Saturday, October 11, 2014

Beweeg van Twyfel na Geloof


Geloof in konteks

·        Geloof word meestal in die konteks van God se ingryping in my lewe gesien.
Ek het n verwagting en hoop die Here gaan deurkom vir my.

·       Die Bybel gebruik geloof meer in die konteks van geloof in wat waarheid is.
Die vraag is eerder: Waarin glo jy?

Byvoorbeeld
Hebreers 4:1 Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie. 2 Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.

Geloof bring ons die heeltyd by keuses:
·         Is dit wat ek lees of hoor vir my ‘n waarheid?
·         Gaan ek my lewe daarvolgens rig?

Ons grooste twyfel is geloof in onsself.
As jy n realiteitstoets doen, voel jy het jouself en ander so baie maal teleurgestel.
Die waarheid oor wie jy werklik is, het in jou eie lewe begin vervaag.

Rom 5:17 As dit waar is dat die dood oor die hele wêreld geheers het deur een man se sonde, dink dan net wat een Man se offer tot gevolg sal hê: ’n splinternuwe lewe! Elkeen wat God se oorvloedige goedheid en sy vryspraak deur Jesus Christus ontvang, sal soos ’n koning saam met Hom heers.

·         Jesus is vir jou en Jesus is saam met jou.
·         Daarom is jy bestem vir veel meer …

John Ruskins maak die volgende aanhaling:
“When love and skill work together, expect a masterpiece.”

Jy is nie net nog net iemand wat God geskape het nie.

Ps 139:14 Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
15geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
16U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.

Remember, You are God’s special treasure, selected by Him and for Him. You are created in the image of Almighty God. He made you exactly the way He intended, and He equipped you with everything you need. You have the strength to stand strong in the midst of difficult situations, and the wisdom it takes to make good decisions. Understanding exactly whose you are, and how you fit-in God’s plan, creates such purpose, confidence and such identity. You are a person of destiny. You have an assignment and you are full of gifts, talents, encouragement and love. You have rich treasure inside you that people need. You have more in you that you realize, and you can accomplish more than you ever though possible. Dare to be bold and believe that you are a person of destiny because you can leave your mark on this generation. Understand you are important, and out of your importance, know that you are called to add value to the world around you. No matter where you are in life today, you have potential to increase, grow, to be strengthened, and to move forward. God created you for His good purpose, and know that beyond the shadow of a doubt, you are His masterpiece!

Jy is bestem om te heers soos ‘n koning.

Rom 5:17 As dit waar is dat die dood oor die hele wêreld geheers het deur een man se sonde, dink dan net wat een Man se offer tot gevolg sal hê: ’n splinternuwe lewe! Elkeen wat God se oorvloedige goedheid en sy vryspraak deur Jesus Christus ontvang, sal soos ’n koning saam met Hom heers.

·         Van die begin af het God in sy skepping geglo.
·         Het God in jou geglo.

Ps 8 :4 As ek u hemel aanskou,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,
5 wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?
6 U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
7 U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:

Ef 1: 3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is

·         Jy het wat jy nodig het om ‘n lewe van heerskappy te leef.
·         Sien jouself soos Jesus jou sien.

Kol 3:1 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.

Verander jou gebed na dankie se meer as vra.

·         Dankie Here dat U met my is.
·         Dankie Here dat u altyd alles ten goede laat meewerk.
·         Dankie vir die potensiaal wat ek in U het.

Lees weer saam met my Rom 5:17 en fokus op die laaste gedeelte. Hier sal jy die die sleutel tot jou potensiaal om as koning te heers kry.
Elkeen wat God se oorvloedige goedheid en sy vryspraak deur Jesus Christus ontvang, sal soos ’n koning saam met Hom heers.

In Hom het jy die grootste seën, Hy is wysheid en saam met Hom wandel jy in wysheid.

Ps 1:1 Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink
Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Ef 1: 7 bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

I Am because He is

Salomo

Hy erken hy het God nodig – daarom vra hy vir Goddelike wysheid.
1 Kor 3: 7 Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare

·         Hy Besef – Hy het God se wysheid nodig.

9 Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”

·         Die woord gehoorsaamheid beteken Shama – n Hart wat u wil soek en verstaan.

13 Ook wat jy nie gevra het nie, gee Ek aan jou: rykdom en aansien, sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees solank jy leef nie.

·         Wysheid bring konstante seën in jou lewe.

15 Hy is toe terug na Jerusalem toe, en daar het hy voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers en maaltydoffers gebring.

·         Salomo gaan soek wysheid in die teenwoordigheid van God.
·         Wandel in 'n bewustheid van God se teenwoordigheid.

Jy is God Meesterstuk wat bestem is om in heerskappy te wandel.


No comments:

Post a Comment