Saturday, July 22, 2017

Time Out 4 Laat God jou lei.


Time Out. Laat God jou lei.

Luk 5 vertel die verhaal van Jesus wat betrokke geraak het in Simon se lewe.
Jesus se betrokkenheid het die rigting van sy lewe verander.

Jesus raak betrokke in Simon se elke dag lewe.

Luk. 4:38 Nadat Hy die sinagoge verlaat het, is Jesus na Simon se huis waar Simon se skoonma baie siek met ’n hoë koors was.  “Maak haar asseblief gesond,” het almal gesmeek.
39 Hy het by haar bed gaan staan, die koors bestraf, en sy het dadelik gesond geword.  Sy het onmiddellik opgestaan en ’n maaltyd vir hulle voorberei.


  • Jesus kom in sy huis, eet sy met Hom, maak sy skoonma gesond.
  • Ook in sy werksomgewing. 


Luk 5:4 Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Vaar nou dieper in en gooi julle nette uit om te vang.”

Jesus wil ingeweef wees in ons lewe 

Eintlik som Paulus Jesus se betrokkenheid in ons lewens op in Hand 17:25 ...Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee.

28. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee.


  • ‘n Belangrike beginsel is dat Jesus ontmoet ons waar ons nou is. 
  • God beweeg in ons wêreld. God in ons en ons in God 

Maar ons kan slegs ‘n fraksie verstaan van God. God is soveel groter as ons denke en ons verstaansvermoë.

Waarom is dit belangrik?

Sodat ons God kan toelaat om waarlik God in ons lewe te wees.

 Ex 3 : 13 Hulle sal vra: ‘En wie is Hy eintlik?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?”
14 God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.’”

Hy is ... 

  • Wat ek al ontdek het en 
  • Hy is soveel wat ek nog nie ontdek het nie.


Die Onse Vader verwys hierna. 

Matt. 6:10 Ons Vader in die hemel, - Hy is ons Vader
laat u Naam geheilig word. – Jy is ook Heilig

Heilig – Hagios – anders as enige iets anders (onbeskryflik)

Rom 11 ’n Loflied oor God se grootheid
33Niemand in die hemel of op die aarde het soveel wysheid en insig soos God nie. Wie kan dit waag om God se oordeel te bevraagteken? Wie is in staat om sy optrede te verklaar? 34 Wie ken God se planne? Is daar iemand wat vir Hom kan voorskryf wat om te doen? 35 Is daar iemand wat vir God ’n guns bewys het, sodat Hy iets aan hom moet terugdoen? 36 Van God af kom alles wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om sy Naam groot te maak. Vir altyd. Ja en amen!

As jy verstaan dat God soveel meer is as jou perspektief dan sal jy Hom toelaat om jou te lei. Jy sal hom volg al maak dinge nie sin nie.
Jesus gee juis ‘n opdrag aan Simon wat buite sy raamwerk van denke en verstaan was.
 Luk 5:4 Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Vaar nou dieper in en gooi julle nette uit om te vang.”
5 “Meneer,” het Simon geantwoord, “ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie. Maar as u so sê, sal ons weer probeer.
Maar – Ek sal doen al maak dit nie sin nie.

Simon maak sy hart oop vir inspraak van die Here.

Joh 10:16 Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.
27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.

“Pause” en luister na Sy stem. 

Stop, groei verander en doen.

Hoe klink die Herder se stem?
Dit is belaai met vrede Kol 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee.
Dit inspireer jou deur jouself in Christus te ontdek.
Dit is soms anders, buite jou raamwerk van dink. Kreatief
Dit is spontaan, ‘n bewustheid in jou gees.
Dit inspireer jou uit om goed te doen, ʼn verskil te maak.
Dit gee uitdrukking aan liefde.
Dit bring groei mee, sodat jy meer word soos wie jy in Christus is.

God praat wyer as net die antwoorde waarna ons opsoek is.

Luk 5:10 Jesus het vir Simon geantwoord: “Moenie bang wees nie! Van nou af sal jy mense vang!” 11 En toe hulle aan wal kom, het hulle alles net so laat lê en Jesus gevolg.

  • Hy is betrokke in jou lewe,
  • En daag jou uit om betrokke te wees in SY storie. 


Dit is tyd om te reageer. Om gehoorsaam te wees.

Luk 5:4 Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Vaar nou dieper in en gooi julle nette uit om te vang.”
5 “Meneer,” het Simon geantwoord, “ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie. Maar as u so sê, sal ons weer probeer.
10 ... Jesus het vir Simon geantwoord: “Moenie bang wees nie! Van nou af sal jy mense vang!”
11 En toe hulle aan wal kom, het hulle alles net so laat lê en Jesus gevolg.

  • Rig jou lewe volgens dit wat die Here in jou hart losmaak. Simon los alles en volg Jesus. 


Die eindprentjie:

Luk 5: 6 En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het! 7Hulle het hul maats in die ander skuit geroep om te kom help en gou was albei skuite so vol vis dat dit amper gesink het.

  • In Hom is daar oorvloedige lewe.



No comments:

Post a Comment