Saturday, October 25, 2014

Die groot vyf woorde - Identiteit




Wat bepaal wie jy is? Hoe jy jou self sien?

Jou verlede vorm n beeld van wie jy dink jy is?
Jy vorm ‘n beeld van jouself wat jy  najaag om te projekteer.

The things that I thought were most important stole from me the things that were most important”.

2 Kor 10 :3 Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. 4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

God wil jou denke wat jou ‘n  gevangene hou vernietig, sodat die jy waarheid kan ontdek oor wie jy werklik is.

Ontdek wie jy is.

1. Sien jouself  nuut en veranderd

1 Kor 5: 17Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! 
·         Jou Geesmens het ontwaak.
·         Die Skeiding tussen my en Chrstus uitgewis
·         My Gees  bepaal wie ek is.
·         Ek is Kind van God.  

2. Sien jouself in eenheid met Jesus'

Rom 8 28 En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. 29Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.

Die word Oudste in Grieks is Proto,  dit beteken dieselfde aard en tipe.
Hy was die eerste prototipe van wie ons is.
Ons bloedlyn is vanuit Christus.

     3,  Ons Verander elke dag ons optrede om dit te belyn met wie ons nou is in Christus.

2 Kor 3: 18Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

·   


4, Eenheidsband  

Ef. 2: 8 Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. 9 Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe I

·         Jy is Sy handewerk.
·         Daar is  n eenheisband tussen ons en God.
·         Jy is die somtotaal van wie jy in Christus is, en wie Hy in jou is.  


4, In Christus het jy alles wat jy nodig het om te lewe.

Lees Ex 7:10 tot 12

Hy voltooi jou.

Petr. 1 : 3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4 Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Sy Goddelikeheid kry uitdrukking in my lewe.

2 Kor 3: 4-6 We couldn’t be more sure of ourselves in this—that you, written by Christ himself for God, are our letter of recommendation. We wouldn’t think of writing this kind of letter about ourselves. Only God can write such a letter. His letter authorizes us to help carry out this new plan of action. The plan wasn’t written out with ink on paper, with pages and pages of legal footnotes, killing your spirit. It’s written with Spirit on spirit, his life on our lives!

1 Kor 2:16 Hoe kan hulle ook? Want: “Wie kan verstaan wat die Here dink? Wie kan Hom raad gee?” Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink.

Wie is ek?

·         EK is nuut gemaak deur Jesus
·         Daar is ‘n eenheidsband tussen Hóm en My.
·         In Hom het ek alles wat ek nodig het om te lewe
·         Sy uitspraak vorm my identiteit.

No comments:

Post a Comment