Saturday, January 23, 2016

Groter as ...


Groter as …

1. Ons optrede word baie maal gevorm deur ons lewenservaring
2. Ons luister ook na die Here selektief.

Paulus se uitdaging 

 Rom 12: 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Wat as God se prentjie oor die lewe groter as jou prentjie is?
Wat as die Here vir jou meer in stoor het as ‘n gemiddelde lewe?

Ons lewens prentjie word ook beperk deur die konsep:  Ek is ‘n Christen.

Han 11:25 Barnabas is daarna Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26Toe hy hom kry, het hy hom Antiogië toe gebring. En so het dit gekom dat hulle twee ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en ’n taamlike klomp mense onderrig het. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem


  • Gelowige = mathētēs wat Dissipels beteken
  • Die eerste Christene het nog altyd na hulleself verwys as Dissipels: 

Deur die konsep:  “Ek is n Christen”  word ons baie keur in leerstelling of definisie vasgevang. Die woord dissipel plaas die klem op, volgelinge van Jesus.

Ps 16: 11 U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd.

Wil jy nie Jesus toelaat om jou lewensboks omver te gou nie, en jou nuut oor die lewe te leer nie?

JB Phillips: skryf ‘n boek met die titel: Your God is too small.

Dit is een van daardie titels wat jou laat dink

Ons plaas God in my ervarings
Denominasie
Lewensfilosofie

En neem Hom “gevange” om by my lewe aan te pas.

Het ons nie iets van die vrees van die Here verloor nie?

Lees PS 145 en laat toe dat die Here met jou hart praat.
1 My God, ek sal U prys en u Naam altyd grootmaak. U regeer oor alles. “U is my Koning”    
2 Ek wil U elke dag prys. Ek wil nooit ophou om U vir alles dankie te sê nie.
3 Die Here is groot. Hy verdien om baie geprys te word.
’n Mens kan nie regtig in woorde beskryf hoe groot Hy is nie.
4 Ouers vertel vir hulle kinders wat U gedoen het. Hulle prys U daaroor.
5 Hulle prys U wanneer hulle vir mekaar vertel van die groot dinge wat U alles gedoen het. U regeer.
6 Ek wil vertel hoe belangrik U is. U heiligheid straal uit U uit.
7Ek sal nadink oor al die wonderlike dinge wat U gedoen het.
As hulle met verbasing praat oor hoe sterk U is, sal ek oor u grootheid praat.
8 Mense sal dag en nag kan vertel van u goedheid.
U het in die verlede gewys hoe lief U mense het.
Mense sal van blydskap sing omdat U goeie dinge vir hulle doen.
9 Die Here gee graag goeie dinge aan ons. Sy hart word gou sag.
Hy is geduldig en het sy kinders baie lief. Vir almal is die Here goed.
10 Hy gee om vir alles wat Hy gemaak het.
Alles wat U gemaak het, sal u lof besing, Here.
Hulle wat U dien, sal U prys.
11Hulle vertel hoe ’n magtige koning U is.
Hulle kan nie uitgepraat raak oor hoe sterk U is nie.
12 Hulle wil hê mense moet weet hoe belangrik U is, hoe sterk en hoe groot.
13 Alles waaroor U regeer, is vol glans en glorie.
U regeer van altyd af. U sal ook vir altyd regeer.
U heers oor almal op aarde.
14 Die Here sorg vir almal wat seerkry. Hy tel elkeen op wat swaarkry.
15 Almal vestig hulle hoop op U. U versorg elkeen op die regte tyd.
16 Omdat U goed is, gee U maklik goeie dinge aan ons.
U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde.
17Die Here tree altyd reg op. In alles wat Hy doen, kan jy op Hom staatmaak.
18 Die Here is by elkeen wat Hom dien en aanbid.
Hy los niemand alleen wat Hom dien nie.

Laat jou lewe Hom aanbid? 

Hoe anders sal jou optredes nie elke dag  lyk  as ons  leef van uit ‘n besef  dat God groot is en ons in  verwondering en eerbied voor Hom staan nie.

Ef 3;20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra

Die grense van ‘n normale lewe van jou boks gaan afgebreek word.

Abraham het God roekeloos vertrou omdat hy geweet het wie God is.

Hebr 11: 8 Omdat hy geglo het, het Abraham, toe God hom geroep het, gehoorsaam weggetrek na die land wat God vir hom as ’n erfdeel sou gee. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland

As jy die Here met jou hele hart vertrou, sal jy Hom volg net waar Hy jou stuur.

Ps  25 Ek vertrou op die Here
1 ’n Dawidspsalm.
Ek rig my tot U, Here.
2 Ek vertrou op U, my God!
3Niemand wat op U wag,
word ooit beskaam nie,
maar húlle word beskaam
wat bedrieg sonder oorsaak.
4Here, wys my die weg
wat ek moet gaan,
leer my u paaie.
5 Lei my deur u waarheid
en leer my,
want U, o God, is my redder.
Die hele dag wag ek vol hoop op U.
6 Dink, o Here, aan u liefde
en medelye,
van altyd af deur U bewys.
8 Die Here is goed
en doen wat reg is.
Daarom wys Hy vir sondaars
die regte pad.
9 Mag Hy die nederiges
op die regte weg lei,
en vir dié wat beskeie is,
sy pad leer.
10 Die paaie van die Here
is goedheid en trou
vir dié wat getrou is
aan die bepalings
van sy verbond.
12 Wie is die een
wat die Here dien?
Hy sal hom wys
watter pad hy moet kies.
13 Hy sal in voorspoed lewe,
en sy nageslag
sal die beloofde land beërwe.
14 Die Here se voorneme
is duidelik vir dié wat Hom dien.
Aan hulle maak Hy sy verbond bekend.

Wanneer God se prentjie oor jou lewe Groter as joune word en jy begin op Sy ritme dans is jy bestem vir soveel meer.

No comments:

Post a Comment