Saturday, October 4, 2014

Beweeg 2 - Vrees na Vrede

In 2012 het ek ‘n reeks gedoen oor vrees in die reeks vrae…jy kan dit gaan aflaai op die webblad waarin ek verskeie elemente rondom vrees aangespreek het… hier is ‘n paar hoogtepunte:

Wat het ek nodig om te weet van vrees?
Vrees is ‘n vorm van Fokus. As ek daarop fokus dan word dit vervul.

Fear is not rational. It is not based on fact. Researchers have found that 40 % of the things we worry about never happen, 30 % are in the past and can’t be helped. Another 12 % of our worries involve the affairs of others and are not even our business. 10 % of our worries relates to sickness, real or imagined. That leaves only 8 % of things we worry about that are even likely to happen – Fear Fighters – Jentezen Franklin.

Hoe veg ek vrees?
Ons veg vrees met die vrees van die Here.
Wat is dit ? Om Ja te sê vir die Here ten spyte van dit wat Hy van my verwag.
- Om Hom te vertrou bo alles
- Om Hom te vertrou met wie jy is
- Om Hom te vertrou met wie jy hoop om te word

Wat is onderliggend aan ons vrees?
Die vrees dat ek beheer gaan verloor…..

Ons reageer op verskillende maniere wanneer dit by vrees kom, party van ons vries, ander veg, ander vlug…maar wat is die regte reaksie…wat is die eerste lyn van verdedeging? Wat is ek veronderstel om te doen in daardie oomblik?

Vanoggende kyk ons na ‘n persoon in die Bybel wat ‘n goeie leier was waaruit ons baie kan leer….

2 Kronieke 20

Agtergrond oor die boek (Sameul, Konings en Kronieke – Trilogy)

In Konings het die mense nodig gehad om verduidelikings te kry van hoekom hulle weggevoer is in ballingskap maar in Kronieke het hulle geweet hoekom hulle weggevoer is in ballingskap – hulle het net aanmoedig nodig gehad om die muur en die tempel te herbou.
Konings is geskryf amper onmiddelik na die gebeur oor Israel se ballingskap maar Kronieke lank na die gebeure
Konings is meer gefokus op die politieke agtergrond terwyl Kronieke ‘n sterk fokus het op hulle geestelike agtergrond
Israel was op daardie stadium twee koninkryke ‘n noorde en ‘n suide, Konings kyk na al die Konings en Kronieke fokus net op die suidelike Konings
Konings se fokus was baie op die mislukkings van mense terwyl Kronieke het ‘n baie sterk fokus op getrouheid gehad.
Konings het baie gegaan oor morele standard terwyl Kronieke gegaan het oor ‘n geestelike standard.
Die sleutel woord vir Kronieke is die woord ‘geregtigheid’ – om in regte verhouding met God te staan.

Agtergrond van die man

In 2 Kronieke 20 lees ons van ‘n man met die naam van Jósafat  wat die Koning was van Juda
Nadat Salomo Dawid se seun sterf is Israel verdeel in twee koninkryke ‘n noodelike koninkryk en ‘n suidelike koninkryk.
Hy het uiteindelik die Koning geword van die suidelike gedeelte van Israel, hy het ‘n paar foute gemaak maar oor die algemeen was hy ‘n goeie koning.
In hierdie spesifieke storie is hier omstandighede situasies en ‘n klomp elemente wat net ingewerk het op sy lewe en wat hom bang gemaak het.

2 Kron 20:1-20 ANV
(1)  Later het die Moabiete en die Ammoniete, en saam met hulle 'n groep Meüniete, 'n veldtog teen Josafat begin.

Hierdie drie stamme het opgetrek van die onderkant van die rooi see oppad na Juda toe

(2)  Josafat het berig gekry: “'n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.”
(3)  Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep,

Hierdie woordjie bang hier beteken “sy hart was beklem met vrees” Hoor wat doen hy, hy draai sy hart weg van die boodskap en die boodskapper na die Here en hy roep ‘n vasdag uit.
Nou ‘n vasdag was ‘n vorm van fokus…dit beteken ek fokus al my energie alles wie ek is op God.
Wat gebeur as ons vrees? Ons draai nie ons harte na die Here toe nie, ons draai eerder ons monde na die Here toe…dit beteken ons bid, maar ons oë bly nogsdteeds op die omstandighede en ons dink ek moet in beheer wees….maar wat Josafat reggekry het is hy het sy hart dit beteken sy fokus al sy energie om die Here gesit. En roep ‘n vasdag uit.
Hy was ‘n briljante leier en vader, wat ons baiekeer doen as leiers en vaders ons wys nooit vir ons familie dat ons bang is nie maar nie Josafat nie…al is ek koning ek weet nie noodwendig wat om te doen nie…kom ons vra die Here. Hy gaan publiek en sê moenie na my kyk nie kom ons vra die Here
As vader en leier is dit een van die belangrikste goed om vir ons kinders en ons mense te wys wat ons doen met ons vrees…want hierdie word ons eerste lyn van verdediging wanneer ons vrees, Hy gee vir ons die model vir gebed wanneer ek vrees.

(4)  en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
(5)  Josafat het opgestaan in die gemeente van Juda en Jerusalem, in die tempel reg voor die nuwe voorhof,
(6)  en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie.

Hierdie is nie wat ons bid as ons bang is nie, ek het die geneigtheid om te bid oor wat ek vrees. Maar Josafat het besluit om sy fokus te plaas op sy hemelse vader ipv die boodskap of die boodskapper

(7)  Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as 'n blywende besitting gegee het.
(8)  Hulle het hulle hier gevestig en hier vir u Naam 'n heiligdom gebou en gesê:
(9)  ‘As U 'n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’

Dit is belangrik om rekord te hou van dit wat die Here al gedoen het in jou lewe, want ons vergeet baie maklik, en wanneer ons gekonfronteer word met vrees of omstandighede is dit belangrik om terug te gaan na daardie woorde waar die Here goed verander het sodat jy jouself kan herinner en die Here kan herinner aan Sy goedheid. (Hein se storie) Here agv dit wat U gedoen het in die verlede kan ek U vertrou vir dit wat U gaan doen in die toekoms. (Ag Here help, kyk Here…)

(10)  Nou het die mense van Ammon en Moab en die Seïrberge gekom. U het Israel met sy trek uit Egipte nie toegelaat om in hulle gebied te kom nie. Die Israeliete het daardie mense vermy en hulle nie uitgeroei nie.
(11)  Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het.
(12)  Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”

Hierdie is ‘n gebed van ‘n vreesagtige man en vrou.. dit is ‘n gebed wat sê wie God is…’n gebed wat sê hoe getrou Hy was in die verlede…’n gebed wat sê ons is gefokus op U maar ons weet nie wat om te doen nie…dan doen hulle een van die moeilikste goed…

(13)  Die hele Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan.

En hulle wag…ons is nie goed hiermee nie, ons bid en dan begin ons besig te raak en verduidelik vir die Here dit is wat ons gaan doen…ek voel baiekeer ek moet  iets doen…in my moeilkste tye van vrees het ek die verkeerdste dinge gedoen en gesê … hulle het gestaan en gewag, ons weet nie vir hoe lank nie…en toe begin die Here te praat.

(14)  Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf,
(15)  en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
(16)  Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop.
(17)  Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”
(18)  Toe kniel Josafat, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here gebuig en Hom eer betoon.
(19)  Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.

Die omstandigheid het nog nie verander nie maar die Here het gepraat…

(20)  Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.”
(21)  Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Wat is my eerste lyn van verdediging wanneer ek vrees?
Maak nie saak of dit emosies van die verlede is of omstandighede wat nie uitwerk nie of die vrees dat ek gaan beheer verloor nie…

1. Aanbid …niemand van ons voel om dit te doen nie
2. Wag…dat Hy praat, sien wat Hy gaan doen, wat Hy my gaan vra om te doen
3. Loop…Hy gaan ons iets vra om te doen, dan het ons nodig om te reageer
4. Kyk…ons sien dit is wat Hy gedoen het, ons skryf dit neer, sodat ons ons volgende keer kan herinner aan wat Hy gedoen het.

Aanbidding help ons om die regte perspektief te kry op ons vrees, ons kry geherfokus want my vrees word nou gesien in die lig van God se grootheid, Sy goedheid, Sy krag …2 Tim 1:7

Daar is net twee tipes mense: Die wat gedryf word deur hul vrees en die wat vrede beleef in die midde van omstandighede

Wag is nie om die verantwoordelikheid the abdikeer nie maar om te sê Here ek weet U het ‘n antwoord hieroor ek gaan in U rus tot U gepraat het

Loop is wanneer die Here jou gevra het om iets te doen, maar dit kan dalk totaal en al uit buite jou verwysingsraamwerk wees, jy vrees dalk om te los…Hy gaan sê los, Jy is dalk bang om te spring…Hy gaan sê spring in geloof…vertrou my want Ek spesialiseer in die ongewone (nie onverantwoordelike nie)

Onthou altyd jou grootste vrees is God se grootste geleentheid

Kyk…God het net een begeerte in ‘n plek van vrees en dit is om Sy vrees vir Hom te vestig.

2Kron 20:22-29 ANV
 (22)  Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.
(23)  Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg.
(24)  Toe die Judeërs by die uitkykpos teenaan die woestyn kom en na die magtige vyand soek, lê daar net lyke op die grond. Daar was nie een oorlewende nie.
(25)  Josafat en sy manskappe het die buit bymekaar kom maak en 'n groot hoeveelheid gekry: persoonlike besittings aan die lyke en allerlei kosbare goed. Hulle het soveel gekry dat hulle dit nie kon dra nie. Drie dae lank was hulle besig om die buit bymekaar te maak, soveel was dit.
(26)  Op die vierde dag het hulle 'n samekoms gehou in die Lofdal. Hulle het die Here daar geloof, daarom noem hulle dié plek tot vandag toe die Lofdal.
(27)  Al die manne van Juda en Jerusalem, met Josafat aan die hoof, is toe met groot blydskap terug Jerusalem toe. Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande.
(28)  Hulle is terug na Jerusalem, na die huis van die Here toe, met harpe, liere en trompette.
(29)  Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.

Jou grootste vrees is Sy geleentheid en jou eerste lyn van verdediging is om te Aanbid…Wag…loop…kyk wat hy in jou en deur jou gaan doen

Bediening
Papier, skryf jou vrees neer, vandag gaan jy kies om met jou vrees te deel en dit onderskik aan God se vrees te stel, jy gaan dit vat en opskeur (vannaand se bonfire) ek verruil dit vanoggend vir U vrede dan gebruik jy nagmaal

Kleingroep:
1. In jou kleingroep dat mense hierdie week hul vrees bring?
2. Ons maak nou ‘n tyd van aanbidding?
3. Ons luister oor wat Hy wil sê vir mense, maak Sy uitsprake vas?

No comments:

Post a Comment