Saturday, June 17, 2017

Vreesloos 3 - Leiding van die Hilige Gees

Die leiding van die Heilige Gees

As jy op vliegtuig is en jy moet ‘n noodlanding maak in die middel van Afrika tussen niks en nerens, wat sou jy die graagste by jou wou he, om jou te help om jou pad te vind na die naaste vorm van beskawing? As jy moes kies tussen 3 dinge wat jou kan help om jou pad te vind. Wat sou jy kies – ‘n kompas – ‘n padkaart of ‘n gids wat die terrein en omgewing baie goed ken.

Joh 14:16
En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees

Joh 16:13
Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel.

"Guide" is hodēgeō. Literally, it means, "to assist in reaching a desired destination, lead, guide."
Here it is used figuratively, "to assist someone in acquiring information or knowledge, lead, guide, conduct.

Rom 8:14
Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.

Psalm 23:3
Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam

1. Ek kan nie gelei word deur ‘n kultuur wat God nie volg nie

Eksodus 23:2
Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie.

Rom 12:2
Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you

2. Daar is geen ander bron behalwe God nie

Eseg 21:21
“Die koning van Babilon staan nou by die vurk in die pad. Hy weet nie watter een hy moet aanval nie. Hy roep sy towenaars om die voortekens te lees. Hulle skud pyle, raadpleeg die gode en ondersoek ’n dier se lewer.

Deut 18:10-12
Daar mag nooit iemand tussen julle wees wat sy seun of dogter as ’n brandoffer verbrand nie. Moenie betrokke raak by waarsêery of goëlery of by die interpretasie van voortekens of towery, of beswerings of iemand wat geeste oproep of iemand wat dooies raadpleeg nie. Enigiemand wat sulke dinge doen, is ’n gruwel vir die Here. Dit is juis omdat ander nasies sulke dinge doen dat die Here jou God hulle voor jou gaan verdryf.

God het aan ons ‘n persoonlike raadgewer gegee

3. Moenie deur omstandighede gelei word nie

Jona se storie

‘n Ander voorbeeld – amper 2000 jaar later - Paulus
Hand 27:10, 13-15
“Manne, ek sien dat ons vaart gevaarlik gaan wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook aan ons lewens.” ’n Ligte bries het uit die suide begin waai, en die bemanning het gedink dat hulle hulle plan sou kon uitvoer. Hulle het anker gelig en al langs die kus van Kreta gevaar. Maar dit was nie lank nie toe slaan daar ’n stormwind bekend as die Noordooster van die land af toe. Die skip is diepsee toe gedryf. Omdat dit onmoontlik was om die skip windop te hou, het ons ophou probeer, en ons is deur die wind voortgedryf.

Dawid se storie
2 Sam 11:1-4
Die volgende lente, die tyd waarin die konings gewoonlik gaan veg, het Dawid vir Joab en sy manskappe, asook die hele leër van Israel gestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba gaan beleër. Dawid het in Jerusalem agtergebly. Een namiddag, nadat hy gerus het, het Dawid opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop. Van die dak af sien hy ’n besonder mooi vrou wat besig was om te bad. Hy stuur toe iemand om uit te vind wie sy is. “Dis Batseba, die dogter van Eliam en vrou van Urija die Hetiet,” verneem hy. Dawid het haar laat haal. Sy het so pas die reinigingsrituele na haar maandstonde voltooi. Sy het na die paleis toe gekom en hy het by haar geslaap. Daarna het sy teruggegaan na haar huis toe.

Toets omstandighede alltyd teenoor God se woord

Begeerte hê om gelei te word

Psalm 40:9
Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart.”

Gehoorsaamheid – bereid te wees om te doen wat God se

Joh 7:17
As iemand gewillig is om God se wil te doen, sal hy weet of dié onderrig van God afkomstig is en of Ek uit my eie praat.

God se wil is in Sy Woord

Psalm 119:105
U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.

2 Tim 3:16
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.

Gesindheid: Nederig

Psalm 25:9
Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir dié wat beskeie is, sy pad leer.

Geloof – Ek moet ‘n verwagting en vertroue dat God my gaan antwoord

Jak 1:5-6
Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Ek moet luister

Job 33:14
Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie.

Psalm 77:20
U pad loop deur die see, u weg was deur magtige waters, maar u spoor kon niemand sien nie.

Cul de Sac – Baal-Zephon – Gods hidden treasure

No comments:

Post a Comment