Saturday, January 30, 2016

Groter as 2 - God is groter as my prentjie van Sy goedheid



Wat is jou perspektief ….

As ek die stelling sou gebruik “God is goed” dan het elkeen van ons ‘n prentjie oor hoe goedheid lyk.
Vir party is dit ‘n prentjie van “as dit met my goed gaan ja dan is God goed, maar as dit met my sleg gaan, jammer dan is God nie goed nie.
As dit goed gaan met my kinders dan is God goed, of met my werk, of met my vrou, of met my skoonfamilie. Maar vir baie van ons is goedheid gekoppel aan hoe dit met my gaan.

Bouwer Bosch – video oor God

Wat is God se perspektief…

God en goedheid is sinonieme. Die naam God kom van die konsep “goed”. God word beskryf in die oorspronklike engelse taal as ‘Die Goeie Een”. Hy is die Een waarin alle goedheid gevind, ontdek en ontvang word.

God and goodness are synonymous. The name ‘God’ comes from the concept ‘good’, ‘God’ being the Old English form of the title The Good One. He is the One within whom all goodness dwells and from whom only that which is good is received. – Knowing God – Rick Moser

Jak 1:17 ANV  Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Jas 1:17 MSG  Every desirable and beneficial gift comes out of heaven. The gifts are rivers of light cascading down from the Father of Light. There is nothing deceitful in God, nothing two-faced, nothing fickle.

Selfs in die Ou Testament was die gelowiges se perspektief goedheid…

Psa 23:5-6 GNB  You prepare a banquet for me, where all my enemies can see me; you welcome me as an honored guest and fill my cup to the brim.  (6)  I know that your goodness and love will be with me all my life; and your house will be my home as long as I live.

So waar lê ons uitdaging?

Eerste rede…hoe ons kyk na ons lewenswyse




 







Tweede rede…wat ons verstaan oor Sy karakter

Wanneer goed met ons gebeur wat ons nie verstaan, ons in ‘n slegte posisie plaas of ons bang maak dan gaan ons terug (default) waarvan ons oortuig (convictions) is, dit is ons oortuigings wat die brill vorm waardeur ons die lewe benader. Wanneer goed met ons gebeur reageer ons vanuit hierdie oortuigings maak nie saak of dit goed of sleg is nie.

My en Bianca se storie

God kies om met my te deel volgens Sy goedheid en nie volgens my sondigheid nie

Wat ons nodig het om te ontdek….oor straf en sonde

Joh 3:16 AOV  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Joh 3:16 MSG  "This is how much God loved the world: He gave his Son, his one and only Son. And this is why: so that no one need be destroyed; by believing in him, anyone can have a whole and lasting life.

Sal jy jou kind gee?

Hy gee nie net Sy Seun nie maar Hy het hierdie intense behoefte sodat elke mens sy goedheid moet ontdek. Christus het nie gekom vir ‘n antwoord nie Christus het gekom sodat ek en jy verhouding met ‘n goeie God kan hê. Sy goedheid is groter as my antwoord.

Deel van ons krisis is dat baie Christene se verstaan van God word gevorm sonder Jesus. Jesus het gekom sodat ek en jy kan lewe, die werke van die Vyand te vernietig, te soek die wat verlore gaan ens.Hierdie wys alles na een ding en dit is om die Vader te wys vir ‘n Vaderlose geslag. Hoekom alles wat voor Jesus gebeur het die mense se behoefte na ‘n Vader uitgewys en alles na Jesus wys na die antwoord. Die Vader se goedheid aan die wat hulself vind in Christus.

Frikkie se storie oor kanker – ek vergewe jou

Sy goedheid moet die onderbou wees van die verstaan van my christelike lewe op aarde. As dit nie so is nie sal ek altyd iets anders soek en teleurgesteld wees as dit nie uitwerk soos wat ek gedink het of gehoop het nie. Wanneer Sy goedheid die onderbou word van my lewe verander my perspektief van lewe…

Sondag: Here leer my U goedheid? Chene se storie, piesangbrood
Twee beginsels wat ek nodig het om te ontdek….

Mat 6:9-10 ANV  So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;  (10)  laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Ek en jy het nodig om Sy goedheid te versprei op hierdie aarde, party mens dink dit is ‘n leermag uit die hemel wat gaan neerdaal en alles reg ruk, ek persoonlik dink dit is die kerk wat op ‘n plek van gehoorsaamheid kom om hierdie goedheid te versprei.

1. Hoe dit daar lyk so moet dit lyk op aarde. (Storie van werk kry)

Dit is Sy hart’s begeerte, Hy het hierdie aarde vir my en jou gegee sodat dit kan gebeur….dit is hoe goed Hy is.

2Pe 3:9 ANV  Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

2Pe 3:9 MSG  God isn't late with his promise as some measure lateness. He is restraining himself on account of you, holding back the End because he doesn't want anyone lost. He's giving everyone space and time to change.

2. Hy het ‘n passie dat almal gered sal word. (Werner)

As goedheid die fondasie is van my lewe dan word hierdie beginsels die motiveerders van my lewe. Dit word vir ons ‘n raamwerk vir wat ons gaan toelaat om te gebeur en wat nie. Wat ons oor sal dink en wat nie. Dit gee my en jou die geleentheid om Sy goedheid te demonstreer.

Maar wat is Sy wil?....God se wil is altyd goedheid!!!

Wanneer ons dink oor Sy wil vir my en jou is daar twee Griekse woorde wat dit beskryf  thelo and thelema  een beteken “wat ek wil hê” ander beteken wat ek begeer”

1. Absolute waarheid – Hy kom terug om Sy bruid te kom haal, dit is wat Hy wil hê
2. Wat Hy begeer – volgens Sy begeerte het Hy my en jou op hierdie aarde gesit om te heers – soos wat dit in die Hemel is so is dit op die aarde.

Rom 8:19 AMP  For [even the whole] creation (all nature) waits expectantly and longs earnestly for God's sons to be made known [waits for the revealing, the disclosing of their sonship].

Rom 5:10 MSG  If, when we were at our worst, we were put on friendly terms with God by the sacrificial death of his Son, now that we're at our best, just think of how our lives will expand and deepen by means of his resurrection life!

Hoe maak ek dit realiteit in my lewe?

Dit begin by ons gebedslewe…….dit verander die realiteite

It’s much more fun to pray with God than merely to pray to Him. Persistence in prayer doesn’t change God. It shapes us for the answer. Our faith can only go as far as our awareness of God’s goodness. – Bill Johnson

 Ons will baiekeer ‘n teologie vorm om dit wat nie gebeur het nie maar wanneer ek na Jesus se lewe kyk het Hy gefokus op wat gebeur het.
- Die Blinde man (Joh 9) is hy blind oor Sy ouer se sonde of sy eie, Jesus sê nie een van dit nie en genees hom.
- Die kind met eleptiese aanvalle (Matt 17) wat dissipels nie kon gesond maak nie.
Wanneer hierdie met ons gebeur wil ons weet hoekom nie, Jesus het nooit gebid vir ‘n antwoord nie maar hy het ‘n lewenswyse van gebed gehad sodat as ‘n antwoord nodig is hy dit kan gee. Baiekeer bid ons net wanneer ons in die krisis is end an wil ons weet hoekom word die gebed nie beantwoord nie.

Begin by die vasmaak van Sy beloftes oor ons lewens

Beloftes is merkers van die toekoms…hoe dit kan wees, herinneringe van Sy goedheid oor ons. Daardie profetiese woorde daardie beloftes wat Hy gegee het.

Psa 67:1-7 ANV  Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela  (2)  (67:3) sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.

Psa 67:1-7 MSG  God, mark us with grace and blessing! Smile!  (2)  The whole country will see how you work, all the godless nations see how you save.  (3)  God! Let people thank and enjoy you. Let all people thank and enjoy you.

Irene se seun Zander se storie…belofte oor dokter (ongeluk met motorfiets)

Begin by ‘n demonstrasie van wonderwerke.

Psa 34:8 AMP  O taste and see that the Lord [our God] is good! Blessed (happy, fortunate, to be envied) is the man who trusts and takes refuge in Him. [I Pet. 2:2, 3.]

“God moves in power, in signs and wonders—healing the sick, in deliverances, multiplying food for the hungry, raising the dead—primarily for this reason: He is good! And it is His desire to reveal His goodness—His glory—in all the earth.”
― Randy Clark, There Is More!: The Secret to Experiencing God's Power to Change Your Life

Hierdie vra vir Vaderskap en dissipelskap


Saturday, January 23, 2016

Groter as ...


Groter as …

1. Ons optrede word baie maal gevorm deur ons lewenservaring
2. Ons luister ook na die Here selektief.

Paulus se uitdaging 

 Rom 12: 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Wat as God se prentjie oor die lewe groter as jou prentjie is?
Wat as die Here vir jou meer in stoor het as ‘n gemiddelde lewe?

Ons lewens prentjie word ook beperk deur die konsep:  Ek is ‘n Christen.

Han 11:25 Barnabas is daarna Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26Toe hy hom kry, het hy hom Antiogië toe gebring. En so het dit gekom dat hulle twee ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en ’n taamlike klomp mense onderrig het. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem


  • Gelowige = mathētēs wat Dissipels beteken
  • Die eerste Christene het nog altyd na hulleself verwys as Dissipels: 

Deur die konsep:  “Ek is n Christen”  word ons baie keur in leerstelling of definisie vasgevang. Die woord dissipel plaas die klem op, volgelinge van Jesus.

Ps 16: 11 U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd.

Wil jy nie Jesus toelaat om jou lewensboks omver te gou nie, en jou nuut oor die lewe te leer nie?

JB Phillips: skryf ‘n boek met die titel: Your God is too small.

Dit is een van daardie titels wat jou laat dink

Ons plaas God in my ervarings
Denominasie
Lewensfilosofie

En neem Hom “gevange” om by my lewe aan te pas.

Het ons nie iets van die vrees van die Here verloor nie?

Lees PS 145 en laat toe dat die Here met jou hart praat.
1 My God, ek sal U prys en u Naam altyd grootmaak. U regeer oor alles. “U is my Koning”    
2 Ek wil U elke dag prys. Ek wil nooit ophou om U vir alles dankie te sê nie.
3 Die Here is groot. Hy verdien om baie geprys te word.
’n Mens kan nie regtig in woorde beskryf hoe groot Hy is nie.
4 Ouers vertel vir hulle kinders wat U gedoen het. Hulle prys U daaroor.
5 Hulle prys U wanneer hulle vir mekaar vertel van die groot dinge wat U alles gedoen het. U regeer.
6 Ek wil vertel hoe belangrik U is. U heiligheid straal uit U uit.
7Ek sal nadink oor al die wonderlike dinge wat U gedoen het.
As hulle met verbasing praat oor hoe sterk U is, sal ek oor u grootheid praat.
8 Mense sal dag en nag kan vertel van u goedheid.
U het in die verlede gewys hoe lief U mense het.
Mense sal van blydskap sing omdat U goeie dinge vir hulle doen.
9 Die Here gee graag goeie dinge aan ons. Sy hart word gou sag.
Hy is geduldig en het sy kinders baie lief. Vir almal is die Here goed.
10 Hy gee om vir alles wat Hy gemaak het.
Alles wat U gemaak het, sal u lof besing, Here.
Hulle wat U dien, sal U prys.
11Hulle vertel hoe ’n magtige koning U is.
Hulle kan nie uitgepraat raak oor hoe sterk U is nie.
12 Hulle wil hê mense moet weet hoe belangrik U is, hoe sterk en hoe groot.
13 Alles waaroor U regeer, is vol glans en glorie.
U regeer van altyd af. U sal ook vir altyd regeer.
U heers oor almal op aarde.
14 Die Here sorg vir almal wat seerkry. Hy tel elkeen op wat swaarkry.
15 Almal vestig hulle hoop op U. U versorg elkeen op die regte tyd.
16 Omdat U goed is, gee U maklik goeie dinge aan ons.
U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde.
17Die Here tree altyd reg op. In alles wat Hy doen, kan jy op Hom staatmaak.
18 Die Here is by elkeen wat Hom dien en aanbid.
Hy los niemand alleen wat Hom dien nie.

Laat jou lewe Hom aanbid? 

Hoe anders sal jou optredes nie elke dag  lyk  as ons  leef van uit ‘n besef  dat God groot is en ons in  verwondering en eerbied voor Hom staan nie.

Ef 3;20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra

Die grense van ‘n normale lewe van jou boks gaan afgebreek word.

Abraham het God roekeloos vertrou omdat hy geweet het wie God is.

Hebr 11: 8 Omdat hy geglo het, het Abraham, toe God hom geroep het, gehoorsaam weggetrek na die land wat God vir hom as ’n erfdeel sou gee. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou beland

As jy die Here met jou hele hart vertrou, sal jy Hom volg net waar Hy jou stuur.

Ps  25 Ek vertrou op die Here
1 ’n Dawidspsalm.
Ek rig my tot U, Here.
2 Ek vertrou op U, my God!
3Niemand wat op U wag,
word ooit beskaam nie,
maar húlle word beskaam
wat bedrieg sonder oorsaak.
4Here, wys my die weg
wat ek moet gaan,
leer my u paaie.
5 Lei my deur u waarheid
en leer my,
want U, o God, is my redder.
Die hele dag wag ek vol hoop op U.
6 Dink, o Here, aan u liefde
en medelye,
van altyd af deur U bewys.
8 Die Here is goed
en doen wat reg is.
Daarom wys Hy vir sondaars
die regte pad.
9 Mag Hy die nederiges
op die regte weg lei,
en vir dié wat beskeie is,
sy pad leer.
10 Die paaie van die Here
is goedheid en trou
vir dié wat getrou is
aan die bepalings
van sy verbond.
12 Wie is die een
wat die Here dien?
Hy sal hom wys
watter pad hy moet kies.
13 Hy sal in voorspoed lewe,
en sy nageslag
sal die beloofde land beërwe.
14 Die Here se voorneme
is duidelik vir dié wat Hom dien.
Aan hulle maak Hy sy verbond bekend.

Wanneer God se prentjie oor jou lewe Groter as joune word en jy begin op Sy ritme dans is jy bestem vir soveel meer.

Saturday, January 16, 2016

L'ATTITUDE: selfvertroue



Die meeste van ons sukkel met selfvertroue. Daar was tye wat jy net gevoel het die uitdagings is te veel of ek voel nie bemagtig om die projek aan te pak nie.

Die verhaal van die 12 verspieders gee ons sleutels om met selfvertroue die lewe te leef.

Hulle het oor hulle belewenis verslag aan die vergadering gebring en ‘n aanbeveling of hulle die land kan aanval gebring.

Num 13: 27 Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. 28Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot
30 Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.”
31 Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.”
10 manne van die groep  sien hulle tekortkominge.
32 Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. 33 Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in
hulle oë.”

Hulle het hulle self klein gesien.
Die gevolg was dat hulle negatief geraak het.

Num 14:2 As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het! 3 Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?”

Gesindheid van:
Ons skiet te kort
Negatiewe selfwaarde
Vrees
Pessimisme
Irrasionale optrede
Ongeloof
Rebellie

Josua en Kaleb het met ‘n teenoorgestelde gesindheid na die situasie gekyk:
Optimisme
Moed
Rasioneel
Geloof
Gehoorsaamheid

Nog meer as dit: 

Num 14:8 As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. 9 Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”

Hulle sien hulle krag nie in hulle self nie maar in God saam met hulle 

1 Kor 10:12 Don’t be so naive and self-confident. You’re not exempt. You could fall flat on your face as easily as anyone else. Forget about self-confidence; it’s useless. Cultivate God-confidence.
Hulle het besef wie hulle helper is.

Hand 3: 6 Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

Jy moet nooit na jouself kyk slegs vanuit jou eie potensiaal nie.

Die vyand se strategie was nog altyd dat jy na jouself kyk sonder God.

Lees  Gen. 1 en 3

Gen 1: 26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

Wie was Eva?  Beelddraer van God se beeld, Sy verteenwoordiger.
Kyk net wat wil die vyand hê sy moet glo.

Gen 3:4Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

  • Die duiwel wil jou laat glo jy is minder as wat jy is.
  • Sy was die beelddraer van God, nou wil hy haar laat glo sy is nie.


Dit is tyd om nie meer van uit jou selfbeeld te leef nie, maar vanuit jou Godsbeeld 

Jy dra die volheid van God se saad in jou, nog meer Hy is jou.
God is saam met jou en vir jou, en Hy wil jou Helper wees.

Kol 2:9 Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teen¬woor-dig. 10 En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.
3 In die een¬heids¬band met Christus is al die ge¬hei¬me skat¬te van wysheid en kennis te vind.
As jy jouself in ‘n eenheidsband Christus sien, deel jy aan Sy gesag en heerskappy.

Jy deel aan Sy wysheid en kennis.

Laat die volgende 3 verse jou inspireer: 

Ef 3:19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink
Jesus in jou wil jou helper wees.

Hebr 13:5 Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
6 Daarom kan ons moed skep en antwoord:
“Die Here is my hulp; daarom sal ek nie bang wees nie.

Ps 46: 2 God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed
om te help.

3 van die duurste skildery 





Saturday, January 9, 2016

L'attititude Week 2 Oorwin jou negatiewe ingesteldheid




‘n Mens se optrede straal vinnig uit wat jou ingesteldheid oor die lewe is:
Jou reaksie voor gebeure
Jou liggaamshouding
Jou woordeskat

Kom ons staan vir n oomblik stil by ons tema L’ attitude 
Die woord L’attitude:

1, Beteken in die eerste plek breedtegraad – dit dui jou posisie aan:
Ons almal staan voor ‘n nuwe jaar, nuwe geleenthede.

2, Tweedens beteken dit Vryheid van keuse: Ons almal het vryheid om te kies.

Ter wille van die reeks: skep ons,  ons eie definisie:
Vanuit jou huidige posisie, die begin van ‘n jaar, geleenthede of uitdaging waarvoor jy staan, het jy die vryheid om te kies, hoe jou ingesteldheid teenoor die jaar geen wees.

Jou houding oor die lewe, is die een aspek waaroor jy beheer het.

Die sirkel van die lewe:

Ek beleef dinge in my lewe, ek vorm ‘n gedagte oor wat gebeur het en wat voorlê. Ek gebruik woorde om dit te beskryf, en hoe meer ek die woorde en gedagtes toelaat hoe meer word dit my ingesteldheid oor die lewe.

Wat is jou ingesteldheid oor jou; 

  • Finansies en toekoms
  • Jouself
  • Verhouding met ander
  • Verhouding met Die Here


Hier is die uitdaging vir 2016
Fil: 2:5 You must have the same attitude that Christ Jesus had.

Jou gedagtewêreld en woorde, moet deur die Here beïnvloed word, sodat Hy jou optrede en ingesteldheid kan rig

Hoe verander ek my lewensingesteldheid? 

2 Kor. 10: 4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Stap 1. Vernietig jou negatiewe ingesteldheid:

Deur die jare het jy met n sekere ingesteldheid na die lewe begin kyk.
Van hierdie optredes is negatief en hou jou gevange.
Dit keer dat jy lewe in oorvloed beleef.

In die  Here het jy kragtige gevegstoerustings om dit te vernietig. 

2 Tess 2:16&17 "Verder, mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader- Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade 'n ewige troos en 'n goeie vooruitsig gegee het- mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak in elke goeie daad en woord".

2 Thes 2 15-17 So, friends, take a firm stand, feet on the ground and head high. Keep a tight grip on what you were taught, whether in personal conversation or by our letter. May Jesus himself and God our Father, who reached out in love and surprised you with gifts of unending help and confidence, put a fresh heart in you, invigorate your work, enliven your speech.

A. Identifiseer hierdie ingesteldheid. Hierdie optredes het labels om jou nek kom hang wat jou ware identiteit wil steel.

B. Gee dit vir die Here deur gebed, sodat Hy jou hart kan vernuwe:
2 Thes 2:16 May Jesus himself and God our Father, who reached out in love and surprised you with gifts of unending help and confidence, put a fresh heart in you,

Daar is krag ingebed :

Deur te bely en jou te belyn met jou ware identiteit, vernietig jy die tronk van ‘n negatiewe ingesteldheid.

2 Kor 10: 4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word.

Alle argumente van die verlede en van hoe jou toekoms lyk is vernietig.

Nou is jou hart ontvanklik om God se kennis en waarheid te hoor.

Stap 2 Wandel in die waarheid

2 Kor 10:5 ... Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Die duiwel gaan dadelik weer probeer om n nuwe gevangenis te bou.

a. Neem die negatiewe gedagtes dadelik gevange: Dit is nie van die Here nie.
b. En vervang dit met Die Here se gedagtes.

Wat doen die Here
... julle sterk maak in elke goeie daad en woord". 2Tess 2:17
Hy kom gee jou nuwe gedagtes

Fil. 4: 8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is

Hy gee jou innerlike krag om staande te bly en te volhard, sodat jou optrede en lewensingesteldheid kan verander om soos Jesus sin te wees.

Dankbaarheid is ‘n sleutel tot ‘n positiewe ingesteldheid
Ps 118:24 Dit is die dag
wat die Here gemaak het.
Laat ons daaroor juig
en bly wees.

Sien God se voorsiening in elke dag

Prediker 6: 9 Wat ’n mens se oë kan sien, is beter as ’n swerwende begeerte.
Moenie wat jy wil hê, jou beroof van wat jy het nie.

Dit is nie gelukkige mense wat dankbaar is nie. Dit is dankbare mense wat gelukkig is.

Begin juig en bly wees – Begin die Here prys vir Sy goedheid in jou lewe elke dag

Begin ook opgewonde en positief raak oor jou toekoms. 

Want hier is die waarheid
Jes 40 :8 Gras verdor,
blomme verwelk,
maar die woord van God
bly vir altyd.”

9 Boodskapper van goeie nuus,
roep vir die tempelberg
van die bergpieke af!
Boodskapper van goeie tyding,
roep hard vir Jerusalem!
Moenie bang wees nie.
Sê vir die stede van Juda:
“Hier is jou God!”
10 Die oppermagtige Here
kom met heerlike krag
en regeer met mag.
Kyk, Hy bring
sy beloning saam.
Dit is by Hom.

Wie is by jou?


Die Here het geen gelyke nie
12 Wie anders het die oseane
in sy hand gehou?
Wie het die hemel afgemeet
met die breedte van sy hand?
Wie het die grond van die aarde
met ’n maatemmer gemeet,
of het die berge en die heuwels
met ’n skaal geweeg?
13 Wie kan die Gees van die Here advies gee?
Wie weet genoeg
om Hom raad te gee
of Hom te leer?
14 Het die Here al ooit raad
van ander nodig gehad?
Het Hy nodig dat iemand
Hom vertel wat die goeie is
of wat die beste is?

25“Met wie sal julle My
vergelyk?
Wie is my gelyke?”
vra die Heilige Een.
26Kyk op na die hemel.
Wie het die sterre gemaak?
Hy laat hulle
soos ’n leërmag uitmarsjeer,
die een ster na die ander,
en roep elkeen by sy naam.
Met sy groot krag en mag
sorg Hy dat nie een wegraak
of verdwaal nie.


11 Hy versorg sy kudde
soos ’n herder.
Die lammers maak Hy bymekaar
in sy arms, en dra hulle naby sy hart.
Skaapooie met lammers versorg Hy.

29 Hy gee krag
aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk.
30 Selfs jongmense raak uitgeput
en afgemat. Baie jongmense struikel
en val.

31 Maar dié wat hulle hoop
op die Here stel,
sal hulle krag terugkry.
Hulle vlieg hoog,
soos arende.
Hulle sal hardloop
en nie moeg word nie.
Hulle sal loop
en nooit vermoeid word nie.






Saturday, January 2, 2016

L’attitude week 1 – Perspektief



In die afskop van hierdie reeks het ons nodig om te vra: Wat bepaal my en jou gesindheid? Dink daar is meer, maar hierdie is een van die belangrikste...

Perspektief – perception=projection – The way you view/filter people is the way you will treat them – Trudy Vesotsky

Perspektief is gebou op dit waarvan ek en jy oortuig is, dit wat ons glo end it wat waardevol is vir ons (GPS gaan oor jou wêreldbeskouing). Drie elemente wat my perspektief bepaal:

Hoe ek kyk na die ewigheid?

Die afgelope tyd het mense my gevra oor die eindtye. Hoe ek daaroor dink bepaal my perspektief oor die ewigheid. Ons lees Matt 24 en ons lees groot verdrukking, antichrist en smarte en pyn. Maar ons lees nie vers 34 waar die Here met Israel praat en sê hierdie geslag (40 jaar) sal nie uitgaan voor al hierdie goed gebeur het nie. Perspektief van Matt 24 is so diep gesetel in die negatiewe dat ons die positiewe kan mis. Hoe ek dink oor die einde bepaal of ek leef in oorwinning of vrees.(prentjie) (Woordskool oor Openbaring – April)

1. Hou Christus as die middelpunt van jou wêreld ( 2 Kor 4:6/Open 4:7)

2Co 4:6 MSG  It started when God said, "Light up the darkness!" and our lives filled up with light as we saw and understood God in the face of Christ, all bright and beautiful.

Christus is die hoeksteen van my ewigheid’s perspektief. Om myself te posisioneer in die teenwoordigheid van die openbaring van Christ is die sleutel tot oorwinning.  (Rom 11:36/Eph 1:20-23 MSG – die heerskappy is myne in hom)

Psa 27:4-5 MSG  I'm asking GOD for one thing, only one thing: To live with him in his house my whole life long. I'll contemplate his beauty; I'll study at his feet.  (5)  That's the only quiet, secure place in a noisy world, The perfect getaway, far from the buzz of traffic.

Bewustheid van Sy teenwoordigheid is net moontlik wanneer ek intiem met Christus is

Hoe ek kyk na my lewe?

2 Kor 3:18 ANV  Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2Co 3:18 MSG  All of us! Nothing between us and God, our faces shining with the brightness of his face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.

Christus is die fondasie van my lewe. Wanneer ek my lewe gee om verander te word soos Hy verander my gesindheid teenoor die lewe, ek skep ‘n omgewing van hoop, deurbrake want ek ken die persoon wat alles verander.

2. Hou Christus as die fondasie van jou identiteit 

Efe 1:17-19 ANV  bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.  (18)  Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,  (19)  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag

Omhels met alles wat in jou is, Jesus as persoon

Hoe ek kyk na my wêreld?

Christus word die motivering vir om optrede en elke ding wat ek aanpak. Ek leef my lewe getrou aan die proses om Hom gemanifesteerd te sien in my wêreld.

Joh 1:14 AMP  And the Word (Christ) became flesh (human, incarnate) and tabernacled (fixed His tent of flesh, lived awhile) among us; and we [actually] saw His glory (His honor, His majesty), such glory as an only begotten son receives from his father, full of grace (favor, loving-kindness) and truth. [Isa. 40:5.]

Hand 1:8 ANV  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

3. Hou jou fokus op die regte goed

Ek het hierdie passie om te sien dat mense se lewens verander, so my gesindheid is een van hoe kan ek help? Hoe kan ek bid? En hoe kan ek ‘n voorbeeld vir jou wees?
Ek het hierdie passie om te sien dat die koninkryk van die Here gevestig word, in elke plek wat ek beweeg. Nou word ek ‘n leier wat my stad verander na ‘n plek waar God regeer end it is my gesindheid vir 2016.

Storie van, ons bure se kind: die 11km hardloop

 1Kor 9:24-27 ANV  Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.  (25)  Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.  (26)  Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie.  (27)  Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

Bediening: Profetiese woord vir 2015

Isa 9:6-7 ANV  (9:5) Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.  (7)  (9:6) Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Heb 5:12-14 AOV  Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.  (13)  Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.  (14)  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Sy heerskappy gaan vergroot in 2016, ons het nodig om mense te word wat volwasse is in die gees, wat die geestegewoontes geoefen het om vir mense te wys wat is dit om te leef as ‘n voorbeeld van Christus. Hierdie jaar is ‘n jaar van increase, increase in sy koninkryk, increase in vaderskap vir geestelike kinders wat verantwoordelikheid neem vir hul omgewing (Bill se statement)

Onthou: Sy “purpose” is jou “purpose”

“People often come to me and ask me to pray for them, that they would discover God’s will for their life. I already know God’s will for their life – heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers. They say, ‘Yes, but I need to know if I should be a schoolteacher or a missionary.’ I say, ‘Well, just pick one, and then heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers.’ Or they will say, ‘I just don’t know whether I should be married or should be single.’ I reply, ‘What do you want to be?’ ‘I really want to be married.’ ‘Then get married... and heal the sick, raise the dead, cast out devils, cleanse lepers.” ― Bill Johnson, Manifesto for a Normal Christian Life