Saturday, May 16, 2015

Awakening: Word gevul deur die Heilige Gees

Awakening 

Heilige Gees wil betrokke wees in jou elke dag lewe, soos in Jesus se lewe.

Jes 11:2 Die Gees van die Here
sal op hom rus,
die Gees wat wysheid?
en insig bring,
die Gees wat raad
en krag bring,
die Gees wat kennis
en eerbied vir die Here bring.

Hierdie profetiese woord kom in vervulling in Jesus se lewe. Lees Luk 4.

Luk 4:1  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die
Gees in die woestyn gelei  ...
14 Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword. 15Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My aangestel het om die Goeie Nuus vir die armes aan te kondig. Hy het My gestuur om aan te kondig dat gevangenes vrygelaat sal word, dat blindes sal sien, dat onderdruktes bevry sal word van hulle verdrukkers, 19en dat die tyd van die Here se goedheid gekom het.”

Jesus was vir ons ‘n voorbeeld van hoe om in verhouding met die Heilige Gees te lewe.

Joh. 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Selgroep vraag: Hoe inspireer Jesus se lewe jou?

Joel verwys daarna dat die Heilige Gees net so op ons as mense uitgestort gaan word.  

Joe 2:28  En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29  En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

Jesus verwys ook daarna, in Sy laaste woorde.

Hand 1: 8 Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”

Wedergeboorte – Ek gee my lewe vir Jesus Christus. Ek word kind van God.
Doop – Dis ‘n publieke verklaring van my wedergeboorte.
Die vervulling met die Heilige Gees is ‘n derde moment waar ons bekragtig word  deur die Heilige Gees vir dienswerk en die bonatuurlike.

Luk 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Hand 2 is die bekende  verhaal van die uitstorting  van die Heilige Gees oor  120 mense  wat in die bo-vertrek gewag het.

‘n Soortgelyke voorbeeld vind ons in 
Hand 19:1.Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binnelandse gebiede van Klein-Asië Efese toe gereis. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry. 2 Hy het vir hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle begin glo het?”
“Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie,” het hulle hom geantwoord.
3 “Met watter doop is julle dan gedoop?” het hy gevra.
Hulle het geantwoord: “Met die doop van Johannes.”
4 Paulus sê toe: “Johannes se doop was ’n bevestiging dat ’n mens jou van jou sonde bekeer het tot God. Johannes het self vir die volk gesê hulle moet in Jesus glo, dié Een wat hy gesê het ná hom kom.”
5 Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. 6 Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer. 7 Altesaam was dit ongeveer twaalf mans

Hier word na al drie geloofsgebeure verwys.

Die vervulling van die Heilige Gees bring my dus by ‘n plek van meer as net my menslike vermoëns.

Selgroep vraag: Wat is jou definisie van die vervulling met die Heilige Gees? 

Die Heilige Gees se gawes begin deur my werk.

Act 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

1 Kor 12: 4 Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. 5 En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. 6 Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.

Ef. 4 Behandel die verskillende bedieninge wat teenwoordig moet wees in ‘n gemeente.
Rom. 12 Behandel verskillende bedieninge van die individu.
1 Kor. 12  Fokus op gawes wat die nood van mense se aanspreek.

Die Here sien mense se behoefte raak en dan werk die Heilige Gees deur my as dienskneg om die behoefte aan te spreek.

Dit gaan nie oor my eie krag nie, maar dat ek saam met die Heilige Gees vloei.

Nog meer as net om ander te bedien,  
Maak die Heilige Gees my sterk in moeilike tye.
Jud 20-21 But you, dear friends, carefully build yourselves up in this most holy faith by praying in the Holy Spirit, staying right at the center of God’s love, keeping your arms open and outstretched, ready for the mercy of our Master, Jesus Christ. This is the unending life, the real life!
Lei die Heilige Gees my in wysheid
John 16:13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid

Die vervulling met die Heilige Gees help jou om in volheid te lewe.

Selgroep vraag: Waarom is dit nodig dat jy met die Heilige Gees vervul moet word?

Daar  moet ‘n begeerte ontstaan na die vervulling van die Heilige Gees.

Joh 7:37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Joh 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Joh 7:39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

As ons verstaan dat  ons in onsself beperk is sal daar ‘n dors ontstaan in ons hart.

Die profeet Sagaria  skryf ‘n profetiese woord vir die kerk.

Zag 4:6 Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

Nie alleen jou krag, potensiaal en besitting het jy nodig vir die lewe nie, maar dit is n wete jy kan sonder die Heilige Gees leef nie.


  • Sagaria se visioen 


Hy sien die kerk as ‘n kandelaar, met ‘n oliehouer wat bo oor dit staan.
Die oliehouer word voordurend gevul deur twee Olyfbome wat olie afgee.


  • Die betekenis

Die Here wil die Kerk en jou bonatuurlik gebruik om lig te wees, maar ons moet toelaat dat die Heilige Gees elke dag deur ons werk.

Jy kan nie sonder die Heilige Gees lewe nie.


No comments:

Post a Comment