Saturday, January 9, 2016

L'attititude Week 2 Oorwin jou negatiewe ingesteldheid




‘n Mens se optrede straal vinnig uit wat jou ingesteldheid oor die lewe is:
Jou reaksie voor gebeure
Jou liggaamshouding
Jou woordeskat

Kom ons staan vir n oomblik stil by ons tema L’ attitude 
Die woord L’attitude:

1, Beteken in die eerste plek breedtegraad – dit dui jou posisie aan:
Ons almal staan voor ‘n nuwe jaar, nuwe geleenthede.

2, Tweedens beteken dit Vryheid van keuse: Ons almal het vryheid om te kies.

Ter wille van die reeks: skep ons,  ons eie definisie:
Vanuit jou huidige posisie, die begin van ‘n jaar, geleenthede of uitdaging waarvoor jy staan, het jy die vryheid om te kies, hoe jou ingesteldheid teenoor die jaar geen wees.

Jou houding oor die lewe, is die een aspek waaroor jy beheer het.

Die sirkel van die lewe:

Ek beleef dinge in my lewe, ek vorm ‘n gedagte oor wat gebeur het en wat voorlê. Ek gebruik woorde om dit te beskryf, en hoe meer ek die woorde en gedagtes toelaat hoe meer word dit my ingesteldheid oor die lewe.

Wat is jou ingesteldheid oor jou; 

  • Finansies en toekoms
  • Jouself
  • Verhouding met ander
  • Verhouding met Die Here


Hier is die uitdaging vir 2016
Fil: 2:5 You must have the same attitude that Christ Jesus had.

Jou gedagtewêreld en woorde, moet deur die Here beïnvloed word, sodat Hy jou optrede en ingesteldheid kan rig

Hoe verander ek my lewensingesteldheid? 

2 Kor. 10: 4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Stap 1. Vernietig jou negatiewe ingesteldheid:

Deur die jare het jy met n sekere ingesteldheid na die lewe begin kyk.
Van hierdie optredes is negatief en hou jou gevange.
Dit keer dat jy lewe in oorvloed beleef.

In die  Here het jy kragtige gevegstoerustings om dit te vernietig. 

2 Tess 2:16&17 "Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader- Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade 'n ewige troos en 'n goeie vooruitsig gegee het- mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord".

2 Thes 2 15-17 So, friends, take a firm stand, feet on the ground and head high. Keep a tight grip on what you were taught, whether in personal conversation or by our letter. May Jesus himself and God our Father, who reached out in love and surprised you with gifts of unending help and confidence, put a fresh heart in you, invigorate your work, enliven your speech.

A. Identifiseer hierdie ingesteldheid. Hierdie optredes het labels om jou nek kom hang wat jou ware identiteit wil steel.

B. Gee dit vir die Here deur gebed, sodat Hy jou hart kan vernuwe:
2 Thes 2:16 May Jesus himself and God our Father, who reached out in love and surprised you with gifts of unending help and confidence, put a fresh heart in you,

Daar is krag ingebed :

Deur te bely en jou te belyn met jou ware identiteit, vernietig jy die tronk van ‘n negatiewe ingesteldheid.

2 Kor 10: 4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word.

Alle argumente van die verlede en van hoe jou toekoms lyk is vernietig.

Nou is jou hart ontvanklik om God se kennis en waarheid te hoor.

Stap 2 Wandel in die waarheid

2 Kor 10:5 ... Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Die duiwel gaan dadelik weer probeer om n nuwe gevangenis te bou.

a. Neem die negatiewe gedagtes dadelik gevange: Dit is nie van die Here nie.
b. En vervang dit met Die Here se gedagtes.

Wat doen die Here
... julle sterk maak in elke goeie daad en woord". 2Tess 2:17
Hy kom gee jou nuwe gedagtes

Fil. 4: 8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is

Hy gee jou innerlike krag om staande te bly en te volhard, sodat jou optrede en lewensingesteldheid kan verander om soos Jesus sin te wees.

Dankbaarheid is ‘n sleutel tot ‘n positiewe ingesteldheid
Ps 118:24 Dit is die dag
wat die Here gemaak het.
Laat ons daaroor juig
en bly wees.

Sien God se voorsiening in elke dag

Prediker 6: 9 Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte.
Moenie wat jy wil hê, jou beroof van wat jy het nie.

Dit is nie gelukkige mense wat dankbaar is nie. Dit is dankbare mense wat gelukkig is.

Begin juig en bly wees – Begin die Here prys vir Sy goedheid in jou lewe elke dag

Begin ook opgewonde en positief raak oor jou toekoms. 

Want hier is die waarheid
Jes 40 :8 Gras verdor,
blomme verwelk,
maar die woord van God
bly vir altyd.”

9 Boodskapper van goeie nuus,
roep vir die tempelberg
van die bergpieke af!
Boodskapper van goeie tyding,
roep hard vir Jerusalem!
Moenie bang wees nie.
Sê vir die stede van Juda:
“Hier is jou God!”
10 Die oppermagtige Here
kom met heerlike krag
en regeer met mag.
Kyk, Hy bring
sy beloning saam.
Dit is by Hom.

Wie is by jou?


Die Here het geen gelyke nie
12 Wie anders het die oseane
in sy hand gehou?
Wie het die hemel afgemeet
met die breedte van sy hand?
Wie het die grond van die aarde
met ’n maatemmer gemeet,
of het die berge en die heuwels
met ’n skaal geweeg?
13 Wie kan die Gees van die Here advies gee?
Wie weet genoeg
om Hom raad te gee
of Hom te leer?
14 Het die Here al ooit raad
van ander nodig gehad?
Het Hy nodig dat iemand
Hom vertel wat die goeie is
of wat die beste is?

25“Met wie sal julle My
vergelyk?
Wie is my gelyke?”
vra die Heilige Een.
26Kyk op na die hemel.
Wie het die sterre gemaak?
Hy laat hulle
soos ’n leërmag uitmarsjeer,
die een ster na die ander,
en roep elkeen by sy naam.
Met sy groot krag en mag
sorg Hy dat nie een wegraak
of verdwaal nie.


11 Hy versorg sy kudde
soos ’n herder.
Die lammers maak Hy bymekaar
in sy arms, en dra hulle naby sy hart.
Skaapooie met lammers versorg Hy.

29 Hy gee krag
aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk.
30 Selfs jongmense raak uitgeput
en afgemat. Baie jongmense struikel
en val.

31 Maar dié wat hulle hoop
op die Here stel,
sal hulle krag terugkry.
Hulle vlieg hoog,
soos arende.
Hulle sal hardloop
en nie moeg word nie.
Hulle sal loop
en nooit vermoeid word nie.






No comments:

Post a Comment