Saturday, June 10, 2017

Vreesloos 2 - Gawes en Heilige Gees

1 Peter 4:10-11Living Bible (TLB)
10 God has given each of you some special abilities; be sure to use them to help each other, passing on to others God’s many kinds of blessings. 11 Are you called to preach? Then preach as though God himself were speaking through you. Are you called to help others? Do it with all the strength and energy that God supplies so that God will be glorified through Jesus Christ—to him be glory and power forever and ever. Amen.

Die Gawes is bedoel vir elke persoon….

1Kor 12:7 ANV  Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.

1Co 12:7 MSG  Each person is given something to do that shows who God is: Everyone gets in on it, everyone benefits. All kinds of things are handed out by the Spirit, and to all kinds of people!

Hierdie gawes is tot ons voordeel….

2Ti 1:6-8 AMPC  That is why I would remind you to stir up (rekindle the embers of, fan the flame of, and keep burning) the [gracious] gift of God, [the inner fire] that is in you by means of the laying on of my hands [with those of the elders at your ordination].  (7)  For God did not give us a spirit of timidity (of cowardice, of craven and cringing and fawning fear), but [He has given us a spirit] of power and of love and of calm and well-balanced mind and discipline and self-control.  (8)  Do not blush or be ashamed then, to testify to and for our Lord, nor of me, a prisoner for His sake, but [with me] take your share of the suffering [to which the preaching] of the Gospel [may expose you, and do it] in the power of God.

Wat is die fondasie tot die Gawes ? (1 Kor 12-14)

In Hfst 12 – verduidelik Paulus die verskillende gawes en hoe die Heilige Gees Homself uitdruk deur ons.
In Hfst 13 – verduidelik Paulus die fondasie om te opereer in die gawes, ‘n motief van liefde en diensbaarheid.
In Hfst 14 – verduidelik Paulus hoe dit funksioneer in die gemeente van Korinthe

Agtergrond van Korinthe


  • Hierdie boek is min of meer 55 nC geskryf
  • Julius Ceaser het die stad herbou in 46 nC
  • Dit was ‘n handelstad met ‘n bevolking van omtrent 500k mense
  • Dit was bekend as ‘n sedelose stad…daar was ‘n spreekwoord… “om te leef soos ‘n Korinthiër”…dit was gebruik om die onsedelikheid te beskryf.
  • Paulus ontmoet Aquila en Priscilla, hulle en Paulus was tentmakers (soos die stormloop in Johannesburg het mense in tente gebly), hy het die evangelie aan die Jode verkondig maar hulle het hom teegestaan.
  • Crispus die hoof van die sinagoge en hele gesin ontdek die Here en word gedoop. (Hand 18). Die Jode wou hom laat gesels maar die Here verskyn aan ‘n droom aan Paulus en sê hy moet bly. 
  • Daar was drie tempel vir die god van liefde, Afrodite, in Korinthe. Ander tempels soos Hemes, Apollos, Isis ens. Afrodite het 1000 tempel prostitute alleen gehad.
  • Dink net Paulus hier tussen hierdie mense besig om van Jesus te vertel, nou begin die mense Christus te ontdek, ‘n prostituut ondek Jesus …..lewendige kerk 


Verstaan van die Gawes …

1Kor 12:4-6 AOV  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;  (5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;  (6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

Drie klassifikasies van Gawes in Nuwe Testament:

1. Motiveringsgawes – Werk in gelowige – (Rom 12:6-8)
a. Persepsie (Profesie) – Johannes die doper – oë – Matt 3:1-2
b. Diensbaarheid – Martha – hande - Luk 10:38-42
c. Lering – Priscilla & Aquila – denke – Hand 18:24-26
d. Bemoediger – Barnabas – mond – Hand 11:22-23
e. Gewer – Abraham – arms – Heb 7:1-2
f. Voorloper – Josef – skouers – Gen 39:2-4
g. Barmhartiges – barmhartige Samaritaan – hart – Luk 10:33-35

Wat motiveer jou?

2. Toerustingsgawes – Werk as gelowige – (Efe 4:11-13)
a. Apostel – duim – raak aan almal
b. Profeet – wysvinger – dui rigting aan
c. Evangelis – middelvinger – reik uit die verste
d. Herder – ringvinger - troupand
e. Leraar – pinkie – krap in jou oor

As jy iemand moet bemagtig, op watter manier sal jy dit doen? 

3. Heilige Gees gawes – Werk deur gelowige ( 1 Kor 12:8-10)
a. Inspirerende gawes: Sê iets
i. Profesie, allerhande tale, uitleg van tale
b. Krag gawes: Doen iets
i. Geloof, wonderwerke, gawes van genesing
c. Openbaringsgawes: Openbaar iets
i. Woord van wysheid, woord van kennis, onderskeiding van geeste

Watter van die Heilige Gees gawes werk deur jou?
As jy kyk na die gawes in watter spasie sal jy waarde kan toevoeg? (binne/Buite)

Al die Heilige Gees gawes lê dormant in jou lewe en moet geaktiveer word.

Waar begin ek?

1. Wat motiveer jou (Rom 12:6-8)
2. Oefen jou geestelike spiere

Heb 5:14 AOV  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

3. Demonstreer die gawes (2 Tim 1:6-8)

No comments:

Post a Comment