Saturday, August 5, 2017

Vrygewig 1: Dit is wie jy is!



Vrygewig 1: Dit is wie jy is!

Vir die volgende 4 weke gaan ons saam op ʼn reis om te groei in vrygewigheid.

Die vertrekpunt is ʼn ontdekking van wat ek in Christus het.

Matt 13: 44 “God se koninkryk is soos ’n skat wat in ’n stuk grond weggesteek lê. Iemand kry dit daar, maar steek dit dadelik weer weg. Oorstelp van blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie stuk grond.”


  • Ons moet die “skat” ontdek wat ons in Christus het.
  • Hierdie skat word nie gemeet volgens ‘n prys nie, maar volgens waarde.


2 Kor 8:9 Julle ken die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

1. Christus het Homself gestroop van sy rykdom sodat ons deur Hom waardevol kan wees.

Die Engelse woord Generosity: Is afgelei van ‘n Latyns begrip. Iemand wat gebore is in ‘n koninklike huis.
Ons is waardevol – kinders van God

Les: Met Jesus aan ons kant is ons waardevol en het ons genoeg.

2. Ek is ‘n koningskind – Ons dra die DNA van Jesus. Deel van Jesus se karakter is vrygewigheid.
Hy doen nie net goeie dade nie, dit is deel van wie Hy is.
Ontdek hierdie karakter in jou.
Ek is vrygewig.

3. Ontdek God se goedheid. 

Hebr 13 5-6 Don’t be obsessed with getting more material things. Be relaxed with what you have.

Moenie die las alleen dra nie. 

Since God assured us, “I’ll never let you down, never walk off and leave you,” we can boldly quote, God is there, ready to help; I’m fearless no matter what. Who or what can get to me?

Hierdie waarheid breek gierigheid. Gedagtes soos: 

Ek het nie genoeg nie.
Ek moet vashou aan wat ek het.
Die wêreld skuld my.

Ek glo Jesus sal vir my sorg

2 Kor 9:8 En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Hy sorg vir wat ek nodig het, maar gee meer as wat ek nodig sodat ek kan uitdeel aan ander.

Hierdie meer as wat ek nodig het sluit die volgende in:

Talente
Tyd
Goeie dade
Geld

Om ʼn verskil te maak met die “meer as genoeg” (vrygewigheid)

Vertel Jesus 3 Stories in Matt 6
Matt 6:19 “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. 20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. 21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
22 “Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word. 23 Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!
24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik

Wat beteken dit om skatte op aarde bymekaar te maak?
1. Die vuil oog verwys na selfgerigtheid
2. Geldgod, Mammon verwys na vertroue in jouself.

Jesus leer ons om nie vir jouself te leef nie en nie op jouself te vertrou nie. Jy moet op Hom te vertrou en met vrygewigheid leef.

Die resultaat is: 
“Ewigheidsopbrengs”
En innerlike lewe

“Ewigheidsopbrengs”

ʼn Lewe van vrygewigheid se rimpel effek is veel wyer as wat ons sien.

Matt 25: 37“Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?’ 40En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’


Innerlike lewe

Spreuke 19:17 (ANV)  Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
(MSG)  Mercy to the needy is a loan to GOD, and GOD pays back those loans in full.

1Timótheϋs 6:17 - 19  Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry

Daar is niks wat soveel geluk, emosionele vreugde, en ʼn gevoel van sinvolheid gee, as om vrygewig te lewe nie.
Dit maak my dankbaar vir wat ek het.
Spr 11:24 Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. 25 Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les,is self altyd verkwik.

Jou saad berei die oes voor.

No comments:

Post a Comment