Saturday, December 24, 2016

Vir Ons - Vrede




Die storie van Jesus

Daar is al n opgewondenheid en afwagting geskep oor Kersfees vanaf November.
Boney M kry nuwe betekenis.
Spyskaarte word beplan.

Tussen-in is daar stemme wat roep, bring Christus weer terug in die Kersfeesstorie.

Ek het gewonder of die Kersfeesviering nie eerder deel van die storie van Jesus is nie?

Jesus is meer as net nog ‘n karakter in die Kersverhaal. Die Kersdag is eerder n moment in die storie van Jesus.

Die storie is Jesus se storie en die karakter van Jesus word deur Jesaja soos volg beskryf beskryf.

Jes 9:5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.

En in die verhaal van Jesus moes Hy as Koninklike-redder ons kom bevry.

Jes 9:1 Die mense
wat in die donkerte geleef het,
sal ’n groot lig sien.
2 ....soos mense bly is
tydens die oestyd,
soos soldate
bly is oor die buit.
3 Want God sal die kettings
wat sy volk vasbind
en die sweep
waarmee hulle geslaan is,
stukkend breek.
4 In daardie dag van vrede

Die verhaal gaan oor God wat die wêreld as ‘n mens betree om ons te kom red van onsself. Hy het die mense te kom herstel na God se oorspronklik plan.

CS Lewis stel dit as volg "The Son of God became a man to enable men to become sons of God."

In Gen 1-3 Kom Stel God die mense aan om te heers

Adam verloor ons heerskappy en bring ons in n posisie van verlorenheid, ‘n posisie  van afstand ontstaan tussen ons en God.
God spreek in Genesis ‘n woord dat Hy ‘n mens (Jesus) sal stuur om  ons posisie te herstel.

God stuur Jesus om mens te word, sodat verlossing vir ons bewerk kon word.

Daarom dan dat die woorde van die engele aan die herders was dat daar ‘n VERLOSSER gebore is.

Luk 2:10 ... Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! 11 Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!

Christus word deel van ons storie sodat ons deel van Sy storie kan word.

Die eerste groep wat die nuus hoor van Jesus se geboorte was die herders.

Luk2: 8 Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het. 9 Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10 maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

Die boodskap begin persoonlik: Julle is ingesluit: . “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

Die boodskap is aan die Herders: Die groep wat dit die minste in die oë van die volk sal verdien.
Dit roep dat almal wat dit die minste verdien ingesluit is.

Jesus word deel van ons storie sodat ons uitgenooi word om deel van Sy storie te word.

Jes 9:6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.

Luk. 1 31 Hy het jou uitgekies vir ’n spesiale taak: jy sal binnekort begin verwag. Een van die dae sal jy ’n Seun in die wêreld bring. Jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal baie belangrik wees; so belangrik dat Hy die Seun van die allerhoogste God genoem sal word. 33 Die Here God sal Hom aanstel om te heers oor die koninkryk van sy voorvader Dawid. Jesus sal vir altyd oor Israel regeer. Sy koningskap sal nooit ophou nie; nooit nie.”

Hy word deel van jou storie sodat jy redding en herstel kan beleef.

  • Herstel om weer jou posisie van heerskappy in te neem.
  • Herstel tot jou oorspronglike “design”.


Elke keer as jy  volgens Sy inspraak lewe.
Elke wanneer jy toelaat dat Sy stem jou rigting bepaal.

Wanneer jy deel van Sy storie raak, beleef jy ware vrede en lewensvervulling, want jy leef nou volgens Wie jy waarlik is.

No comments:

Post a Comment