam Tabita (in Grieks is sy “Dorkas”). Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help.

Waarvoor staan jy bekend?
Kan 2018 nie die jaar wees waar jy die bordjie om jou nek hang van dienskneg nie.

Eerstens Staan elke oggend op met die gebed: 
“Here waar wil U deur my dien”.

Tweedens wees intensioneel.

In jou hand moet brood en ʼn handdoek wees.

Gebruik dit in 4 areas om saam met Jesus ʼn verskil te maak.
“Connect” = Handdoek oomblik waar mense Jesus se liefde en vergifnis kan beleef.
“Grow” = Brood oomblik waar Jesus die brood van die lewe word vir mense. Waar jy sy waarhede deel met mekaar.
“Care” = Handdoek oomblik waar jy ander dien met Jesus se omgee liefde.
“Go” = Brood oomblik waar ander se behoeftes aangespreek word.

Word deel van ʼn “movement” waar Jesus se liefde en lewe soos ʼn stroom deur ons stad sal vloei.





Sunday, January 14, 2018

ELEVEN 36 - Week 3 - Aand





Intoduction:
Die Here daag my die laaste tyd uit oor wat ek bereid is om vir Hom prys te gee.
Stories:
               Korea kerk
               China Bybel verspreider
Body:
Ons sluit vandag af met die reeks 11:36. Vir die laaste twee weke praat ons oor hulle alles hulle ontstaan en doel in God vind, en hoe alles deur Hom in stand gehou word. Hy is die skepper en onderhouer van alles.
Vandag sluit ons af met God as die punt van alles. Die end bestemming en klimaks van die storie, elke storie, elkeen van ons se storie.

Rom. 11:36 – Vir ons o die vers te verstaan het ons nodig om te kyk na die volgende twee verse ook.
Rom 12: 1-2 – “Present our bodies as a living sacrifice, this is our reasonable service.

Living Sacrifice – hoe lyk dit?
Isaiah 58  - Hier vind ons die antwoord.

Vergelykings:
Wilderness in Deut en Wilderness na Jesus se doop – hemelse brood.
Beloofde land in Joshua teenoor oorwinnings lewe na die kruis

Conclusion
Isaiah 58 se belofte – vers 11.
“ And the Lord will guide you continually and satisfy you in the drought and in dry places and make strong your bones. Any you shall be like a watered garden and like a spring of water whose waters fail not.”
Suid Korea storie

Neem verantwoordelikheid, kweek dissipline, beïnvloed jou wêreld.

Saturday, January 6, 2018

ELEVEN 36 – Hy hou alles in stand




ELEVEN 36 –  Hy hou alles in stand

Rom 11:33-36
Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. Wie van ons kan regtig verstaan hoe God dink? Of wie sou as sy raadgewer kon optree? Of wie sou ooit aan Hom ’n guns kon bewys vir wie Hy dit sou moes vergoed?

Vers 36
Hy is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen.

(Amplified)
For from Him [all things originate] and through Him [all things live and exist] and to Him are all things [directed]. To Him be glory and  honor forever! Amen.

(Die Boodskap)
Van God af kom alles wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om sy Naam groot te maak. Vir altyd. Ja en amen!

Hoe hou Hy ons lewens in stand?

Genade

In 1 Kor 4:7 vra Paulus die vraag
Wat het jy wat God nie aan jou gegee het nie? En as dit dan aan jou gegee is, hoe spog jy dan asof jy op eie houtjie presteer het?

Wat het jy wat God nie aan jou gegee het nie? – Niks 

1 Kor 15:10
Maar deur God se genade is ek wat ek vandag is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.


Efes 2:8
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

Maar net so NB is dit om te weet dat genade gedeel het met ons verlede, maar ook ons krag en sterkte is vir die toekoms

2 Kor 12:9
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. 

Genade is ‘n krag in ons lewe
Genade is die krag om te koester alles wat God vir ons gedoen het in Christus
Genade is die krag om lief te hê wie God lief het
Genade is die krag om God se planne in ons lewe tot uitvoering te bring
Genade is die krag om ons te belyn met God se woord

John Piper – Grace is not only a past experience of pardon, it is a future experience of power to do what God called us to do.


2 Kor 9:8
En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Genade hou ons in stand!

Die tweede element wat ons in stand hou:
Die krag van wees / word

God is meer besorg oor die wie as die wat!

1 Thes 4:3
Dis God se wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe.

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe.

Die Griekse woord is Agios – to be set apart / to be different

Rom 12:2
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Die woordjie omvorm beteken om getransformeer te word.

Soos wat ons belyn met Christus - Ons, ons sien en spieël in Christus

2 Kor 3:18
Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, 

Graig Groeschel – If you’re becoming the right who, God will help you choose the right do.

Derde element van in stand hou wat ‘n krag is in ons lewens – Wysheid

Spreuke 4:11
Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop.

Getting wisdom is the wisest thing you can do! And whatever else you do, develop good judgment. (NLT)

As ons die wysheid van God as krag in ons lewens wil geniet 

Loop

Prov 13:20
Walk with the wise and become wise, for a companion of fools suffers harm. 

SPREUKE 13:20
Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.

Vra

JAKOBUS 1:5
Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.

James 1:5
If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.

As jy God vra vir Wysheid sal hy vir jou gee

Ps 32:8 NLT
The Lord says, “I will guide you along the best pathway for your life. I will advise you and watch over you. 

Baie keer is ons bang om ‘n verkeerde besluit te neem en neem ons selfs geen besluit nie

Hoe weet ek of dit ek is / Here / of selfs die duiwel

Vertrou die HG in jou – om jou te lei

Hierdie jaar / elke maand / elke dag is ‘n geleentheid om te beleef

God is ons bron
Hy hou ons in stand
- Genade
- Te wees
- Wysheid
‘n Lewe te lewe tot Sy eer

Saturday, December 23, 2017

Christmas is a verb: Love


Christmas is a verb

Liefde 

The desire to love is not itself love…   Love is an Act of will  – namely an intention and an action. Will also implies choice.  We do not have to love. We choose to love.  No matter how much we think We are loving, if we are in fact not loving, it is because we have chosen not to love and therefore do not love, despite our good intentions.  On the other hand, whenever we actually exert ourselves in the cause of spiritual growth,  it is because we chose to do so. The choice of love has been made.

Liefde is ‘n keuse: Jy besluit om lief te hê 
Col 3:12-14 So, chosen by God for this new life of love, dress in the wardrobe God picked out for you: compassion, kindness, humility, quiet strength, discipline. Be even-tempered, content with second place, quick to forgive an offense. Forgive as quickly and completely as the Master forgave you. And regardless of what else you put on, wear love. It’s your basic, all-purpose garment. Never be without it.

Liefde gee uitdrukking aan jou DNA.
Kol 3:9 Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.

Deur Jesus se krag kan jy mense onverdien liefhê.

Liefde moet uitdrukking kry in jou optrede. 
Kol 3:12 Daarom moet julle die volgende soos kle¬re aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoe¬dig¬heid, geduld. 13 Ver dra mekaar en as enigeen ’n klag¬te teen iemand anders het, vergewe me¬kaar. Vergewe me¬kaar soos die Here julle ver¬gewe het. 14 Die heel belangrikste wat jul¬le moet aan¬trek, is die liefde

Liefde vorm die basis waarop jy jou huwelik bou 
Ef 5:31 Daar staan mos: “’n Man sal weggaan van sy pa en ma en een word met sy vrou, en hulle twee sal een wees.” 32 Dit is eintlik ’n diep geheim, en ek noem dit om die verhouding tussen Christus en die kerk te beskryf. 33 Dit geld egter ook vir julle: Elkeen van julle moet sy eie vrou liefhê soos hy homself liefhet, en die vrou moet haar man respekteer.

Matt 19 :6 Mat 19:5 en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en  sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; 6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Eenheid, een vlees, word Saamgevoeg is woorde wat Jesus gebruik om die verbintenis tussen man en vrou te verduidelik.


  • Daar onstaan verbinding tussen 2 mense.
  • Jou optrede beïnvloed die atmosfeer van die spasie.
  • Ons fokus moet wees om die spasie (eenheidsband) gesond te hou.


Liefde is die sleutel wat die spasie gesond hou.


  • Die hoogste vorm van eenheid is opofferende liefde.

Ef  5:25  Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
Ef. 5:27  sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Gemeente sonder gebrek sal wees :

  • Opofferende liefde fokus daarop dat jou lewensmaat sal blom
  • Die vertrekpunt van opofferende liefde is om jou maat se behoeftes te ontdek en om dit te probeer te vervul.

Ef 5:33 Dit geld egter ook vir julle: Elkeen van julle moet sy eie vrou liefhê soos
hy homself liefhet, en die vrou moet haar man respekteer

Saturday, December 16, 2017

CHRISTMAS IS A VERB - GIVING


Dis moeilik om te glo, dat dit regtig more oor ‘n week alweer Kersfees is!

Daar is ‘n rede hoekom hulle dit Silly Season noem! Mense raak heeltemal laf oor hierdie tyd. En dit blyk ook  dat Silly Season al hoe vroeer begin elke jaar, met winkels wat skaars kan wag dat Valentynsdag verby is, dat hulle kan begin om hulle Kersversierings op te sit en hulle Bony-M Cd te begin speel nie!

Daar word voorspel dat Amerikaners hierdie jaar, van die einde van November, tot en met Kersdag, oor die 6 Biljoen Dollar, ongeveer 84 Biljoen Rand, aan Kersgeskenke gaan spandeer.

Ek onthou hoe ek verlede jaar, redelik naby aan kersdag by ‘n winkelsentrum gehoor het hoe ‘n man vir sy vrou knor dat hulle nou nog net vir haar ma ‘n geskenk moet soek. Hoekom koop ons nie net ‘n horlosie en kry klaar nie, het hy gesis. Dit was vir my so ‘n tipiese prentjie van hoe Kerstyd vir baie mense lyk. Baie geld, wat aan baie geskenke spandeer word, net om teleurgesteld jou geskenkpapier na die tyd op te frommel en te wens jy kan volgende jaar vir jouself ‘n kersgeskenk koop!

Nou hoor ek hoe mense dadelik uitroep: Kersfees gaan nie oor geskenke nie! Dan wil ek jou vandag gou reghelp: Kersfees gaan juis oor geskenke!

Daar is iets betowerends daaraan om dop te hou hoe iemand jou geskenk oopmaak. Dis die asem ophou oomblik om te sien hoe hy op jou geskenk gaan reageer. Was dit hierdie jaar die perfekte geskenk?

Die beste geskenk word onderskei deur twee goed:
1. Die liefde in die hart van die een wat gee en
2. Of dit die grootste behoefte van die persoon aanspreek van die persoon wat dit ontvang.

‘n Geskenk is die uitrdrukking van ‘n persoon se hart vir die ontvanger. Die persoon aan die ontvangkant ontvang dit nie omdat hy waarvoor gewerk het of dit verdien nie.

Kan jy dink hoe dit moes voel om ‘n geskenk so perfek te gee, dat dit meer as 2000 jaar later nog steeds gevier word?

James 1:17
Every good gift and every perfect present comes from heaven; it comes down from God, the Creator of the heavenly lights, who does not change or cause darkness by turning.

Wanneer ons as Christene Kersfees vir, weet ons hoe onlosmaaklik dit vervleg is met die grootste geskenk, naamlik Jesus Christus se geboorte wat ons op hierdie dag vier.

Ons kan nie anders as om na die volgende skrif toe te gaan wanneer ons Kersfees vier nie:
Joh 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Toe God vir die mensdom iets van Sy hart wou wys, en vir hulle die perfekte geskenk wou gee, kon Hy wonderlike geskenke op die aarde laat neer reën het, of miljoene rande uit die hemel laat val het, maar nee. Wanneer God vir die mens Sy hart wil wys, gee Hy Sy kosbaarste besitting, naamlik Sy Seun, Jesus Christus, want Hy het geweet dat niks anders die mens se behoefte aan redding kan aanspreek behalwe Jesus nie!

Eph 5:1 He didn’t love in order to get something from us, but to give everything of himself to us.
Christus het geweet hoeveel vreugde die mens se vrymaking Hom so bring. Daarom was Hy bereid om die perfekte geskenk te wees.

Heb 12:2
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Jesus se geboorte bring ‘n reuse omwenteling in die hele mensdom. Na 400 jaar van stilte, praat God vir die eerste keer weer met Sy volk, en dit deur hierdie grootste geskenk.
Die mens se spontane reaksie wanneer hulle voor hierdie perfekte geskenk staan, is om ook te gee.

Ons is almal bekend met die verhaal van die Wyse Manne wat ons in Matt 2 optel

Mat 2:11
En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.

Julle weet natuurlik die storie sou heeltemal anders geklink het as dit wyse vroue was wat die geskenke gebring het. Eerstens sou hulle aanwysings gevra het, en betyds gewees het om Maria te help met haar bevalling, tweedens sou daar onder die geskenke weggooi doeke, borslappe en formule melk gewees het, asook ‘n groot bak lasagne met ‘n vars slaaitjie!

Die engelse vertaling sê: They openend their treasure chests.
Die woord wat in elkeen van hierdie kontekste vir Gee gebruik word, is die woord Didomi, wat letterlik beteken: Granting, Bestowing or Imparting. Implies giving an object of value.

‘n Tipiese voorbeeld van waar iemand iets so kosbaars gegee het, is die verhaal van Maria Magdalena wat ons lees in Johannes 12

Joh 12:3
En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

So ‘n kruik nardussalf, was tipies deel van ‘n jong vrou se bruidskat, wat sy op haar eerste huweliksnag op haar man se voete sou uitgiet om haar trou aan hom te belowe. Wanneer Maria Magdalena daardie geskenk vir Jesus gee, is dit ‘n teken van haar absolute toewyding aan Hom.

Die manier waarop Christus Homself vir ons gegee het, beweeg ons om alles wat ons het en wie ons is vir Hom te gee.

Gee is iets wat altyd binne verhouding plaasvind. Wanneer ons iets vir iemand gee, is dit goed deurdag en bedoel om ‘n impak op hulle lewens te hê, wat weer tot groot vreugde by ons lei.
Dit is dan hoekom ons, veral in hierdie Kersseisoen, beweeg word om alles wie ons is vir Hom te gee. Paulus praat van hoe hy homself as ‘n drankoffer uitgiet.

Php 2:17
Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

Mag ons in hierdie tyd net weer die keuse maak om alles wie ons is, in verhouding met Hom, voor Hom uit te stort in reaksie op hoe Hy alles wie Hy is vir ons uitgestort het.
Maar saam met dit, is daar soveel verhoudings wat geraak word deur die perfekte geskenk wat God gegee het.
Waar ons in hierdie tyd tyd spandeer saam met ons familie en vriende, laat ons vooraf besluit, om die perfekte geskenk, iets bitterlik kosbaar, vir elkeen om daardie tafel te wees. Ek vermoed Paulus praat nie net van finansies as in die volgende sê nie:

2Co 9:7
Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

Laat dit nie ‘n emosionele besluit wees nie, maar neem vooraf die besluit, dat jy iets baie kosbaars, met blymoedigheid gaan gee hierdie jaar.
En dan is daar soveel mense, wat nie deel is van ons binnekring nie, maar met wie ons paaie gereeld kruis, kan ons besluit om ook in hierdie tyd, as gevolg van die manier waarop Christus gegee het, ook vir hulle te gee. Miskien nie eers net iets tasbaars nie, maar iets soos ‘n warm glimlag, ‘n ekstra oomblik stop om te hoor hoe dit regtig gaan, ens.

Mat 25:35-40
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.


“We make a living by what we get. We make a life by what we give” Winston Churchill

Ons vier Kersfees, en ja, dit gaan oor geskenke! Met die grootste geskenk wat Hy vir ons gegee het, het Hy Emmaneul, God in ons geword. Daarom het ons nie nodig om net fisiese geskenke te gee hierdie jaar nie. Ons kan die mense rondom ons bless, met die grootste geskenk in ons.

Col 1:27
To them God chose to make known how great among the Gentiles are the riches of the glory of this mystery, which is Christ in you, the hope of glory.

Kom ons bring hoop op Heerlikheid waar ons ookal gaan hierdie jaar

Saturday, December 9, 2017

Christmas is a Verb - Peace / Vrede





Johannes 14:27 (Boodskap)
'“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. '
John 14:27 (NLT)
'“I am leaving you with a gift—peace of mind and heart. And the peace I give is a gift the world cannot give. So don’t be troubled or afraid.

JESAJA 9:5 (NLV)
'Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee.  Hy sal die heerser wees  met die koninklike titels:  Wonderbare Raadsman,  Magtige God,  Ewige Vader,  Vredevors.

LUKAS 2:10-14
'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!  En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:  “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”'

Johannes 14:27 (Boodskap)
'“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. '
Fear is not rational. It is not based on fact. Researchers have found that 40 % of the things we worry about never happen, 30 % are in the past and can’t be helped. Another 12 % of our worries involve the affairs of others and are not even our business. 10 % of our worries relates to sickness, real or imagined. That leaves only 8 % of things we worry about that are even likely to happen
 – Jentezen Franklin.

Die fondasie van vrede  - lê in vrede met God

ROMEINE 5:1
'As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus (Vredevors / koning van Vrede) ons Here gedoen het.

Die effek van sonde – en gevoel van afstand:
• Skuld – Skuldgevoel – Gevoel van ek het iets verkeerd gedoen
• Skaam – Gevoel van ek is verkeerd  - daarom verdien ek nie God se teenwoordigheid nie
• Seer – Die effek van sonde –  Gevoel van vrees en gebrek aan vrede

Maar in dit wat Jesus kom doen het se Rom 5:17
- Is ek vrygespreek en leef ek vanuit ‘n posisie van onskuld
- Is ek Goed genoeg verklaar
- Is alle afstand uitgewis en weet ek dat ek ingesluit is


1. Onuitgesproke dankbaarheid

KOLOSSENSE 3:15 (NLV)
'Verder, laat die vre¬¬de wat Christus bewerk het, in jul¬le le¬wens die deurslag gee; want as le¬de van een lig¬gaam is julle tot vrede ge¬roep. Wees altyd dank¬baar. '

FILIPPENSE 4:6-7
'Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.'


2. Onrealistiese verwagtinge van jouself

Brené Brown (Shame researcher) - Well-meaning but unchecked expectations are loaded with potential shame and resentment bombs

FILIPPENSE 4:8-9
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.  En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees. '
Daar is ‘n konneksie tussen wat ek dink en vrede wat ek het
Psalm 139:14
'Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!'

Jou vrede met jouself – kan direk ‘n invloed op verhouding met iemand anders he


3. Ongesonde motivering

Die probleem is nie altyd wat ek doen nie – hoekom ek dit doen?
Wat motiveer my om dit te doen?

ROMEINE 8:6
'As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede. '

Fil 2:3
'Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. '

Ek en jy gaan soveel meer vervulling en vrede in die lewe ervaar as die lewe gaan – nie oor wat kan ek kry nie – maar wat kan ek gee


Saturday, December 2, 2017

“CHRISTMAS IS A VERB” - JOY / KERSFEESVREUGDE


Kersfees is ‘n tyd van gee, ‘n tyd van saamwees & liefde, maar ook van vrede & vreugde.

Luk.2: 8-14
'Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het. Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword,  maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!  Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!  En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:  “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”

Die verhaal van die eerste Kersfees.

Daar is mense wat vrees beleef oor Kerstyd:
-Selaphobia; FOMO; Eensaamheid; Veiligheid; Verwerping; Hartseer; vrees vir die onbekende nuwe jaar.

Luk.2:10 kontrasteer Vrees met Blydskap:
.... 'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

GROOT blydskap vir almal.
Gebruik Hebreeuse woord “Gheel”  - Selfde begrip as die Griekse woord “Agaliao”
-Letterlik: Om op te spring en van uitermatige vreugde in die rondte te draai!
Kersfees is ‘n tyd vir vreugde: “Joy”
-Hierdie VREUGDE is nie iets wat ons net van moet hoor/ lees nie:  Iets wat ons moet beleef.

Die grootste rede vir Kersfees vreugde:
- Die aankondiging van ‘n nuwe bedeling: ‘n Nuwe seisoen van Genade.
- Die Kersfeesgebeure is deel van God se Saligheidsplan vir die mens.

“We do Christmas, because it is done.”


Kersfees herinner ons daaraan dat Godvreugde in ons vind.

Luk.2:14
'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”'

Sefanja 3:17

'Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.”


Ons vind in hierdie tyd ook opnuut vreugde in God.

Ps.21:7
'U het hom bekroon met seëninge vir altyd, en hom gegee die blydskap van u nabyheid.'

Fil.4:4
'Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”


Kersfees is ‘n tyd om vreugde te vind in jouself.

Ps. 139:13-14
'U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!'


Kersfees is ook die tyd waarin ons vreugde moet vind in die teenwoordigheid van familie en vriende.
 

Ps.118:24
'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig  en bly wees.'