Saturday, August 19, 2017

Vrygewigheid 3: Geloof


Vrygewigheid 3: Geloof 

Vrygewigheid is uitdagend, dit verg GELOOF, maar elke daad van vrygewigheid, is gelaai met belofte.

Gebeure hou ons vas dat ons baie maal nie ʼn stap in geloof waag nie, byvoorbeeld:

Verliese laat ons baie maal vashou aan wat ons het vir  ingeval daar dalk nie môre genoeg is nie,
of ek voel ek het self my eie suksesse bereik.

Luk. 12:19 (Boodskap) Ek kan myself op die skouer klop en sê: Mooi so! Jy het nou so baie geld en besittings dat jy dit nooit kan uitleef nie. Gaan geniet nou jou lewe. Hou partytjie. Gee jou oor aan drank en plesier. Doen net wat jy wil. Jy verdien dit mos.’

Vrygewigheid begin by dankbaarheid en dankbaarheid bou geloof

Deut. 15 vers 1-11 daag die volk Israel uit om vrygewig te lewe.

Deut. 15:15 Onthou dat jy ook ’n slaaf was in Egipte en dat die Here jou God jou bevry het. Dit is waarom ek hierdie bevel vandag aan jou gee

  • Onthou wat Jesus vir jou gedoen het.
  • Onthou alles wat jy het en is alleen Sy genade.

1 Kor. 15:10 Maar deur God se genade is ek wat ek vandag is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.

Dankbaarheid laat jou help om jou oorvloed raak te sien en dan te gee.

Luk 3: 11 Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”

  • Kies om met minder te leef.


Vrygewigheid glo dat Jesus sal voorsien.

Hebr 13 5-6 Don’t be obsessed with getting more material things. Be relaxed with what you have

Since God assured us, “I’ll never let you down, never walk off and leave you,” we can boldly quote, God is there, ready to help; I’m fearless no matter what. Who or what can get to me?

1 Tim 6:17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18 Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen

Die beginsel van ‘gee en jy sal ontvang’ kry ons in die Bybel.

Die Verskil tussen die “prosperity-lering” en die “vrygewigheidslering” is waarop die fokus gelê
word.
Prosperity fokus op ontvang.
Vrygewigheid fokus op die motief van die hart.

Hoor die hart van Salomo in die volgende aanhaling

Spr 11:24 Mense wat graag uitdeel,
ontvang altyd meer.
Daar is ander wat suinig is
en hulle word arm.
25 Mense wat
’n ander iets gun,
het self altyd oorvloed.
Hulle wat ander se dors les,
is self altyd verkwik.

Die toets van vertroue

Spreuke 3:9 - Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Deut. 14:23 (LB)"The purpose of tithing is to teach you to always put God first
in your life."

1 Kor. 16:2 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie.

Ek gee eers dan vertrou ek die Here met die res

Verander jou patroon van:
uitleef,
spaar en
as oorbly gee,
Na
Gee meer
Spaar meer
Bestee minder

Glo dat die Here Vrygewigheid gebruik om ‘n stad te help verander na ‘n plek waar Jesus regeer. 

Lees Matt 21:1 – 11
Les: Jesus kom die stad in met ‘n donkie (Vrygewigheid) wat iemand aan Hom geskenk het.

No comments:

Post a Comment