Saturday, June 24, 2017

Vreesloos 3 Die Gawe van Geloof



Ons sluit die reeks vreesloos af deur te fokus op die gawe van geloof.

Die gawe van geloof is die vermoë om God vir die onsienlike te vertrou en te handel op God se beloftes, ten spyte van weersprekende omstandighede. Die gewilligheid om die onmoontlike te waag in die implementering van ‘n Godgegewe visie, terwyl jy weet God sal jou help om enige krisis te oorkom.

1 Kor 12:7 Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.

Ontvang ‘n manifestasie: 
Iemand is moedeloos en ontvang moed deur n profetiese woord.
Iemand ontvang genesing deur gebed.
Ten opsigte van geloof: Ons ontvang  ‘n opdrag en die Heilige Gees maak geloof in ons hart los om die Here te vertrou vir uitkoms.

1 Kor 12:9 Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof.
1 Kor. 13:2 en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif...

Besondere geloof en genoeg geloof.
Genoeg geloof om die uitdagings van die lewe te hanteer.
Genoeg geloof om elke opdrag uit te voer.

Stap 1
Die Heilige Gees gee ons ‘n opdrag.
Stap 2
Geloof word dan in ons hart opgewek om die Here te vertrou.

Hebr 11:1 Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.

Geloof is ‘n vaste versekering, ‘n bewys. 
Hebr 11: 13 Terwyl hulle nog steeds geglo het, het hulle almal gesterf sonder om die vervulling van God se belofte te beleef. Hulle het dit egter in die verte gesien en begroet, en erken dat hulle hier net vreemdelinge en bywoners is.

Ons sien – Ons word bewus van die opdrag.
Erken – Besef dit is die waarheid.
Begroet dit – Ek stem saam die woord is vir my.

Lees ook 1 Tim 1:18 en 19 en Rom 4:18-20

Rom 4:20 Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. 21 Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het.

Geloof het sterker geword.

Die Heilige Gees maak ons oë oop om:
Ons potensiaal in Christus te sien.
Om God te sien vir wie Hy is.

Hand 4:13 Die raadslede was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se waagmoed sien, want hulle het besef dis gewone mense sonder enige besondere opleiding. Hulle het hulle ook herken as mense wat saam met Jesus was. 14 Maar omdat die man wat gesond gemaak is, daar reg by hulle gestaan het, het die raadslede niks gehad om te sê nie.

Gewone mense met waagmoed (gawe van geloof).

Hand 4:28 Eintlik was alles wat hulle gedoen het, volgens u beskikking en besluit. 29 En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
31Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

Tydens hulle gebed wek die Heilige Gees weereens waagmoed (gawe van geloof) in hulle harte op, om die Here se opdrag uit te voer.

Dit bring ons in aksie (Gehoorsaamheid).

Hebr 11: 7 Omdat hy geglo het, het Noag, toe God hom gewaarsku het oor wat nog nie gesien kon word nie, gehoorsaam die ark gebou. Daardeur is sy huisgesin gered en die wêreld veroordeel. So het hy dan ’n erfgenaam geword van die vryspraak wat ’n mens deur die geloof ontvang.
8 Omdat hy geglo het, het Abraham, toe God hom geroep het, gehoorsaam weggetrek na die land wat God vir hom as ’n erfdeel sou gee. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland.

Drie lesse.

Les 1 Die gawe van geloof herinner ons dat ons talente nie genoeg is nie, maar dat ons in afhanlikheid van die Here moet leef.
Ek kan nie sonder die Here nie.

Les 2 Die gawe van geloof is die onderbou tot al die ander gawes.
Dit beweeg jou van ‘n opdrag na ‘n aksie.

Les 3 Ons moet altyd 1 Kor 13, wat handel oor die liefde, in die konteks van die gawes lees. Ons motivering is liefde en diensbaarheid tot alle mense.

Gebed: Here laat ons raak sien, dat U met ons is en watter potensiaal ons in U het.

No comments:

Post a Comment