Friday, December 30, 2016

Rigting 1 - Fokus


Direction - assistance in pointing out the proper route, the line or course on which something is moving or is aimed to move or along which something is pointing or facing, a guiding, governing, or motivating purpose, the art and technique of directing an orchestra, band, or a show.

Vanoggend wil ek met jou gesels oor die konsep: Fokus

Fokus beteken om ‘n nuwe ingesteld te hê sodat jou aandag en bronne ‘n verkil kan maak.

Die voorbeeld van ‘n bril. As ek my bril afhaal dan lyk julle almal soos bome voor my. Maar as ek my bril opsit dan stel die bril my fokus in sodat as ek jou sien ek jou aandag kan gee en my hand kan uitsteek en jou kan groet.

Fokus is so belangrik vir ons want as ons gefokus is sal ons dit maklik wees om Ja te sê vir die belangrike goed Nee te sê vir dit wat ons tyd steel.

‘n storie van fokus 

Nehemia is die laaste historiese boek van die Bybel
Vir 400j na dit hoor ons niks, boek gebeur 445vC
144 jaar voor dit het Israel hulle rug gedraai op God, En die Here het die profete gestuur en gesê luister nou anders gaan ek die nasies stuur om julle te verwoes.
Hulle het net vir hulleself gesê: Ons is die ‘incredibles’, wie sal nou ons wil verwoes.
En die Babeloniers, kry hul beet verwoes Jerusalem en die temple. Vat al die intelligente mense en kunstenaar (Daniel pas hier in die prentjie in).Na die Babeloniërs het die kleiner nasies inbeweeg en alles kom vat.
Na 70 jaar het die Here gesê julle sal tot jul sinne kom en terugkeer, Ek sal jul weer oprig en die Messias sal kom na jul land. Dit was God se plan.
En met die val van Babelonië het die Persiërs aan bewind gekom, die Koning van Persië het begin om Israeliete huis toe te stuur.
God het Sy belofte gestand gehou, van die Jode het opgetel dat hierdie belofte van die Here sal gebeur. En van hulle het teruggegaan na Jerusalem, maar nog ‘n verdere 90 jaar verloop voor Nehemia se hart vasgegryp word om Israel te help herfokus.

Drie dinge wat Nehemia moes vasmaak om te fokus:

Neh 1:1-11 ANV
(1)  Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in die vestingstad Susan.
(2)  Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en 'n paar ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en teruggegaan het, en oor Jerusalem,
(3)  en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand.”
(4)  By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.
(5)  Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam,
(6)  luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
(7)  Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.
(8)  Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi,
(9)  maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’
(10)  Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het.
(11)  Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit 'n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.” Ek was die koning se skinker.

o Hy het geweet wat God gaan doen.
o Hy het iets van God se hart ontdek vir die omgewing. (vers 4)
o Met die stooi van wat kan wees of veronderstel is om te wees bring dit fokus.

Drie vrae om jou lewe te fokus in 2017:

1. Weet jy wat die Here wil doen?
a. As kinders van die Here weet ons God se plan is mense.
b. Weet jy wat die Here met jou wil doen in 2017? 2 Pet gee ‘n sleutel

2. Dit wat God se hart breek, breek dit jou hart?
a. Die manier hoe jy hierdie vraag antwoord gaan bepaal hoe gefokus jy gaan wees in 2017. Is jy emosioneel “connected” tot God se hart.
b. Toe ek en jy Christus aangneem het behoort ons nie meer aan onsself maar ons behoort aan hom. Ons haal al die goed uit Christenskap wat vir ons werk, maar ons hart moet breek vir dit wat God se hart breek. Dit is ons roeping.

3. Is jy bereid om jou lewe te gee vir dit wat kan wees?

Isa 42:16 MSG  But I'll take the hand of those who don't know the way, who can't see where they're going. I'll be a personal guide to them, directing them through unknown country. I'll be right there to show them what roads to take, make sure they don't fall into the ditch. These are the things I'll be doing for them-- sticking with them, not leaving them for a minute."
‘n Profetiese Woord vir die wat ontdek wie hulle is in Christus…


Die grootste vyand van fokus is afleidings.

Ons maak baie keer afleidings wat ons op ‘n plek bring waar ons fokus verloor. Nehemia gee drie afleidings wat ons weghou van ‘n herlaaide lewe en wat ons help om te fokus.
Besig om die mure te herbou, vyande probeer om Nehemia te mislei. Afleiding is die belangrike goed wat jou altyd weghou van dit wat belangrik is.

Geleenthede

Neh 6:3-4 ANV
(3)  Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: “Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?”
(4)  Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur.

Ons word elke dag geleenthede gegee wat ons mislei.
Onderskei die goeie geleenthede van Godgegewe geleenthede.
As ons nie kan onderskei nie sal ons nie kan fokus nie want ons sal so besig raak om alles te doen wat nie belangrik is nie.

Opinies

Neh 6:5-9 ANV
(5)  Die vyfde keer stuur Sanballat toe 'n amptenaar na my toe met dieselfde boodskap, maar ook met 'n brief wat nie verseël was nie.
(6)  Daarin was geskrywe: “Onder die nasies word 'n gerug versprei, en Gesem bevestig dit, dat jy en die Judeërs 'n opstand beplan. Daarom bou jy die muur. Volgens die gerug wil jy koning word oor hulle,
(7)  en jy het ook al profete aangestel om jou in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep. Die gerug wil dat die koning van Persië hiervan te hore sal kom. Kom nou, kom ons praat.”
(8)  Ek het hom terug laat weet: “Niks van wat jy sê, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim.”
(9)  Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!

Onderskei tussen God se waarheid en mense se opinies.
Mense se opinies kan ons lamlê en ons verdedig onsself en ons veloor fokus. “vasbyt”

Vrees

Neh 6:10-13 ANV
(10)  Ek het by Semaja seun van Delaja, seun van Mehetabel, gekom waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesê: “Kom ons ontmoet mekaar in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons dan die deure van die tempel sluit, want daar kom mense om jou dood te maak, hulle kom vannag om jou dood te maak.”
(11)  Ek het gesê: “Sal 'n man soos ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie!”
(12)  Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.
(13)  Hy is omgekoop om my bang te maak sodat ek 'n misstap sou begaan en hulle die geleentheid gee om my te beskinder en my naam sleg te maak.

Wou Nehemia bang maak om misstap te neem om in die tempel gaan
Onderskei die vrese wat jou weghou van jou fokus.
Moet iemand soos ek en jy bang wees

(Neh 6:16 MSG)  When all our enemies heard the news and all the surrounding nations saw it, our enemies totally lost their nerve. They knew that God was behind this work.

Habbakuk se woorde oor fokus vir my en jou lewe:

Hab 2:2-3 ANV  Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.  (3)  Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

‘n Woord vir 2017 – jaar van geloof…

1:5 Now (in the light of what we are gifted with in Christ) the stage is set to display life’s excellence. Now imagine the extreme devotion and focus of a conductor of music; how he would diligently acquaint himself with every individual voice in the choir, as well as the contribution of every specific instrument, to follow the precise sound represented in every note in order to give maximum credit to the original composition; this is exactly what it means to exhibit the divine character. You are the choir conductor of your own life;study the full content of faith; you will find virtue there, and within virtue, faith- inspired enlightenment will voice its contribution. (There is a level of understanding that can only be accessed by faith. Heb.11:3, “by faith we understand that the ages were framed by the Word of God... epichoregeo, epi, preposition of position, over, in charge, + chorus, choir or orchestra, + ago, to lead as a shepherd leads his sheep. Thus, the director of music. "Giving all diligence, extreme devotion" spoude, to interest one’s self immediately and most earnestly, pareisenengkantes from pareisphero: para + eisphero, a preposition indicating close proximity, a thing proceeding from a sphere of influence, with a suggestion of union of place of residence, to sprung from its author and giver, originating from, denoting the point from which an action originates, intimate connection, + eisphero, to carry or reach inward. Before a performance the first violinist will give the exact note; now every instrument can be finely tuned to that note, in the same way the faith of God
gives that exact pitch.)
1:6 The one attribute reveals the other, strength of character emerges out of faith-knowledge, in its strength follows the ability to prevail in patient perseverance, these are the ingredients that constitute your devotion;
1:7 out of such devotion flows true friendship, brotherly affection is founded in agape. Agape is at the heart of every virtue that faith reveals. (Greek, agape, from ago, to lead as a shepherd leads his sheep, and pao, to rest. Thus Ps.23, "he leads me besides still waters, he restores my soul, by waters of reflection, my soul remembers who I am!" See the Message translation, “...each dimension fitting into and developing the other.”)
1:8 While you diligently rehearse the exact qualities of every divine attribute within you; the volume will rise with ever increasing gusto, guarding you from being ineffective and barren in your knowledge of the Christ-life displayed with such authority and eloquence in Jesus. (“These things being in you”, uparcho, to begin under, from upo + archomai, to commence or rehearse from the beginning.)
1:9 If anyone feels that these things are absent in his life, they are not; spiritual blindness and short sightedness only veil them from you. This happens when one loses sight of one’s innocence. (The moment one forgets the tremendous consequence of the fact that we were cleansed from our past sins, one seems to become pre-occupied again with the immediate sense ruled horizon, which is what short sightedness is all about; this makes one blind to his blessings. Spiritual realities suddenly seem vague and distant.)
1:10 Therefore I would encourage you my Brothers to make every immediate effort to become cemented in the knowledge of your original identity revealed and confirmed in the logic of God; fully engage these realities in your lifestyle; if you do this you will never falter. (Greek ptaio fail, falter, or get out of tune again in the context of verse 5, lit. to fall, lose height, to stop flying. Your original identity, kaleo, often translated, calling, to surname, to identify by name; eklogen, often translated election; yet the two parts of this word, ek, preposition denoting origin or source, and lego, from logos, suggests the original word (the logic of God) as our source; John 1:1,14.)
1:11 Thus the great Conductor of music will draw your life into the full volume of the harmony of the ages; the royal song of our saviour Jesus Christ. (See Col 2:19, “You are directly connected to Christ who like a choir conductor draws out the music in everyone like a tapestry of art that intertwines in harmony to reveal the full stature of divine inspiration,” which is Christ in you. Again the word epichoregeo is used, the choir conductor; this time, God is doing the conducting, and is leading us into his harmony, eis + odos, access into the road; yet in this context I prefer the thought that we are led into a song, an ode; a ceremonious lyric poem. The form is usually marked by exalted feeling and style. The term ode derives from a Greek word alluding to a choric song, usually accompanied by a dance. Also a poem to be sung composed for royal occasions.) 2 Pet 1:5-10 MWBE – Francois du Toit

Stop en dink:
1. Is jou hart God se hart?
2. Skryf neer dit wat Hy in jou hart kom deponeer het.
3. Fokus daarop.

Saturday, December 24, 2016

Vir Ons - Vrede




Die storie van Jesus

Daar is al n opgewondenheid en afwagting geskep oor Kersfees vanaf November.
Boney M kry nuwe betekenis.
Spyskaarte word beplan.

Tussen-in is daar stemme wat roep, bring Christus weer terug in die Kersfeesstorie.

Ek het gewonder of die Kersfeesviering nie eerder deel van die storie van Jesus is nie?

Jesus is meer as net nog ‘n karakter in die Kersverhaal. Die Kersdag is eerder n moment in die storie van Jesus.

Die storie is Jesus se storie en die karakter van Jesus word deur Jesaja soos volg beskryf beskryf.

Jes 9:5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.

En in die verhaal van Jesus moes Hy as Koninklike-redder ons kom bevry.

Jes 9:1 Die mense
wat in die donkerte geleef het,
sal ’n groot lig sien.
2 ....soos mense bly is
tydens die oestyd,
soos soldate
bly is oor die buit.
3 Want God sal die kettings
wat sy volk vasbind
en die sweep
waarmee hulle geslaan is,
stukkend breek.
4 In daardie dag van vrede

Die verhaal gaan oor God wat die wêreld as ‘n mens betree om ons te kom red van onsself. Hy het die mense te kom herstel na God se oorspronklik plan.

CS Lewis stel dit as volg "The Son of God became a man to enable men to become sons of God."

In Gen 1-3 Kom Stel God die mense aan om te heers

Adam verloor ons heerskappy en bring ons in n posisie van verlorenheid, ‘n posisie  van afstand ontstaan tussen ons en God.
God spreek in Genesis ‘n woord dat Hy ‘n mens (Jesus) sal stuur om  ons posisie te herstel.

God stuur Jesus om mens te word, sodat verlossing vir ons bewerk kon word.

Daarom dan dat die woorde van die engele aan die herders was dat daar ‘n VERLOSSER gebore is.

Luk 2:10 ... Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! 11 Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!

Christus word deel van ons storie sodat ons deel van Sy storie kan word.

Die eerste groep wat die nuus hoor van Jesus se geboorte was die herders.

Luk2: 8 Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het. 9 Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10 maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

Die boodskap begin persoonlik: Julle is ingesluit: . “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

Die boodskap is aan die Herders: Die groep wat dit die minste in die oë van die volk sal verdien.
Dit roep dat almal wat dit die minste verdien ingesluit is.

Jesus word deel van ons storie sodat ons uitgenooi word om deel van Sy storie te word.

Jes 9:6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.

Luk. 1 31 Hy het jou uitgekies vir ’n spesiale taak: jy sal binnekort begin verwag. Een van die dae sal jy ’n Seun in die wêreld bring. Jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal baie belangrik wees; so belangrik dat Hy die Seun van die allerhoogste God genoem sal word. 33 Die Here God sal Hom aanstel om te heers oor die koninkryk van sy voorvader Dawid. Jesus sal vir altyd oor Israel regeer. Sy koningskap sal nooit ophou nie; nooit nie.”

Hy word deel van jou storie sodat jy redding en herstel kan beleef.

  • Herstel om weer jou posisie van heerskappy in te neem.
  • Herstel tot jou oorspronglike “design”.


Elke keer as jy  volgens Sy inspraak lewe.
Elke wanneer jy toelaat dat Sy stem jou rigting bepaal.

Wanneer jy deel van Sy storie raak, beleef jy ware vrede en lewensvervulling, want jy leef nou volgens Wie jy waarlik is.

Saturday, December 17, 2016

Vir Ons 3 - Ewige Vader


Isa 9:6  (9:5) Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors--
Isa 9:7  (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde

Die afgelope maand fokus ons op hierdie uitsprake oor Jesus in my en jou lewe. Vandag gesels ons oor Ewige Vader

Wat beteken dit vir my en jou?

Ewige (everlasting)
- Iets wat vir altyd aanhou, tydlose ontstaan van die begin van tyd tot die einde van tyd

Habakuk beskryf ewig as awesome, amasing, finominaal, wow

Hab 3:1-6 ANV  'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied.  (2)  Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.  (3)  God kom van Teman af, die Heilige kom van Paranberg af. Sela Die hemelruim is vol van sy majesteit, die aarde vol van sy roem.  (4)  Hy kom met die glans van die lig, weerligte blits uit sy hand, sy hand so vol mag.  (5)  Voor Hom uit gaan die pes, in sy voetstappe volg die dood.  (6)  Wanneer Hy staan, skud die aarde; wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Die eeue-oue berge verkrummel, die ou-ou heuwels val inmekaar, die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!

Vader
- Die een wat ons ontdek het, die een wat die oorsprong van alles is wat goed is, die beskermer,die voorsiener, die en van eer en respek, die een wat regeer

Verskeie voorbeelde in die skrif en nog meer....

Vir Abraham was Hy beskerming
Gen 15:1 ANV  Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: "Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees."

Vir Isak ek is jou seën
Gen 26:24 ANV  en die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: "Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham."

Vir Moses EK IS…
Exo 3:14-15 AMPC  And God said to Moses, I AM WHO I AM and WHAT I AM, and I WILL BE WHAT I WILL BE; and He said, You shall say this to the Israelites: I AM has sent me to you!  (15)  God said also to Moses, This shall you say to the Israelites: The Lord, the God of your fathers, of Abraham, of Isaac, and of Jacob, has sent me to you! This is My name forever, and by this name I am to be remembered to all generations.

Ek verloor die prentjie van Sy “Awesomeness” want goed het gebeur....

Goed het gebeur so ek gaan terug na my verlede – want ek voel veilig
Goed het gebeur so ek is teleurgesteld – ek sal eerder dit alleen doen
Goed het gebeur en ek voel skuldig – ek sal eerder my afstand hou

All of us have “basic assumptions” about God, others, the world and ourselves. These core beliefs result from our upbringing, our experiences and from religious teaching. They form a foundation for what we expect and subsequently experience in life. If we have the wrong assumptions, then we have “cracks in our foundation”, and we will limit what can be built in us and through us. - Steve Backlund-

1. Josef se uitspraak oor sy verlede…

Agtergrond:
Lank voor Josef gebore is was sy familie al dis-funksioneel.
Jakob Josef se Pa gaan werk vir ‘n Oom van hom met die naam Laban.
Hy raak verlief op een van sy oom se dogters Ragel. En sy oom se dit is reg maar jy moet 7 jaar lank werk om haar te kry. ‘n man wat verlief is sal enige iets doen. Die aand voor sy troue bedrieg sy oom Laban hom ipv van Ragel gee hy vir Jakob sy oudste dogter Lea…Dink net hoe moes Lea gevoel het? Bly of hartseer ek het my suster se boyfriend gekry of wie wil nou met hom trou
Uiteindelik het Jakob Leah, haar slavin Silpa, Ragel, haar slavin Bila en ‘n spul kinders.
Leah se oudste Ruben werk een dag in die veld en ontdek “liefdes apples” mandrakes. Ragel sien dit en besluit om haar man te verhuur aan haar sister Lea vir die liefdes apples wat help vir sexuele begeerte en vrugbaarheid. Genesis 30:14-16
Lea gee geboorte aan ‘n 5de en 6de seun en ‘n dogter Dina.
In die midde van dit alles gee Ragel geboorte aan ‘n seun Josef. Jakob was 91.
Op 6 jarige ouderdom beleef Josef hoe sy ma sy pa se oom Laban se goed steel en daarmee wegkom. Genesis 31:33-35. Dink net hoe moes dit gewees het om in so familie groot te word. Jou pa lieg en bedrieg jou ma steel. Jou stiefbroers haat jou.
Die familie arriveer in Kanaan, Dina Josef se sussie kuier bietjie in die stad. Sigem, Hemor se seun raak smoor verlief op haar en gryp haar en verkrag haar. Sigem probeer dit toe smeer deur Jakob te vra om met haar te trou. Josef se boeties hoor hiervan en se dit is reg maar, julle gaan julself moet besny.
Op die derde dag van hul besnydenis ry Josef se broers uit met hul swaarde en maak elke man in die stad dood uit wraak vir hul suster se verkragting. Genesis 34.
Jou stiefbroers gooi jou in ‘n put, verkoop jou as slaaf. Hy was 17 jaar oud
Jy word verneder deur leuens en beland in die tronk. Op dertig word hy aangestel oor Egipte, eers 7 jaar later sien hy sy familie. 20 jaar tot herstel.


Josef het alle reg gehad om sy:
1. Genetiese herkoms (bloedlyn) te blameer.
2. Om die ‘victim’ te wees van die omgewing waarin hy groot geword het.
3. Om die skuld te gee vir die pyn van die lewe.

Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. (Gen 45:5 AOV)

But don't feel badly, don't blame yourselves for selling me. God was behind it. God sent me here ahead of you to save lives. (Gen 45:5 MSG)

Josef ontdek die “Awesomeness” deur te besef sy verlede word die sleutel om mense te red 

2. Moses se teleurstellings...

Agtergrond:
Een van die mense wat die meeste teleurstellings beleef het in die Bybel is Moses. As kind was hy gered deur ‘n plan wat Sy ouers gehad het om hom in ‘n mandjie te sit en in die Nyla f te stuur. Hy was aangeneem deur die Prinses van Egipte. Maar hy is grootgemaak deur sy ouers waarin hy geleer het van sy eie volk. Al die beloftes wat die Here gegee het. Hy het nie vergeet wat sy ouers hom geleer het nie. Ek dink die spanning van twee lewens moes ‘n groot las gewees het. Tot eendag sien hy die slawerny van die Israeliete en hy probeer help…

(Stefanus vertel die storie van Moses se teleurstelling Hand 7)

Hand 7:23-25 ANV  Op veertigjarige leeftyd het die verlange by hom opgekom om te gaan kyk hoe dit met sy mense, die volk Israel, gaan.  (24)  Toe hy sien dat een van hulle deur 'n Egiptenaar mishandel word, het hy die slagoffer gaan help en die misdaad gewreek deur die Egiptenaar dood te slaan.  (25)  Hy het gemeen sy mense sou begryp dat God hom wou gebruik om hulle te red, maar hulle het dit nie verstaan nie.  …. (30)  Veertig jaar later het 'n engel eendag in die woestyn by Sinaiberg in die vlamme van 'n brandende doringbos aan Moses verskyn.

Num 11:16-17 ANV  Die Here het vir Moses gesê: "Bring vir My sewentig van Israel se leiers, mense van wie jy weet dat hulle leiers en ampsdraers van die volk is. Neem hulle na die tent van ontmoeting toe en laat hulle daar by jou staan.  (17)  Ek sal dan afkom en daar met jou praat, en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra, sodat jy dit nie alleen hoef te doen nie.

Moses ontdek die “Awesomeness” deur ‘n geesvervulde community

3. Dawid en Sy skuldgevoelens...

Die Storie van Dawid en Badseba (2 Sameul 11-12)

Dawid was ‘n man na God se hart, hy was gekies as Koning oor Israel.
Hy was getrou aan God, selfs terwyl Saul hom vervolg het vir 10 jaar het hy geweet hoe om te rus in die Here. Hy was ‘n diep geestelike mens tot op ‘n dag waar hy in ‘n web van skuldgevoelens vasgeval het. Hy was omtrent 50 jaar oud toe hierdie “mid life” krisis sy hele lewe verander. Hy raak verlief op Badseba en laat haar man Urija sterf

Natan vertel vir hom hierdie storie en Dawid besef hy is skuldig....

2 Sam 12:13 -14 NLV Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die Here gesondig.”Natan antwoord hom: “Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie. Maar jy het vir die vyande van die Here geleentheid gegee om Hom te laster. Daarom sal hierdie kind sterf.”

Sonde het altyd nagevolge...maar belydenis is nodig om skuldgevoelens weg te neem

Ps 51:8-17 NLV Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit. Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees. Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit. Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer. Verlos my van bloedvergieting, God, my Redder-God. Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid. Help my om te praat, Here, sodat ek u lof kan verkondig.

Dawid ontdek die “Awesomeness” deur homself te verneder voor die Here.

Hoe leef ek in die “Awesomeness”...

1. Onthou wie jy regtig is – jy is awesome!!!

Therefore if any person is [ingrafted] in Christ (the Messiah) he is a new creation (a new creature altogether); the old [previous moral and spiritual condition] has passed away. ........(2Co 5:17-21 AMP)

Every defeated Christian has one thing in common: None of them knows who they are in Christ nor understands what it means to be a child of God. – Neil Anderson.

2. Vergewe jouself en ander

Confess to one another therefore your faults (your slips, your false steps, your offenses, your sins) and pray [also] for one another, that you may be healed and restored [to a spiritual tone of mind and heart]. The earnest (heartfelt, continued) prayer of a righteous man makes tremendous power available [dynamic in its working]. (Jas 5:16 AMP)

3. Begin om te sing

Hab 3:17-19 ANV  Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees,  (18)  nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.  (19)  Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel.

Gee vir my die krag want my verlede is ‘n sleutel om ander te red
My voete is soos die van ‘n ribbok want ek het het ‘n “community” wat my help deur my teleurstellings
Op hoë plekke laat hy my veilig woon want daar is gedeel met my skuldgevoelens daar is geen afstand meer nie.



Saturday, December 10, 2016

Vir Ons 2 - Sterke God



Isa 9:6  (9:5) Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors--
Isa 9:7  (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde

1. GOD SE NATUUR

Waaraan dink jy as jy dink aan sterk? Superman/The Hulk/jou pa/jou ma
Kom ons kyk na die betekenis van:
Sterke-
Powerful; warrior, champion, chief, giant, mighty, strong, valiant, courageous.
God –
Almighty, Great, Might, Power, Strong.

2. WONDERWERKE EN DEURBRAKE

Die Bybel is vol stories van God se krag.
Baie stories van wonderwerke: bv. Vermeerder vissies en broodjies/ maak ‘n pad in die Rooisee/ Genees iemand
‘n Wonderwerk is wanneer daar ‘n onmiddellike, bonatuurlike ingrype is
Getuienis van gewasse
Ons love wonderwerke en die Here doen wonderwerke oral om ons.
Maar nie net stories van wonderwerke nie – ook stories van deurbrake.
Deurbrake is wanneer die ingrype nie onmiddellik is nie, maar wanneer God agter die skerms besig is

Handelinge 27&28
Paulus is oppad na Italie toe om voor die keiser van Rome te getuig. God het hom ‘n belofte hieroor gegee. Die reis op die skip is alles behalwe ideaal. Ons lees goed soos:
Enige van julle so jaar beleef?
Enige een van julle al deur tye gegaan wat daar geen wonderwerk was nie?
Wat jy gewonder het of jy dit deur hierdie situasie sou maak?
Wat jy gewonder het of God goed is en of Hy jou liefhet?
Tye wat jy gereed was om op te gee?
Wat doen God in sulke tye?
Waarmee is Hy besig?

3. SO, WAARMEE IS GOD BESIG?

Eph 1:11(MSG)
It's in Christ that we find out who we are and what we are living for. Long before we first heard of Christ and got our hopes up, he had his eye on us, had designs on us for glorious living,
Ons doel op aarde is nie ‘n gemaklike lewe nie
Ons is gemaak na die beeld van God
Jesus is nie net die voorbeeld vir die mens nie, maar van die mens
Ons kyk na Sy lewe op aarde en dan besef ons waartoe ons in staat is.
Soos wat Jesus moes groei in wysheid, krag en gehoorsaamheid groei ek en jy na die volle gestalte van Christus
James 1:2-4
Consider it a sheer gift, friends, when tests and challenges come at you from all sides. You know that under pressure, your faith-life is forced into the open and shows its true colors. So don't try to get out of anything prematurely. Let it do its work so you become mature and well-developed, not deficient in any way.
So probleme is nie straf of God wat jou nie liefhet nie.
Volwassenheid kom nie deur kennis nie, maar deur uithou vermoë, dit wat jy oorwin het
God wil vir ons wys wat steek in ons as ons in Hom is.
Heb 12:1-3 (MSG)
Do you see what this means--all these pioneers who blazed the way, all these veterans cheering us on? It means we'd better get on with it. Strip down, start running--and never quit! No extra spiritual fat, no parasitic sins. Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we're in. Study how he did it. Because he never lost sight of where he was headed--that exhilarating finish in and with God--he could put up with anything along the way: cross, shame, whatever. And now he's there, in the place of honor, right alongside God. When you find yourselves flagging in your faith, go over that story again, item by item, that long litany of hostility he plowed through. That will shoot adrenaline into your souls!
Jy is nie alleen nie. God het jou nie verlaat nie. Hierdie sal anders lyk.
Elke ou wat deur so ding gaan het ‘n storie.
Paulus het ‘n magtige storie van hoe God hul bewaar het deur magtige storms ens. Strategies geposisioneer om die regte mense te ontmoet om in Rome uit te kom
As jy nie deur sulke tye gaan nie, het jy geen stories nie.
Niemand kan assosieer nie.
Ons stories bemagtig ander.
Storie van Chrissie

4. WAT DOEN JY IN DIE TUSSENTYD?

Hou jou fokus op Jesus
Besluit om nie op te gee nie
Herhinner jouself aan vorige oorwinnings

Saturday, December 3, 2016

Vir ons - Wonderbaar Raadsman - 4 Desember 2016


VIR ONS
WONDERBAAR RAADSMAN – 4 DESEMBER 2016

Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors (Jes 9:5) 
“Vir ons” – maak hierdie preekreeks nie net ‘n allesomvattende “ons” gedagte nie, maar maak dit ‘n “vir MY” gedagte. Laat God toe om direk in jou lewe in te spreek in hierdie Kersseisoen.
Jesaja gee hierdie profesie ongeveer 700 jaar voor Christus se geboorte. Hoe bevoorreg is ons om te kan leef nadat hierdie profesie in vervulling gekom het!
Ons sien hoe hierdie profesie in Johannes 1 te vervulling kom:
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. (Joh 1:1-5)

Ons sien hier hoe Jesus van alle ewigheid af was, maar wat ons baie keer miskyk, is dat Hy ook van alle ewigheid af MENS was. Ons het baie keer die indruk dat Hy eers mens geword het met Sy geboorte, maar in Joh 1:14 lees ons dat Hy vlees geword het.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. (Joh 1:14)

Jesus is kom leef hier op aarde, nie net om ‘n voorbeeld vir ons te wees nie, maar ook om ‘n voorbeeld van ons te wees. Wanneer ons na Jesus en Sy lewe kyk, sien ons presies wat God met ons as mens in gedagte gehad het.
Jesaja begin met: Hy word genoem… Die Hebreeus se woord vir naam is SHEM, dit is ook dieselfde woord wat gebruik word vir Ken, Bekend staan vir, en Reputasie. Vandag kry ons baie mode name, of familie name, maar in die Bybelse tyd veral, het ‘n naam besondere betekenis gedra. Jou naam is geassosieer met wie jy is, wat jou karakter is. Daarom is hierdie profesie so belangrik. Dit voorspel vir ons Wie die Messias sou wees, wat Sy karakter sou wees en wie Hy dan ook in ons lewens wil wees.
Vandag skop ons die reeks af met die verwysing:

WONDERBAAR RAADSMAN:

Wonderbaar, is ‘n baie unieke Hebreeuse woord, wat ongelukkig in vandag se tyd ‘n baie afgewaterde woord geword het. Ons sê maklik is wonderlik, maar in daardie tyd was die woord Wonderbaar (Peile, in Hebreeus) geresserveer vir baie unieke situasies. Dit beteken: Dit waarvoor daar nie woorde is nie, dit wat nie menslik verklaarbaar is nie. Iets wat net deur God gedoen kon word. Byvoorbeeld, toe die Israeliete deur die Rooisee getrek het, is dit beskou as iets Wonderbaars.

Die woord wat in kombinasie met wonderbaar gebruik word, is Raadsman (Yaats). In Engels praat ons van Counselor. Dis soveel meer as dit wat ons vandag ken as iemand met ‘n sielkunde graad wat berading doen. In die Bybelse tyd het slegs die Koning van ‘n land die voorreg gehad om toegang te hê tot raadsmanne/beraders. Dit was die mense wat inspraak gegee het in hoe hy sy land regeer. Dit is ook dieselfde verwysing wat gebruik word vir die Wyse Manne waarvan ons lees met Jesus se geboorte.

Wanneer daardie twee woorde saamgevoeg word, ontstaan daar ‘n baie kragtige konsep: Dit beteken iemand in wie die somtotaal van alle kennis opgesluit lê. Alles wysheid, alle leiding, alle rigting, alle waarheid en alle insig is in hom opgesluit. Hy weet alles en is nooit verkeerd nie. Alle kennis oor die verlede, hede en toekoms is in Hom. Dit is wie Jesus is, en dit is wie Hy in my en jou lewe is.

Nie net weet Hy alles van ons af nie, Hy ken ook ons swakhede, ons vrese, ons pyn. Nie net weet Hy alles van dit af nie, Hy verstaan dit, en Hy gee om.

Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. (Heb 4:15)

Jesus het vlees geword, en het elke versoeking, elke vrees, angstigheid, spanning, kwaad, verwerping, pyn wat jy ook mag beleef, ook aan Sy lyf gevoel. So nie net weet Hy van alles wat jy beleef nie, Hy het eerstehandse kennis daarvan! Hy het dit in Sy lyf gedra

In Lukas 5 lees ons van hoe Jesus na Levi (wat ons vandag ken as die skrywer van die eerste Evangelie Matteus) se huis toe gaan. Levi was ‘n belasting invorderaar en hulle was bekend vir hulle skelmstreke. Saam met hulle in huis was ander tollenaars en sondaars. Jesus se volgelinge was baie ontsteld dat Hy homself openlik met sulke mense assosieer. Hy antwoord hulle op ‘n ongelooflike manier:

En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. (Luk 5:30-31)

Jesus het juis gekom na mense wat siek en ongesteld is. Hy weet ook vanoggend presies in watter area van jou lewe jy siek en ongesteld is. Nie net het Hy die insig, wysheid en kennis om te weet waar jou uitdagings lê nie, maar Hy is ook die Wonderbare Raadsman in jou lewe wat genoeg omgee om iets daaraan te kan en wil doen. Hy weet of daar fisiese of emosionele pyn by jou is. Hy weet of jy siek is in areas van verhoudings, van finansies, spanning, onvergifnis, bitterheid, kwaad. Hy weet, en Hy weet wat om daarmee te doen. Ek weet ook dat wanneer ons hieroor praat, Hy Sy vinger op daardie area druk en jou bewus maak daarvan.

Ons kyk vinnig na twee baie bekende verhale.

Eestens na die Samaritaanse vrou by die put waarvan ons lees in Johannes 4. Jesus begin met haar gesels en sê vir haar om haar man te gaan roep. Haar reaksie stel die platform vir Jesus om haar te genees.

Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier. Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ‘n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie. (Joh 4:16-17)

Sy is blatant eerlik met Hom en kies om al haar sondes, pyn tekortkoming voor Hom bloot te lê. As sy gekies het om te jok, sou dit heel moontlik die einde van hulle gesprek gewees het. Jesus, as die Wonderbare Raadsman, spreek in haar lewe in en volmaakte genesing vind plaas. Sy gaan daar weg as ‘n vry mens en gaan vertel vir almal wat Jesus vir haar gedoen het.

Die tweede verhaal is die verhaal van die ryk jong man wat ons in Markus 10 lees. Hierdie man kom vra vir Jesus wat hy moet doen om die koninkryk te mag ingaan. Jesus antwoord dat hy alles moet verkoop en hom volg. Het Jesus ‘n problem gehad met die feit dat die jong man baie geld gehad het? Nee, Jesus het geweet dat dit ‘n area is waarin hy genesing nodig gehad het, en omdat Hy homso bitterlik lief het, druk Jesus Sy vinger daarop. Ons lees

En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. (Mar 10:21-22)

Hoekom het hy nie kwaad geword en met Jesus daaroor onderhandel nie? Hy het hartseer geword, want hy het geweet Jesus is reg.

Wanneer jy sê ek het areas in my lewe wat ek weet nie gesond is nie en wat genesing nodig het, vra dit eerstens dat jy brutaal eerlik met die Here sal wees en Homs al toelaat om as Wonderbare Raadsman in jou lewe in te spreek. Dis belangrik om te hoor wat Hy daaroor te s En laastens, is dit nodig dat jy dan sal doen wat Hy vir jou sê om te doen. Wanneer jy dokter toe gaan, is dit belangrik dat jy sy instruksies sal volg.

Die Here se hart vir ons is nog altyd dat ons lig en vry sal leef. Hy ken jou, Hy weet wat jy beleef en Hy is lief genoeg vir jou om vir jou genesing te bring in watter area jy dit ookal nodig het.















Saturday, November 26, 2016

Kampvuur stories 4 - Die vyf verstandige en vyf onverstandige meisies



Hierdie in ons laaste van ons reeks oor kampvuur stories, vat ons verskeie stories in die skrif, wat Jesus gebruik het om met die mense van Sy tyd te praat. Wat beteken dit vir my en jou? Die gedagte is dat ons sal lief word vir die Woord.

Wanneer Jesus hierdie stories vertel het ons nodig om te weer hoe die Bybel werk (wat ons in week een gedoen het), dat hierdie boek gaan oor Jesus en Jesus gaan oor jou...

Drie brille om deur te kyk:
Voorbereiding tot Christus
Voorbeeld as Christus
Vervulling van Christus in my en jou(Perspektief vanuit Christus)

Vandag se storie vind ons in Mattheus 25. Hierdie storie vertel Jesus as deel van een lang profetiese woord wat begin in Mattheus 24 gaan oor die vernietiging van Jerusalem 70 nC. Soos in ons eerste storie is hier weer ʼn storie oor die koninkryk van die hemel wat vergelyk word met vyf verstandige meisies en vyf onverstandige meisies (Vertel Matt 25 se storie)

Mat 25:1-13 ANV  "Dan sal dit met die koninkryk van die hemel gaan soos met tien meisies wat hulle lampe gevat het om die bruidegom te gaan inwag.  (2)  Vyf van hulle was onverstandig en vyf verstandig.  (3)  Die onverstandiges het hulle lampe gevat maar nie ekstra olie met hulle saamgevat nie,  (4)  terwyl die verstandiges saam met hulle lampe ook nog olie in houers gevat het.  (5)  Toe die bruidegom lank wegbly, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.  (6)  In die middel van die nag was daar 'n geroep: 'Hier kom die bruidegom! Gaan hom tegemoet!'  (7)  Toe staan al die meisies op en maak hulle lampe reg.  (8)  Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: 'Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.'  (9)  Maar die verstandiges antwoord: 'Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.'  (10)  Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.  (11)  Later kom die ander meisies ook daar aan en roep: 'Meneer, Meneer, maak vir ons oop!'  (12)  Maar die bruidegom antwoord: 'Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!'  (13)  Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.

Matt 24 en 25 is een van drie skrifgedeeltes wat die vernietiging van Jerusalem in 70 nC verduidelik en Jesus wat kom as Regter omdat Israel Hom verwerp het. Hy handel die ou verbond (die probeer om die Here te impress af) en sê ek en jy is deel van ‘n nuwe verbond (ons is gemaak om te heers in hierdie lewe, Hy is ons ouer broer). Hy sê die koninkryk het naby gekom (Matt 4:17), hierdie koninkryk waarvan ek en jy die ambassadeur is, dit is aan ons gegee (Luk 22:29-30) Want direk na hierdie vernietiging (wat gebeur het soos Jesus dit gesê het - Mat 24:34 ANV  Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur) is daar ‘n bruilof wat die koninkryk van die hemel (die denkwyse van Christus) vestig deur die bruid (kerk) van Christus.

Dit is die tweede keer in Mattheus dat Jesus vertel oor die bruilof, ons lees die eerstekeer van dit in Mattheus 22:1-14. Hier berei ‘n pa vir sy seun ‘n bruilof voor en nooi al die gaste. Hierdie is ‘n verteenwoordiging van God die Vader en Sy Seun wat die evangelie bring vir die Jode. Opdrag vir Evangelie aan Jode…

Mat 10:5-7 ANV  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee: "Moenie met 'n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in 'n dorp van die Samaritane ingaan nie.  (6)  Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe.  (7)  Gaan verkondig: 'Die koninkryk van die hemel het naby gekom.'

maar elkeen van hulle het ‘n verskoning gehad, maar dan sê die Vader… 

Matt 22:7-9 ANV  Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek.  (8)  Toe sê hy vir sy slawe: 'Alles staan klaar vir die bruilofsfees, maar die genooides was dit nie werd nie.  (9)  Gaan nou uit na die straathoeke en nooi soveel mense as wat julle teenkom, na die bruilofsfees toe.'

Iets van hierdie uitnodiging sien ons gebeur in Antiogië…Paulus en Banabas maak ‘n uitspraak

Hand 13:44-47 ANV  Die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van die Here te hoor.  (45)  Toe die Jode die groot opkoms sien, is hulle met afguns vervul en het hulle telkens Paulus se woorde teëgespreek en hom beledig.  (46)  Paulus en Barnabas het reguit vir hulle gesê: "Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie,  (47)  want so lui die Here se opdrag aan ons: Ek het U gegee as 'n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde."

Met hierdie agtergrond kan ons die storie van die 10 meisies verstaan…

Mat 25:1-13 ANV  "Dan sal dit met die koninkryk van die hemel gaan soos met tien meisies wat hulle lampe gevat het om die bruidegom te gaan inwag.  (2)  Vyf van hulle was onverstandig en vyf verstandig.  (3)  Die onverstandiges het hulle lampe gevat maar nie ekstra olie met hulle saamgevat nie,  (4)  terwyl die verstandiges saam met hulle lampe ook nog olie in houers gevat het.  (5)  Toe die bruidegom lank wegbly, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.  (6)  In die middel van die nag was daar 'n geroep: 'Hier kom die bruidegom! Gaan hom tegemoet!'  (7)  Toe staan al die meisies op en maak hulle lampe reg.  (8)  Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: 'Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.'  (9)  Maar die verstandiges antwoord: 'Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.'  (10)  Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.  (11)  Later kom die ander meisies ook daar aan en roep: 'Meneer, Meneer, maak vir ons oop!'  (12)  Maar die bruidegom antwoord: 'Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!'  (13)  Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.

Wat beteken maagdelikheid?

Eph 5:25-32 MSG  Husbands, go all out in your love for your wives, exactly as Christ did for the church--a love marked by giving, not getting.  (26)  Christ's love makes the church whole. His words evoke her beauty. Everything he does and says is designed to bring the best out of her,  (27)  dressing her in dazzling white silk, radiant with holiness.  (28)  And that is how husbands ought to love their wives. They're really doing themselves a favor--since they're already "one" in marriage.  (29)  No one abuses his own body, does he? No, he feeds and pampers it. That's how Christ treats us, the church,  (30)  since we are part of his body.  (31)  And this is why a man leaves father and mother and cherishes his wife. No longer two, they become "one flesh."  (32)  This is a huge mystery, and I don't pretend to understand it all. What is clearest to me is the way Christ treats the church.

Die ontdekking dat ek een is met Hom en Hy het alles met my kom doen.

Wat is onverstandig en verstandig?

Mat 7:26-29 ANV  En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het.  (27)  Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes."  (28)  Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig,  (29)  want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

Wanneer ons fokus skuif van Christus na ander uitsprake behalwe Sy uitspraak oor my lewe ...val my huis inmekaar, ek verloor gesag en ek glo die leuen meer as die waarheid....dit is ʼn teken van onvolwassenheid...ek het nodig om te groei.

Om verstandig te wees is om te groei in volwassenheid en te besef ek is lig in die donkerste tye...Bianca help ons om te verstaan wat beteken volwassenheid vanuit die boek van Hooglied. Lees meer hieroor op www.biancasteffen.co.za 

Hy sluit hierdie gedeelte af met die woord WAAK wat beteken om te beskerm of wees wakker...Paulus verduidelik waak aan die mense in Fillipense dit so

Php 1:9-11 MSG  … Live a lover's life, circumspect and exemplary, a life Jesus will be proud of:  (11)  bountiful in fruits from the soul, making Jesus Christ attractive to all, getting everyone involved in the glory and praise of God.

Leef jou lewe as iemand wat smoor verlief op Christus is sodat Hy kan terugkom.

Saturday, November 19, 2016

Kampvuurstories: Die verlore muntstuk



Kampvuurstories 
Die verlore muntstuk

Jesus vertel drie gelykenisse om die waarde van ons as mens te verduidelik.

Die stories gaan oor Jesus wat ons so waardevol sien, dat Hy alles los om om ons te soek.

Lees hierdie storie in Luk 15.

Die herstel van die mens tot sy oorspronlike waarde.

Luk 15:4 “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
8 “Of veronderstel ’n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie ’n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie?

Sien in die volgende twee verse die desperaatheid van Jesus om ons te vind. Hy gee nie op nie.

Hy wil jou herstel tot die oorspronklike JY oor wie God gedroom het.

God  het die mens goed gemaak.

Maar die mens het gekies:
Om weg te beweeg en minder goed te wees.
Om nie ten volle mensewees wees nie.
En minder hulle ware self te wees.

Jesus reik eerste na jou uit.
Matt 5:45 Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.

1 Joh 4:10:10 Dít is volmaakte liefde:
nie dat ons vir God
liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het
en sy Seun as versoeningsoffer
gestuur het om ons sondes weg te neem.

Jy is so belangrik vir Hom en Hy het so begeerte dat jy die volheid van menswees beleef, dat Hy ‘n jou uitreik waar jy is.

Waar jy:
in jou krisis is
in jou sonde is
in jou ongeloof is

Voorbeeld vanuit die verhaal van die Samaritaanse vrou.

Joh 4 7 ’n Samaritaanse vrou kom toe daar aan om water te skep. Jesus vra haar: “Gee vir My asseblief water om te drink.” 8 Sy dissipels was toe nog in die dorp om kos te gaan koop.
9 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe op aarde vra jy wat ’n Jood is, van my wat ’n Samaritaanse vrou is, water om te drink?” Jode wou immers niks met Samaritane te doen hê nie. 10 Jesus het daarop reageer: “As jy maar net hierdie gawe van God vir jou geken het,

Sy het nie gevoel sy verdien Jesus se omgee liefde nie.

Tog gee Jesus die eerste tree. 
Inteendeel was Jesus se woorde: As jy maar net hierdie gawe van God vir jou geken het,

Hy vind haar in haar ergste krisis.

In haar belewenis ervaar sy nie veroordeling nie maar eerder vryheid.

Sien haar reaksie
Joh 4:29 “Kom kyk self – ’n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie dalk die Messias nie?” 30Die inwoners het toe van die dorp af na Jesus toe begin stroom.
Hy vind haar op die laagte plek in haar lewe.
Jesus openbaar aan haar waar sy nou is, maar sy beleef geen veroordeling nie.

As Jesus betrokke raak
Joh 1:14 En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.
14The Word became flesh and blood,
and moved into the neighborhood.
We saw the glory with our own eyes,
the one-of-a-kind glory,
like Father, like Son,
Generous inside and out,
true from start to finish.

Jesus kom in liefde, goedheid en waarheid.
Geen wonder Johannes verduidelik Jesus se karakter as die van waarheid en genade nie.
John 1:16 Uit sy volheid het ons almal ’n oorvloed genade ontvang. 17Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.

As waarheid alleen was
Het die mens net sy foute besef.
Het hy veroordeel gevoel.

As Genade alleen was.
Het die mense nooit tot sy volle menswees gegroei nie.
Die Samaritaanse vrou beleef Jesus se Genade en waarheid en daarom ervaar sy verlossing.

Genade
Sy beleef nie veroordeling nie, sy beleef net onvoorwaarlike liefde.
Sy beleef Sy omgee.

Waarheid
Tog ook ervaar sy Jesus se inspraak wat waarhede aan haar openbaar.
Hierdie leefstyl steel van jou, jou ware menswees.
Sy ervaar hoop.  Sy weet nou sy is nie bestem vir so ‘n lewe nie.
Sy is nie n gevangene nie van haar verlede nie.

Net so raak Jesus ook betrokke in ons lewe en ervaar ons genade en waarheid.

Saturday, November 12, 2016

Kampvuurstories: 2 Die Saaier



Kampvuurstories: 


God is teenwoordig in Sy Woord. Maar Sy teenwoordigheid lê nie in die fisiese objek van die Bybel nie. Dit word 'n werklikheid elke keer wanneer die Gees God se woord lewend maak. So word God teenwoordig in die lewe van elke gelowige deur sy Woord. Dan luister ons met die ore van die hart (St Benediktus).

Jy moet toelaat dat jy in die woord kom en die woord in jou.

Lees Matt 13 en maak jou hart oop om te leer hoe leef mens in die Koninkryk van God.

https://www.youtube.com/watch?v=MRehBbBTxbQ

In Matt  13 vertel Jesus n paar gelykenisse, onder andere die verhaal van die saaier.

Hy vertel gelykkenisse om ons prakties te leer van die Koninkryk van God.

Matt 13:10 Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: “Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?”
Jesus se antwoord:
11Hy antwoord hulle toe: “Omdat julle bevoorreg word om die gehei.me van God se koningsheerskappy te verstaan. Húlle word nie so bevoorreg nie. 12 Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê

Wat bedoel Jesus met die begrip Koningsheerskappy.

Ek is die Koning van ‘n Koningkryk binne die wêreld.

Fil 2:9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11 en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. Koning oor alles.

Ons moet ons self sien as deel van ‘n nuwe koninkryk en Christus se heerskappy toelaat in ons lewe.
Jesus as Koning van jou lewe, wil Hy jou help om jou lewe uitdrukking te gee aan jou ware indentiteit in Christus.

Hy daag ons uit om Hom toe te laat om ons te lei, met die gelykkenis van die saaier.

Op die pad

Matt 13:4 “n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai. 4In die saaiproses het party van die saad op ’n voetpaadjie geval en die voëls het dit kom oppik
Jesus se verduideliking:
19 Hulle by wie die saad op die voetpad gesaai is, is elkeen wat die boodskap van God se koningsheerskappy hoor, maar dit nie begryp nie. Die Bose kom en roof wat in hulle harte gesaai is

Les: Moenie jou hart verhart en nie toelaat dat Jesus se genade jou Sy kind maak nie.
Sy liefde roep jou om jou lewe vir Hom te gee.
Vertrou Hom.

Tussen die klippe 

 Matt 13:5’ n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet. 6 Maar toe die son warm begin bak, het dit verlep en omdat dit nie diep wortelgeskiet het nie, het dit toe heeltemal verdroog.

Jesus se verduidelikking:

Matt 13:20 Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir ’n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof

Les: Jesus wil nie net jou redder wees nie, maar die Here van  jou lewe.

  • Jy is nie bestem om buite jou ontwerp te leef nie.
  • Herinner jouself aan wie jy nou is.
  • Laat Hom toe om jou te leer oor ‘n nuwe wyse van leef binne die Koninkryk van God.
  • Moenie stagneer nie.

Rom 8: 9 Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon.

Tussen die doring

7 Nog ’n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik
22 Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug.

Les: Bewaar die waarheid in jou hart.

  • Moenie terugval na jou ou gewoontes of sienwyses nie.


Matt 13:8 Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het ’n oes voortgebring, party 100 maal, party 60 maal en party 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.

Jesus se verduideliking:

Matt 13:23 Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is dié wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ’n oorvloedige oes voort: 100 of 60 of 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.”

Hoor die boodskap.
Verstaan die boodskap – Geloof, dit raak jou waarheid.
Jou lewenswyse kom in lyn met die boodskap.

1. Vertrou die Here en tree in gehoorsaamheid op.
Bv. As hy ‘n opdrag gee, gaan en vergewe doen dit dadelik.

2. As Jesus jou karakter wil vorm.
Sien jouself in Christus

Bou dinge in om ‘n nuwe gewoonte deel te maak van jou lewe.
Bv. Begin in blydskap wandel –
Die aktiwiteit om die gewoonte aan te leer: Maak vir n maand n dankbaarheidlyse.

Matt 13: 16-17 “But you have God-blessed eyes—eyes that see! And God-blessed ears—ears that hear! A lot of people, prophets and humble believers among them, would have given anything to see what you are seeing, to hear what you are hearing, but never had the chance.

Saturday, November 5, 2016

Kampvuur stories 1 – Die Wingerd

Hierdie week skop ons af met ons kampvuur stories reeks waar ons verskeie stories in die skrif, wat Jesus gebruik het om met die mense van Sy tyd te praat ...gaan bestudeer.
Terwyl ons hierdie reeks ontwerp het was dit ons begeerte dat ek en jy lief sal word vir die woord....

Hoe kyk ek na die gelykenisse wat Jesus vertel het en wat leer ek uit hierdie stories?

Om hierdie vraag te antwoord het ek nodig om te weet dat die Bybel vir my en jou gaan oor Jesus en Jesus gaan oor jou...as dit dan die waarheid is ...

Hoe lees ek nou my Bybel ?

- Genesis tot Ester – Geskiedenis van die volk Israel (God se volk) in die geskiedenis is die wet.
- Die wet is gegee om te wys hoe ‘n (ter voorbereiding)gemeenskap moet wees voor die openbaring van Christus.
- Wysheidsliteratuur – Job tot Spreuke – Hulle verhouding met God
- Profete – res van ou Testament boeke – implikasies van wat ons kan verwag (Christus)
- Evangelies – Jesus as die voorbeeld vir my en jou
- Briewe – My en jou deelname in Christus

Drie brille om deur te kyk: 
Voorbereiding tot Christus
Voorbeeld as Christus
Vervulling van Christus in my en jou(Perspektief vanuit Christus)

Vandag se storie vind ons in Mattheus 20 wat net deur Mattheus vertel word....hierdie is die 40ste gelykenis wat Jesus vertel en gaan oor die koninkryk van die hemel wat vergelyk word met ʼn wingerd....

Mat 20:1-16 ANV  "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.  (2)  Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk.  (3)  Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan,  (4)  en hy sê vir hulle: 'Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.'  (5)  Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen.  (6)  Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: 'Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?'  (7)  Hulle antwoord hom: 'Omdat niemand ons gehuur het nie.' 'Gaan werk julle ook in my wingerd,' sê hy toe vir hulle.  (8)  Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: 'Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.'  (9)  Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon.  (10)  Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon.  (11)  Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla  (12)  en sê: 'Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.'  (13)  Maar hy antwoord een van hulle: 'Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?  (14)  Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.  (15)  Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?'  (16)  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste."

Hoekom het Jesus hierdie gelykenis vertel?

Hierdie gedeelte word voorafgegaan deur die gelykenis van die ryk jong man wat by Jesus kom en vra:

Mat 19:16-17 ANV  Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: "Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"  (17)  Hy het vir hom gesê: "Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie."

Wat beteken die onderhou van die gebooie?

‘n Ou Testament en ‘n Nuwe Testament
Ou Testament is gekryf in Hebrews en regdeur die ou Testament word die woord “berit” wat beteken “verbond” of “ooreenkoms”.  An “agreement” gebou op die fondasie van: “As jy doen …sal Ek doen”. ‘n goeie voorbeeld daarvan is Deuternomium 28…. Dit het sekere uitdagings gebring… as jy nie doen nie dan is jy vervloek, maar as jy doen is jy geseën. Die Ou Testament profete het begin profeteer van ‘n nuwe verbond.
Nuwe Testament is geskryf in Grieks en in die nuwe Testament word die woord “diatheke” dit word nie gebruik as ‘n ooreenkoms nie maar eerder ‘n erfgenaamskap. Dit is hoekom die ou verbond en die nuwe verbond nie dieselfde is nie. Die vertalers van die Nuwe Testament het partykeer gesukkel om dit te vertaal want hulle was gewoond aan die “ou verbond” so partykeer in die Nuwe Testament sal jy die word “verbond” of “Testament” kry. Die vertaan van die nuwe verbond/testament is dat iemand voor ons uitgegaan het en hierdie ooreenkoms vervul het en gesterf het sodat ek en jy kan erf.

Heb 7:22  ANV So het Jesus ook van 'n beter verbond borg geword.

Heb 7:22 MSG  This makes Jesus the guarantee of a far better way between us and God--one that really works! A new covenant.

Ek is nie die waarborg van hierdie nuwe verbond nie maar Christus is. Dit beteken ek kan niks doen om die ewige lewe te verdien nie.

Jesus se doel was tweeledig: om herstel te bring van die bloudruk van God se beeld en gelykenis in menselike vorm en om die wêreld vry te maak van probeer. Die Bybel is nie ‘n handleiding vir lewe nie, dit is ‘n spieel wat ons ware identiteit onthul.

Hy probeer om hierdie vir sy dissipels te leer. Hoor wat vra hulle Hom...

Mat 19:25-30 ANV  Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: "Wie kan dan gered word?"  (26)  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: "Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik."  (27)  Toe sê Petrus vir Hom: "Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?"  (28)  Jesus antwoord hulle: "Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer.  (29)  En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.  (30)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste."

Wanneer word alles nuut gemaak?

Jes 5:1-7 ANV  Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd: Hy wat ek liefhet, besit 'n wingerd op 'n vrugbare heuwel.  (2)  Hy het die grond omgespit en die klippe verwyder, dit beplant met veredelde wingerdstokke. Hy het 'n wagtoring daarin gebou en 'n parskuip uitgekap. Hy het verwag dat dit goeie druiwe sou dra, maar toe bring dit druiwe voort wat suur bly.  (3)  En nou, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, beslis tog tussen My en my wingerd.  (4)  Wat kan Ek nog vir my wingerd doen wat Ek nie reeds gedoen het nie? Wat is dan die rede dat dit suur druiwe voortgebring het terwyl Ek verwag het dat dit goeie druiwe sou dra?  (5)  Ek maak julle nou bekend wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek gaan die doringheining verwyder en verbrand, sy muur afbreek, sodat die wingerd vertrap kan word.  (6)  Ek gaan hom tot niet maak. Hy sal nie meer gesnoei of geskoffel word nie, maar ingeneem word deur doringbosse en onkruid. Ek sal die wolke verbied om daarop te reën.  (7)  Die wingerd van die Here die Almagtige, die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig, is die Israeliete, die volk van Juda. Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.

Jesus verduidelik dat Hy sou kom vir die Israeliete maar hulle het Hom verwerp nou word Jerusalem vernietig saam met die godsdienstige sisteem en die beeldspraak wat ons van lees in Openbaring (Open 5-20). Die ou verbond sal afgehandel wees en die nuwe verbond sal die manier van leef wees (2 Kor 3). Jerusalem is 70 nC vernietig omdat hulle Jesus verwerp (Joh 19:15) het en hulle verklaar het hulle het geen Koning nie. Want Jesus het eerste vir die Jood (Rom 1:16) gekom maar hulle wou Hom nie gehad het nie toe kom Hy na my en jou. Hulle wat eerste was sal dan laaste wees en ek en jy wat laaste was sal eerste wees.

Rom 1:16 ANV  Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.

Nou antwoord Jesus die dissipels deur die gelykenis...

Mat 20:1-16 ANV  "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. ...

Hy begin deur die Koninkryk van die hemel te verduidelik...

Wat is die Koninkryk van die hemel?

Matt 21:43-44 ANV Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer.  (44)  Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.“ (Dan 2)

Mat 4:17 ANV  Van toe af het Jesus begin preek en gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom."

Die koninkryk van die hemel is nie ver eendag nie in Jesus se tyd het dit naby gekom.

Luk 22:29-30 ANV  Net soos my Vader 'n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek 'n koninkryk aan julle,  (30)  sodat julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer."

Met die vernietiging van Jerusalem is die nuwe verbond die vertrekpunt vir elke gelowige wat homself in Christus sien. Dit beteken die oorspronklike plan van God (Gen 1-3) het in werking getree. Ons denkwyse van hemel moet verander....
Ons dink ons kom van die hemel af en eendag is dit ons eindbestemming, maar die waarheid is ek en jy is gemaak van goddelike saad (Joh 3:3 MSG) en ons is veronderstel om te heers op hierdie aarde nie eendag nie....dit is wat Jesus kom herstel in ons posisie van gesag en outoriteit om hemel op aarde te vestig sodat Jesus kan terugkom. Dit is ons verantwoordelikheid.

Wat is die beginsel van Koninkryk dan?

Mat 20:1-16 ANV  …(12)  en sê: 'Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.'  (13)  Maar hy antwoord een van hulle: 'Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?  (14)  Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.  (15)  Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?'  (16)  So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste."

Die Koninkryk is ‘n plek van onverdiende genade en God se goedheid. Ek en jy is die ambassadeurs daarvan.

Efe 2:6-7 ANV  Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,  (7)  sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.

Nagmaal