Saturday, May 30, 2015

Awakening 3 - VRIENDSKAP MET DIE HEILIGE GEES

Vandag wil ek met jou gesels oor wat beteken hierdie vriendskap vir my en jou?

Indien die HG 'n mag is, sal almal dit wil besit. Maar as Hy 'n persoon is sal dit beteken die HG ons moet besit. Indien die HG 'n krag is sal ons wil hê dat die HG ons nukke en grille moet uitvoer.  Maar as die HG 'n persoon is sal ons onsself totaal onderwerp en aan Hom oorgee sodat Hy deur ons kan doen wat Hy wil Indien die HG 'n mag is sal ons trots wees daarop om dit te hê en ons sal meerderwaardig voel teenoor diegene wat dit nie het nie, maar as die HG 'n persoon is, sal ons nederigheid dankbaar wees dat die derde persoon van die Drie - eenheid gekies het om in sy groot liefde in ons te kom woon. - Dirkie vd Spuy - wanneer die HG werk –

Beskrywing van Heilige Gees

But when the Comforter (Counselor, Helper, Advocate, Intercessor, Strengthener, Standby) comes, Whom I will send to you from the Father, the Spirit of Truth Who comes (proceeds) from the Father, He [Himself] will testify regarding Me. (Joh 15:26 AMP)

1. Vra vir gesprekke

Stilte

Psa 62:5 AOV  (62:6) Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

Stil (Rom 1:19-21&Ps 19:1-4) – God se openbaring is klaar daar maar hulle het gekies om anders te luister – dit beteken ‘n plek waar ek gefokus is op net God se stem (Jes 55) – daar is geen clutter nie (Ps 8 wie is die mens) – beteken ek moet my lewe un-clutter (Gen 1-3) a broken picture – tuin van eden – voor dit met God gewandel – perfect picture (place of absolute silence).

Voorbeeld RADAR prentjie

Verwagting – wag soos die dissiples gaan wag het op die bekragtiging van die Heilige Gees – Efe 5:18 waar Hy sê word daagliks vervul met die Heilige Gees

Ons leer die Here ken

1 Kor 2:9-12 Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

As ek nie weet nie weet Hy

Rom 8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

2. Vra vir aanraking

Ek is vry voor die Here en voor mense

Hand 4:31  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Ek groei in vermoë (empowerment)

Efes 3:16  dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens.

Voorbeeld: (Net voor die bergpredikasie)
Luk 6:18-19 ANV  wat gekom het om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak.  (19)  Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het.

En die vrou wat aan bloedvloeiing (Luk 8:46)

Dieselfde simbool as Joh 7:37-39 (strome van lewende water wat uitvloei – Heilige Gees wat sal bekragtig)

Abe se storie- voel ek gaan uitbrand vannaand het ek net weer krag

Eph 5:18-19 MSG  Don't drink too much wine. That cheapens your life. Drink the Spirit of God, huge draughts of him.  (19)  Sing hymns instead of drinking songs! Sing songs from your heart to Christ.

Soos ‘n battery wat herlaai moet word

Ek word geinspireer

Eks 31:3  en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper.

Adele se storie - wiskunde

3. Hier is ‘n uiterlike manifestasie van ‘n innerlike realiteit

Hand 19:6 ANV  Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer.

‘n Bewustheid dat die Here is by my (1 Kor 6:19)
‘n Bewustheid van vrede, blydskap en liefde (Hand 2:15, Rom 5:17)
‘n Bewustheid van die gawes van die Heilige Gees (1 Kor 12) – Roedolf se storie oor oor en Danele se storie oor bloukol
‘n Bewustheid van intimiteit (my gebedstaal)

3 aanwendings van tale in die skrif
a.Gawe van Tale (1 Kor 12)
b.Ander tale (Hand 2:4)
c.Gebedstaal (1 Kor 14:2)

Wat is my gebedstaal ?

1. Geheime tussen jou en God

If you praise him in the private language of tongues, God understands you but no one else does, for you are sharing intimacies just between you and him. (1Co 14:2 MSG)

2. Jy bou jouself op

He who speaks in a [strange] tongue edifies and improves himself, ..... (1Co 14:4 AMP)

3. Doen altwee as jy bid

If I pray in tongues, my spirit prays but my mind lies fallow, and all that intelligence is wasted. So what's the solution? The answer is simple enough. Do both. I should be spiritually free and expressive as I pray, but I should also be thoughtful and mindful as I pray. I should sing with my spirit, and sing with my mind. (1Co 14:14-15 MSG)

Heinrich se storie

Die Heilige Gees is nie opsioneel nie, ontwaking vereis vriendskap met Heilige Gees

Kleingroepe:

1. Hoe lyk jou gesprekke met die Heilige Gees
2. Bid saam vir die aanraking in areas waar daar nie aanraking is nie
3. Bid vir mense met die bekragtiging met die Heilige Gees en vertrou die Here vir ‘n demonstrasie         van Sy Krag in jou kleingroep

Saturday, May 23, 2015

Awakening 2

Awakening 2

Is daar meer in ons verhouding met die Heilige Gees?

Ef. 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.

Wat  ons al beleef het in ons verhouding met die Heilige Gees is nog beperk teenoor wat die Heilige Gees in ons en deur ons wil doen.

'n Gebed vir meer

Die dissipels word deur die Joodse raad beveel om nie verder die boodskap van die Here uit te dra nie.

Luister net na hulle gebed.

Hand 4:  29 En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30 Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

Hulle bid vir die Heilige Gees om deur hulle te werk.

Hand 4:31 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

Terwyl hulle bid beleef  hulle ‘n ontmoetingsoomblik  waar hulle bewus raak van die Heilige Gees by en in julle.

Vervul

Die Bybel verwys na die uitstorting van die Heilige Gees op verskillende wyses:

Gedoop, vervul deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees het oor hulle gekom.

Al hierdie begrippe verwys daarna dat hulle lewe deurweek was met die Heilige Gees.

1 Kor. 6:19 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie?

Om in die volheid van die Heilige Gees te wandel was ‘n lewenswyse.

Fillipus 

Hand. 4:3 Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel.

Hulle kies mans wat deur die Heilige Gees se leiding beheer word. Hulle gaan nie net op hulle eie potensiaal staatmaak om die werk te doen nie.

Hand 4:5 Die voorstel het by almal byval gevind, en hulle het die volgende mans verkies: Stefanus (’n man vol van geloof en die Heilige Gees), Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus van Antiogië (wat voorheen ’n Joodse proseliet was). 6Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.

Fillipus was een van die mans. ‘n Normale man wat gehelp het met die organisering van die weduwees se kosprojek.

Die Jerusalem kerk kom onder vervolging. 

Hand 8:1 ’n Hewige vervolging van die kerk in Jerusalem het daardie dag begin. Al die gelowiges, behalwe die apostels, het uitgewyk na die gebiede van Judea en Samaria
(Hand 1:8 Julle sal krag ontvang om my getuie te wees in Jerusalem sowel Judea en Samaria)

Lees net Fillipus se storie.

Hand 8:4 Die gelowiges wat uit Jerusalem gevlug het, het so ver as wat hulle gegaan het, die Goeie Nuus verkondig. 5 Filippus het byvoorbeeld na die stad Samaria gegaan en hulle van Christus vertel. 6 Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister. 7 Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak. 8 Daar was groot blydskap in daardie stad.

Daar is soveel meer in stoor vir ons wat vol is van die Heilige Gees.

Die Heilige Gees wil betrokke wees in jou lewe

Joh 14: 15 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam. 16 En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; 17 dit is die Gees van die waarheid. Die wêreld is nie in staat om Hom te ontvang nie omdat hy Hom nie sien of ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon.

1. Die Heilige Gees woon in ons.
2. Die Heilige Gees wil jou Raadsman wees. (Parakletos)
Hy wil jou lei in jou elke dag lewe.
Hy wil jou lei in waarheid.

Joh 14: 13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel.

Rom 8: 15 Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. 16 Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is.

Selgroep vraag: Wat beteken die Heilige Gees as raadsman vir jou?

Paulus rig ‘n waarskuwing na ons

Ef. 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Verseël

1. Verseël beteken dat die Heilige Gees jou nooit sal los nie.

Heb. 13:5 Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."
6 Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?"

2. Die woord wat in 1 Kor 12 vir gawes gebruik word is Charisma.
“a gift of grace; a favor which one receives without any merit of his own”
Die Heilige Gees se gawes is onverdiend. Jy kan dit nie deur jou goeie werke verdien nie.
Hy vat die gevoel van diskwalifisering van jou af weg.
Die Heilige Gees is altyd by jou en onverdiend betrokke in jou lewe.

Wat beteken bedroef? 

Ef. 4:30  Don't grieve God. Don't break his heart. His Holy Spirit, moving and breathing in you, is the most intimate part of your life, making you fit for himself. Don't take such a gift for granted.


  • Die Heilige Gees raak hartseer as Hy weet waartoe jy in staat is en jy leef ‘n minder as dit lewe.
  • Hy raak bedroef as Hy jou wil begelei na ‘n oorvloedige lewe en jy kies jou eie rigting.
  • Hy raak bedroef as Hy die waarheid aan jou oopmaak en jy kies om  ‘n leuen te glo.

Selgroep vraag: Hoe het jy al die Heilige Gees bedroef? 

Moet daarom dus nie die stem van die Heilige Gees ignoreer nie.
1Th 5:19 Blus die Gees nie uit nie
1Th 5:20 Verag die profesieë nie.

  • Onthou die Heilige Gees sal nooit ophou klop aan jou lewensdeur nie.
  • Ons kan wel stomp raak om sy stem te hoor.


Man shall not live by bread alone, but by every word that proceeds from the mouth of God.  Deut.8:3.

“Awakening” begin by intensionele bewuswording van die Heilige Gees in jou lewe.

Voordat jy Bybel lees: Bid en vra dat die Heilige Gees die Woord vir jou sal oopmaak.
In die oggend as jy opstaan: Bid en se vir de Heilige Gees dat Hy jou kan gebruik soos Hy wil.

Selgroep vraag: Wat kan jy doen om meer ruimte te skep vir die Heilige Gees se leiding?











Saturday, May 16, 2015

Awakening: Word gevul deur die Heilige Gees

Awakening 

Heilige Gees wil betrokke wees in jou elke dag lewe, soos in Jesus se lewe.

Jes 11:2 Die Gees van die Here
sal op hom rus,
die Gees wat wysheid?
en insig bring,
die Gees wat raad
en krag bring,
die Gees wat kennis
en eerbied vir die Here bring.

Hierdie profetiese woord kom in vervulling in Jesus se lewe. Lees Luk 4.

Luk 4:1  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die
Gees in die woestyn gelei  ...
14 Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword. 15Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My aangestel het om die Goeie Nuus vir die armes aan te kondig. Hy het My gestuur om aan te kondig dat gevangenes vrygelaat sal word, dat blindes sal sien, dat onderdruktes bevry sal word van hulle verdrukkers, 19en dat die tyd van die Here se goedheid gekom het.”

Jesus was vir ons ‘n voorbeeld van hoe om in verhouding met die Heilige Gees te lewe.

Joh. 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Selgroep vraag: Hoe inspireer Jesus se lewe jou?

Joel verwys daarna dat die Heilige Gees net so op ons as mense uitgestort gaan word.  

Joe 2:28  En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29  En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

Jesus verwys ook daarna, in Sy laaste woorde.

Hand 1: 8 Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”

Wedergeboorte – Ek gee my lewe vir Jesus Christus. Ek word kind van God.
Doop – Dis ‘n publieke verklaring van my wedergeboorte.
Die vervulling met die Heilige Gees is ‘n derde moment waar ons bekragtig word  deur die Heilige Gees vir dienswerk en die bonatuurlike.

Luk 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Hand 2 is die bekende  verhaal van die uitstorting  van die Heilige Gees oor  120 mense  wat in die bo-vertrek gewag het.

‘n Soortgelyke voorbeeld vind ons in 
Hand 19:1.Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binnelandse gebiede van Klein-Asië Efese toe gereis. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry. 2 Hy het vir hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle begin glo het?”
“Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie,” het hulle hom geantwoord.
3 “Met watter doop is julle dan gedoop?” het hy gevra.
Hulle het geantwoord: “Met die doop van Johannes.”
4 Paulus sê toe: “Johannes se doop was ’n bevestiging dat ’n mens jou van jou sonde bekeer het tot God. Johannes het self vir die volk gesê hulle moet in Jesus glo, dié Een wat hy gesê het ná hom kom.”
5 Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. 6 Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer. 7 Altesaam was dit ongeveer twaalf mans

Hier word na al drie geloofsgebeure verwys.

Die vervulling van die Heilige Gees bring my dus by ‘n plek van meer as net my menslike vermoëns.

Selgroep vraag: Wat is jou definisie van die vervulling met die Heilige Gees? 

Die Heilige Gees se gawes begin deur my werk.

Act 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

1 Kor 12: 4 Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. 5 En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. 6 Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer.

Ef. 4 Behandel die verskillende bedieninge wat teenwoordig moet wees in ‘n gemeente.
Rom. 12 Behandel verskillende bedieninge van die individu.
1 Kor. 12  Fokus op gawes wat die nood van mense se aanspreek.

Die Here sien mense se behoefte raak en dan werk die Heilige Gees deur my as dienskneg om die behoefte aan te spreek.

Dit gaan nie oor my eie krag nie, maar dat ek saam met die Heilige Gees vloei.

Nog meer as net om ander te bedien,  
Maak die Heilige Gees my sterk in moeilike tye.
Jud 20-21 But you, dear friends, carefully build yourselves up in this most holy faith by praying in the Holy Spirit, staying right at the center of God’s love, keeping your arms open and outstretched, ready for the mercy of our Master, Jesus Christ. This is the unending life, the real life!
Lei die Heilige Gees my in wysheid
John 16:13 Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid

Die vervulling met die Heilige Gees help jou om in volheid te lewe.

Selgroep vraag: Waarom is dit nodig dat jy met die Heilige Gees vervul moet word?

Daar  moet ‘n begeerte ontstaan na die vervulling van die Heilige Gees.

Joh 7:37  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Joh 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Joh 7:39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

As ons verstaan dat  ons in onsself beperk is sal daar ‘n dors ontstaan in ons hart.

Die profeet Sagaria  skryf ‘n profetiese woord vir die kerk.

Zag 4:6 Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”

Nie alleen jou krag, potensiaal en besitting het jy nodig vir die lewe nie, maar dit is n wete jy kan sonder die Heilige Gees leef nie.


  • Sagaria se visioen 


Hy sien die kerk as ‘n kandelaar, met ‘n oliehouer wat bo oor dit staan.
Die oliehouer word voordurend gevul deur twee Olyfbome wat olie afgee.


  • Die betekenis

Die Here wil die Kerk en jou bonatuurlik gebruik om lig te wees, maar ons moet toelaat dat die Heilige Gees elke dag deur ons werk.

Jy kan nie sonder die Heilige Gees lewe nie.


Saturday, May 9, 2015

Sent: Gesonde Lewenstyl


Sent: Gesonde lewenstyl

Jy word uitgedaag om wyer te sien.

Lees Luk 10: 29 Maar die man wou homself regverdig en vra toe vir Jesus: “En wie is my medemens?” 30 En Jesus antwoord: “’n Joodse man was op reis van Jerusalem na Jerigo toe hy deur rowers aangeval is. Hulle het sy klere uitgetrek, hom aangerand en halfdood langs die pad laat lê. En toe is hulle vort. 31 “Toevallig kom daar ’n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy aan die ander kant by hom verbygegaan. 32 “So het ook ’n Leviet daar aangekom, die man een kyk gegee en ook aan die ander kant verbygegaan. 33 “Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. 34 Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg. 35 Die volgende dag gee hy vir die herbergier twee silwermuntstukke en vra hom om die man te versorg. ‘As die rekening meer as dit is,’ het hy gesê, ‘sal ek die verskil betaal wanneer ek weer hierlangs kom.’ 36 “Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ’n naaste vir die man wat deur die rowers aangeval is?” het Jesus gevra. 37 Die man het geantwoord: “Die een wat aan hom medelye bewys het.” Toe het Jesus gesê: “Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

Jesus beantwoord die vraag. Waar moet ons betrokke raak?

Die Jood en die Leviet het gekyk maar nie gesien nie.

Ons probleme is ongelukkig baie keer ons enigste realiteit.
Ons word in Suid Afrika oorweldig met groot nood. Waar begin ons?

Die Samaritaan

Kyk en sien die nood raak – Die woorde “Innig Jammer” het hom gedryf om betrokke te raak.


  • Juis die feit dat Jesus ‘n Samaritaan as voorbeeld gebruik het verbreed die begrip “My Naaste”. 
  • Dit daag ons uit om buite grense betrokke te raak.

Selgroep vraag: Wie sien jy as jou naaste? 

Jesus maak ons deel van die storie met die woorde.
“Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

Here am I send me…

Luk 10 :34 Die Samaritaan help die man nie net op ‘n geestelike gebied nie, maar hy verbind hom en versorg hom.

God wil hê dat dit holisties goed met ons sal gaan.

Jes 9 6 &7 For a child has been born—for us!
the gift of a son—for us!
He’ll take over
the running of the world.
His names will be: Amazing Counselor,
Strong God,
Eternal Father,
Prince of Wholeness.
His ruling authority will grow,
and there’ll be no limits to the wholeness he brings.


  • Prince of Wholeness – Dit is deel van die karakter van God.
  • His ruling authority will grow, and there’ll be no limits to the wholeness he brings. - Dit is deel van die visie van God.


Twee verse uit die nuwe testament wat dit bevestig.

1 Tim 1:11 "Die gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie wat aan my toevertrou is, die evangelie van die heerlikheid van die goeie God."

Matt5:3 "Geseënd is die wat arm is van gees want aan hulle behoort die koningkryk vd hemele"

Goeie God – Die Griekse woord vir goeie is “Makarios” (Geluk, vrede, voorspoed).
Geseënd is … Die Griekse woord vir geseënd is Makarios.
God wil hê dat dit goed gaan met die mens Siel, Gees en Liggaam.

3 Joh 2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

Selgroep vraag: Hoe sal julle 3 Joh. 2 toepas in julle selgroeplewe? 

Deels is die vestiging van die Koninkryk van God in ‘n stad is ‘n Gesonde lewenstyl.

1. In die omgewing waar ons leef.
Is mense versorg?
Is daar vrede?
Gesonde gesinne.

2. Gesonde liggaam.
Gesonde wyse van leef.
Herstel.

3. Gesonde Psige
Emosioneel gesond.
Leef in vrede.
“Celebrate life - Waardeer kuns, kuier, musiek.

Waar dit afwesig is, sal jy toelaat dat die Here deur jou werk om herstel te bring?

Jes 9: 1  Die mense wat in die donkerte geleef het, sal ’n groot lig sien. Die lig sal skyn op almal in die land waaroor die dood ’n skaduwee gegooi het.

Selgroep vraag: Wat kan jy/ons elke dag prakties  doen om gesonde lewenstyl in ons stad te bring? 



Saturday, May 2, 2015

Life 2 - As dinge te veel raak


As daar te veel elektriese stroom deur ‘n gloeilampie vloei kan hy blaas!
‘n Gloeilampie wat uitgebrand het kan nie meer lig gee nie. Ook nie ‘n uitgebrande kind van die Here nie!

UItgerekte en intense vlakke van stres is vir ‘n mens soos ‘n elektriese oorlading vir ‘n gloeilamp . 


Verskillende areas van Oorlading:
1.      Fisiese uitputting.
2.      Verstandelike uitputting.
3.      Geestelike uitputting.
4.      Emosionele uitputting.

Redes dat dinge te veel word vir ‘n mens:

·         Konflik in kapasiteit

·         Konflik in vennootskap/ verhouding

·         Konflik in roeping

·         Konflik in waardes

·         Konflik in verwagtinge

·         Konflik in prioriteite
           
Die volgende rooi ligte waarsku dat dinge te veel raak:


Rooi lig nommer 1:    Ontnugtering
            Resultaat:        Verloor visie.
            Rooi lig:           Sien nie kans vir more nie.

Rooi lig nommer 2:    Moedeloosheid
            Resulaat:         Verloor hoop
            Rooi lig:           Duidelike verlies van motivering.

 “Jos 7: en die volk se hart het versmelt en soos water geword.

Ons gee baie maal op in ons harte voordat ons nog in ons aksies opgegee het!

Spr 23: 7, “Want soos die mens in sy hart dink, so is hy;


Rooi lig nommer 3:    Ontevredenheid
            Resulaat:         Verloor blydskap
            Rooi lig:           Rusteloosheid en murmurer/ kla.     

1 Tim 6: 6 (OV)  “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.”


Rooi lig nommer 4:    Verwyderdheid
Resultaat:        Verloor beloning
Rooi lig:           ek gaan nou bedank

Gal 6: 9: “ En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Hoe kan ek verhoed dat alles te veel word:

Ef 5: 15 Amp   Look carefully how you walk! Live purposefully and worthily and accurately, not as the unwise and witless, but as wise (sensible, intelligent people)

Ef 5:15 1983    Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges




1          Bou my Gees

Vergifnis: Teleurstelling – aanstoot – vewydering – isolasie - bitterheid
              Boet Pretorius - kyk na Jesus Se Gesig
Wag op die Here
Luister na goeie preke
Luister na geestelike musiek
Lees die Bybel
Bid en vas
Doen bybelstudie
Gaan kerk toe
Skakel in by ‘n selgroep
Bly weg van negatiewe mense af!
Bly aan fokus op die here se goedheid
Bly weg van gevaarlike ontvlugtingsaktiwiteite
Ritme: Elke week en dag het tyd nodig vir: af wees, gebed, verhoudings, werk.

2          Bou my liggaam

·         Oefen 
·         Mediese ondersoek en ondersteunng
·         Slaap genoeg
·         Beheer na my gewig

3                        Bevestig my roeping en jou aanleg en gawes

4                        Verminder my konflikareas
·         Konflik in kapasiteit
·         Konflik in vennootskap/ verhouding
·         Konflik in roeping
·         Konflik in waardes
·         Konflik in verwagtinge
·         Konflik in prioriteite

5            Ontspan die boog se snaar gereeld.

6                        Neem beheer oor jou emosies en denke

2 Tim_1:7  Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
2 Pet_1:6  en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,

7          Kry balans in jou werklading
Prioriteite
Delegering
Vertroue

Heb 12:1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

Hooglied 2: 15  Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

VOORBEELD
The "Coronary and Ulcer Club" lists the following rules for members...
1. Your job comes first. Forget everything else.
2. Saturdays, Sundays, and holidays are fine times to be working at the office. There will be nobody else there to bother you.
3. Always have your briefcase with you when not at your desk. This provides an opportunity to review completely all the troubles and worries of the day.
4. Never say "no" to a request. Always say "yes."
5. Accept all invitations to meetings, banquets, committees, etc.
6. All forms of recreation are a waste of time.
7. Never delegate responsibility to others; carry the entire load yourself.
8. If your work calls for traveling, work all day and travel at night to keep that appointment you made for eight the next morning.
9. No matter how many jobs you already are doing, remember you always can take on more. 
Bits & Pieces, January 7, 1993, pp. 9-10.