Saturday, June 3, 2017

Vreesloos - Die Heilige Gees met ons



Vreesloos

Die Heilige Gees wil in ons “elke-dag-lewe” betrokke wees.

Hy is ons helper  - parakletos.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; 17 dit is die Gees van die waarheid. Die wêreld is nie in staat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon.
Die Griekse woord vir trooster is “Parakletos”, wat beteken “geroep om ons by te staan”.
Die “Amplified Bible” praat van “counselor, helper, intercessor, advocate, strengthener and standby”.
Die Heilige Gees is daar om vir ons die waarheid te openbaar met betrekking tot alle areas van ons lewens, deur die Woord van God.

Die Heilige Gees se betrokkenheid in ons lewe.

By wedergeboorte kom maak die Heilige Gees woning in ons.

Joh 14:16-17 en ek sal die Vader bid en hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat vir die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en nie ken nie, maar julle ken Hom, omdat Hy BY JULLE BLY EN IN JULLE SAL WEES
1 Kor 6:17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. 19 Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Ons is Sy tempel – Woonplek.
Ons behoort nie aan onsself nie – Hy wil in beheer wees van ons lewens.

Jy het die volheid van die Heilige Gees ontvang – Glo dit!

Ef 1:13 Daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy beloof het. 14 Die Gees is soos ’n merk wat God julle laat dra om te wys dat elkeen wat Jesus s’n is, ook Syne is. Meer nog, die Gees is ook ons bewys dat God begin het om vir ons alles te gee wat Hy ons beloof het.
Die vraag is nie hoeveel van die Heilige Gees jy het nie, die vraag is hoeveel van jou het die Heilige Gees?

Die doping met die Heilige Gees

Ons kan ook daarna verwys as die bekragtiging met die Heilige Gees.
Dit is die ontdekking, ‘n ontwakingsoomblik, oor die volheid van die Heilige Gees in jou.

Hand 1: 8 Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”
Hand 8:15 Toe hulle daar aankom, het hulle vir die nuwe gelowiges gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang. 16 Want die Heilige Gees het immers nog nie op een van hulle gekom nie, want hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop.
17 Petrus en Johannes het toe hulle hande op hierdie gelowiges gesit, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Die vervulling met die Heilige Gees bou jou op en stuur jou uit.

Jud 1:20 Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid


1 Kor 14:4 Iemand wat in tale praat, word self geestelik opgebou,

Opbou beteken: 

Groei in jou identiteit
Gesond word
Potensiaal – Wysheid ens.

Stuur beteken:

EK stel my beskikbaar om gebruik te  word deur die Heilige Gees.
Joh 7:37 Op die laaste dag, die groot dag van die Huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As jy dors is, kom dan na My toe en drink. 38Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’”
39 Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang. Want die Gees was nog nie daar nie omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Dit gaan oor diensbaarheid.

Matt 23 10 En julle moet julleself nie as ‘leier’ laat aanspreek nie, want julle het net een Leier: die Messias self. 11Die belangrikste een onder julle moet die een wees wat dien. 12Dié wat vir hulleself eer soek – God sal hulle verneder. Maar dié wat hulle geringheid voor God besef – God sal hulle hoog vereer.”

Die Heilige Gees rus jou toe vir elke opdrag.

Matt 4: 4 Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword. 15Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
Matt 4:16 Toe Hy kom in sy tuisdorp Nasaret waar Hy grootgeword het, het Hy soos gewoonlik op die Sabbat na die sinagoge gegaan en opgestaan om die Skrif te lees. 17Die boekrol wat Jesaja die profeet bevat, is aan Hom gegee en Hy het dit oopgerol tot by die plek waar dit sê:
18“Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My aangestel het
om die Goeie Nuus
vir die armes aan te kondig.
Hy het My gestuur om aan te
kondig
dat gevangenes vrygelaat sal
word,
dat blindes sal sien,
dat onderdruktes bevry sal word
van hulle verdrukkers,
19en dat die tyd van die Here
se goedheid gekom het.”

Voorbeeld 2

Hand 6:3 Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel. 4 Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.”
5 Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet was). 6Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.

Die Heilige Gees se salwing is meer as jou talente:
Bo-natuurlike insig, wysheid, strategie ens.
Meer as jou talente.
Geloof dat ek in Hom die volle potensiaal het.
Dit is die vertroue dat hy die Bron is.

No comments:

Post a Comment