Saturday, May 23, 2015

Awakening 2

Awakening 2

Is daar meer in ons verhouding met die Heilige Gees?

Ef. 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.

Wat  ons al beleef het in ons verhouding met die Heilige Gees is nog beperk teenoor wat die Heilige Gees in ons en deur ons wil doen.

'n Gebed vir meer

Die dissipels word deur die Joodse raad beveel om nie verder die boodskap van die Here uit te dra nie.

Luister net na hulle gebed.

Hand 4:  29 En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

Hulle bid vir die Heilige Gees om deur hulle te werk.

Hand 4:31 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

Terwyl hulle bid beleef  hulle ‘n ontmoetingsoomblik  waar hulle bewus raak van die Heilige Gees by en in julle.

Vervul

Die Bybel verwys na die uitstorting van die Heilige Gees op verskillende wyses:

Gedoop, vervul deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees het oor hulle gekom.

Al hierdie begrippe verwys daarna dat hulle lewe deurweek was met die Heilige Gees.

1 Kor. 6:19 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie?

Om in die volheid van die Heilige Gees te wandel was ‘n lewenswyse.

Fillipus 

Hand. 4:3 Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel.

Hulle kies mans wat deur die Heilige Gees se leiding beheer word. Hulle gaan nie net op hulle eie potensiaal staatmaak om die werk te doen nie.

Hand 4:5 Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet was). 6Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.

Fillipus was een van die mans. ‘n Normale man wat gehelp het met die organisering van die weduwees se kosprojek.

Die Jerusalem kerk kom onder vervolging. 

Hand 8:1 ’n Hewige vervolging van die kerk in Jerusalem het daardie dag begin. Al die gelowiges, behalwe die apostels, het uitgewyk na die gebiede van Judea en Samaria
(Hand 1:8 Julle sal krag ontvang om my getuie te wees in Jerusalem sowel Judea en Samaria)

Lees net Fillipus se storie.

Hand 8:4 Die gelowiges wat uit Jerusalem gevlug het, het so ver as wat hulle gegaan het, die Goeie Nuus verkondig. 5 Filippus het byvoorbeeld na die stad Samaria gegaan en hulle van Christus vertel. 6 Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister. 7 Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak. 8 Daar was groot blydskap in daardie stad.

Daar is soveel meer in stoor vir ons wat vol is van die Heilige Gees.

Die Heilige Gees wil betrokke wees in jou lewe

Joh 14: 15 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam. 16 En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; 17 dit is die Gees van die waarheid. Die wêreld is nie in staat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon.

1. Die Heilige Gees woon in ons.
2. Die Heilige Gees wil jou Raadsman wees. (Parakletos)
Hy wil jou lei in jou elke dag lewe.
Hy wil jou lei in waarheid.

Joh 14: 13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel.

Rom 8: 15 Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. 16 Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is.

Selgroep vraag: Wat beteken die Heilige Gees as raadsman vir jou?

Paulus rig ‘n waarskuwing na ons

Ef. 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Verseël

1. Verseël beteken dat die Heilige Gees jou nooit sal los nie.

Heb. 13:5 Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."
6 Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?"

2. Die woord wat in 1 Kor 12 vir gawes gebruik word is Charisma.
“a gift of grace; a favor which one receives without any merit of his own”
Die Heilige Gees se gawes is onverdiend. Jy kan dit nie deur jou goeie werke verdien nie.
Hy vat die gevoel van diskwalifisering van jou af weg.
Die Heilige Gees is altyd by jou en onverdiend betrokke in jou lewe.

Wat beteken bedroef? 

Ef. 4:30  Don't grieve God. Don't break his heart. His Holy Spirit, moving and breathing in you, is the most intimate part of your life, making you fit for himself. Don't take such a gift for granted.


  • Die Heilige Gees raak hartseer as Hy weet waartoe jy in staat is en jy leef ‘n minder as dit lewe.
  • Hy raak bedroef as Hy jou wil begelei na ‘n oorvloedige lewe en jy kies jou eie rigting.
  • Hy raak bedroef as Hy die waarheid aan jou oopmaak en jy kies om  ‘n leuen te glo.

Selgroep vraag: Hoe het jy al die Heilige Gees bedroef? 

Moet daarom dus nie die stem van die Heilige Gees ignoreer nie.
1Th 5:19 Blus die Gees nie uit nie
1Th 5:20 Verag die profesieë nie.

  • Onthou die Heilige Gees sal nooit ophou klop aan jou lewensdeur nie.
  • Ons kan wel stomp raak om sy stem te hoor.


Man shall not live by bread alone, but by every word that proceeds from the mouth of God.  Deut.8:3.

“Awakening” begin by intensionele bewuswording van die Heilige Gees in jou lewe.

Voordat jy Bybel lees: Bid en vra dat die Heilige Gees die Woord vir jou sal oopmaak.
In die oggend as jy opstaan: Bid en se vir de Heilige Gees dat Hy jou kan gebruik soos Hy wil.

Selgroep vraag: Wat kan jy doen om meer ruimte te skep vir die Heilige Gees se leiding?











No comments:

Post a Comment