Saturday, January 16, 2016

L'ATTITUDE: selfvertroue



Die meeste van ons sukkel met selfvertroue. Daar was tye wat jy net gevoel het die uitdagings is te veel of ek voel nie bemagtig om die projek aan te pak nie.

Die verhaal van die 12 verspieders gee ons sleutels om met selfvertroue die lewe te leef.

Hulle het oor hulle belewenis verslag aan die vergadering gebring en ‘n aanbeveling of hulle die land kan aanval gebring.

Num 13: 27 Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. 28Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot
30 Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.”
31 Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.”
10 manne van die groep  sien hulle tekortkominge.
32 Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. 33 Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in
hulle oë.”

Hulle het hulle self klein gesien.
Die gevolg was dat hulle negatief geraak het.

Num 14:2 As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het! 3 Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?”

Gesindheid van:
Ons skiet te kort
Negatiewe selfwaarde
Vrees
Pessimisme
Irrasionale optrede
Ongeloof
Rebellie

Josua en Kaleb het met ‘n teenoorgestelde gesindheid na die situasie gekyk:
Optimisme
Moed
Rasioneel
Geloof
Gehoorsaamheid

Nog meer as dit: 

Num 14:8 As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. 9 Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”

Hulle sien hulle krag nie in hulle self nie maar in God saam met hulle 

1 Kor 10:12 Don’t be so naive and self-confident. You’re not exempt. You could fall flat on your face as easily as anyone else. Forget about self-confidence; it’s useless. Cultivate God-confidence.
Hulle het besef wie hulle helper is.

Hand 3: 6 Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

Jy moet nooit na jouself kyk slegs vanuit jou eie potensiaal nie.

Die vyand se strategie was nog altyd dat jy na jouself kyk sonder God.

Lees  Gen. 1 en 3

Gen 1: 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

Wie was Eva?  Beelddraer van God se beeld, Sy verteenwoordiger.
Kyk net wat wil die vyand hê sy moet glo.

Gen 3:4Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

  • Die duiwel wil jou laat glo jy is minder as wat jy is.
  • Sy was die beelddraer van God, nou wil hy haar laat glo sy is nie.


Dit is tyd om nie meer van uit jou selfbeeld te leef nie, maar vanuit jou Godsbeeld 

Jy dra die volheid van God se saad in jou, nog meer Hy is jou.
God is saam met jou en vir jou, en Hy wil jou Helper wees.

Kol 2:9 Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teen¬woor-dig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.
3 In die een¬heids¬band met Christus is al die ge¬hei¬me skat¬te van wysheid en kennis te vind.
As jy jouself in ‘n eenheidsband Christus sien, deel jy aan Sy gesag en heerskappy.

Jy deel aan Sy wysheid en kennis.

Laat die volgende 3 verse jou inspireer: 

Ef 3:19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink
Jesus in jou wil jou helper wees.

Hebr 13:5 Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
6 Daarom kan ons moed skep en antwoord:
“Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees nie.

Ps 46: 2 God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed
om te help.

3 van die duurste skildery 





No comments:

Post a Comment