Saturday, May 9, 2015

Sent: Gesonde Lewenstyl


Sent: Gesonde lewenstyl

Jy word uitgedaag om wyer te sien.

Lees Luk 10: 29 Maar die man wou homself regverdig en vra toe vir Jesus: “En wie is my medemens?” 30 En Jesus antwoord: “’n Joodse man was op reis van Jerusalem na Jerigo toe hy deur rowers aangeval is. Hulle het sy klere uitgetrek, hom aangerand en halfdood langs die pad laat lê. En toe is hulle vort. 31 “Toevallig kom daar ’n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy aan die ander kant by hom verbygegaan. 32 “So het ook ’n Leviet daar aangekom, die man een kyk gegee en ook aan die ander kant verbygegaan. 33 “Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. 34 Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg. 35 Die volgende dag gee hy vir die herbergier twee silwermuntstukke en vra hom om die man te versorg. ‘As die rekening meer as dit is,’ het hy gesê, ‘sal ek die verskil betaal wanneer ek weer hierlangs kom.’ 36 “Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ’n naaste vir die man wat deur die rowers aangeval is?” het Jesus gevra. 37 Die man het geantwoord: “Die een wat aan hom medelye bewys het.” Toe het Jesus gesê: “Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

Jesus beantwoord die vraag. Waar moet ons betrokke raak?

Die Jood en die Leviet het gekyk maar nie gesien nie.

Ons probleme is ongelukkig baie keer ons enigste realiteit.
Ons word in Suid Afrika oorweldig met groot nood. Waar begin ons?

Die Samaritaan

Kyk en sien die nood raak – Die woorde “Innig Jammer” het hom gedryf om betrokke te raak.


  • Juis die feit dat Jesus ‘n Samaritaan as voorbeeld gebruik het verbreed die begrip “My Naaste”. 
  • Dit daag ons uit om buite grense betrokke te raak.

Selgroep vraag: Wie sien jy as jou naaste? 

Jesus maak ons deel van die storie met die woorde.
“Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

Here am I send me…

Luk 10 :34 Die Samaritaan help die man nie net op ‘n geestelike gebied nie, maar hy verbind hom en versorg hom.

God wil hê dat dit holisties goed met ons sal gaan.

Jes 9 6 &7 For a child has been born—for us!
the gift of a son—for us!
He’ll take over
the running of the world.
His names will be: Amazing Counselor,
Strong God,
Eternal Father,
Prince of Wholeness.
His ruling authority will grow,
and there’ll be no limits to the wholeness he brings.


  • Prince of Wholeness – Dit is deel van die karakter van God.
  • His ruling authority will grow, and there’ll be no limits to the wholeness he brings. - Dit is deel van die visie van God.


Twee verse uit die nuwe testament wat dit bevestig.

1 Tim 1:11 "Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevertrou is, die evangelie van die heerlikheid van die goeie God."

Matt5:3 "Geseënd is die wat arm is van gees want aan hulle behoort die koningkryk vd hemele"

Goeie God – Die Griekse woord vir goeie is “Makarios” (Geluk, vrede, voorspoed).
Geseënd is … Die Griekse woord vir geseënd is Makarios.
God wil hê dat dit goed gaan met die mens Siel, Gees en Liggaam.

3 Joh 2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Selgroep vraag: Hoe sal julle 3 Joh. 2 toepas in julle selgroeplewe? 

Deels is die vestiging van die Koninkryk van God in ‘n stad is ‘n Gesonde lewenstyl.

1. In die omgewing waar ons leef.
Is mense versorg?
Is daar vrede?
Gesonde gesinne.

2. Gesonde liggaam.
Gesonde wyse van leef.
Herstel.

3. Gesonde Psige
Emosioneel gesond.
Leef in vrede.
“Celebrate life - Waardeer kuns, kuier, musiek.

Waar dit afwesig is, sal jy toelaat dat die Here deur jou werk om herstel te bring?

Jes 9: 1  Die mense wat in die donkerte geleef het, sal ’n groot lig sien. Die lig sal skyn op almal in die land waaroor die dood ’n skaduwee gegooi het.

Selgroep vraag: Wat kan jy/ons elke dag prakties  doen om gesonde lewenstyl in ons stad te bring? 



No comments:

Post a Comment