Saturday, October 18, 2014

Geregtigheid

Geregtigheid.

Geregtigheid moet geskied!

As iemand  oortree het, leer die reels van die wêreld dat die persoon die straf van sy oortreding moet dra sodat geregtigheid kan geskied.

Op dieselfde wyse kyk ons na ons verhouding met God.

God het reëls vir die lewe, as ek dit oortree ervaar ek dat geregtigheid moet geskied.
·         Ek verdien om gestraf te word.
·         Dit laat my skuldig voel.
·         My skuldgevoel maak my onvrymoedig teenoor God.
·         Dit bring n gevoel van afstand.
Die ander kant is ook waar. Hoe beter ek voel ek lewe, hoe meer voel ek, ek verdien nou Sy seën.  

As jy ‘n meet-instrument het om iemand se goeie en slegte optredes te meet, hoeveel sal jy vir die volgene mense uit 10 gee?
·         Julius Malema?
·         Moeder Teresa?
·         Jouself?

Die Probleem

Ons almal skied te kort en as geregtigheid moet geskied verdien ons almal om vir ons optrede gestraf te word.

Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.

·         Die straf beteken ons het nie deel aan die Heerlikheid van God nie. Daar vorm n muur tussen God en die mens.
·         Hel is meer as ‘n plek van vuur. Hel op aarde is om sonder God te wees.
·         Jou oortredings kla jou aan, jy is skuldig jy verdien straf sodat geregtigheid kan geskied.
·         Om van die skuldgevoel ontslae te raak – Kompenseer, ons wil opmaak vir ons oortredinge deur goeie dade.
·         Ons wil God se guns terugwen deur goeie dade.

Wat beteken dit as Christus ons geregtigheid word?

1.      Sondeoffer Lev 4

Om die sonde te bedek en die vloek wat sonde oor jou sou bring,moes elke Jood jaarliks n volmaakte lam offer, waarop hy dan sy sonde oorgeplaas het.

·         Hierdie offer was simbolies, wat Jesus vir ons kom doen het.

Hebr 10 se dat die sondeoffer het net die sonde bedek en kon nie die skuldgevoel weegneem nie.

·         Daarom  het Jesus die offerlam vir ons geword.

2 Kor5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees

Hierdie vryspraak  bring jou by die plek dat die straf wat jy moes dra, sodat geregtigheid kon geskied,  deur Hom gedra is.

Die geregtigheid wat oor ons lewe moes geskied is nou vervang deur regverdigmaking.

Dit is waarom die Bybel se Hy is ons geregtigheid

Dit is nie geloof wat jou vryspreek nie, maar geloof in Jesus dat hy jou geregtigheid geword het.

Kol 2:13 Julle was eintlik dood omdat julle ge­sondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Chris­tus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe. 14Hy het die do­kument met voorskrifte wat as klag­staat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 15So het Hy die re­geer­ders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik ge­maak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer

Dit bring my by n plek van geen veroordeling nie.

Heb 10:14  Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

AMP - For by a single offering He has forever completely cleansed and perfected those who are consecrated and made holy.

Clark se reaksie op die teksvers
This is the most basic truth of Christianity.  Jesus Christ has already paid for your sins.  All you have to do is accept it.  There is no reason to go around with a bunch of guilt.  Notice, he says, we are free.  Free from what?  Free from condemnation, free from guilt, free from worry, free from death.  Even if there were no heaven, it would be worth it to become a Christian just to have a clear consciousHe wipes it out.  There is no reason to live in regret.  There's no reason to live in guilt.  That is such good news.  God's saving grace removes my guilt.

Heb 10:17  en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
Heb 10:18  Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

Heb 10:17  He concludes, I'll forever wipe the slate clean of their sins.
Heb 10:18  Once sins are taken care of for good, there's no longer any need to offer sacrifices for them.

·         Beteken dit ek hoef nie vergifnis te vra as ek verkeerd optree nie?

Dit gaan eerder oor saamstem met die vergifnis wat ek reeds het.

Here ek het verkeerd opgetree, Here ek is jammer:
·         Dankie dat ek nie die straf en effek van my sonde hoef te dra nie.
·         Dankie dat dit nie afstand bring tussen my en U nie.
·         Dankie dat dit nie verander wie ek is nie.
·         Dit bring jou by n plek waar jy vergifnis ervaar.

Tweede Offer – Brandoffer Lev. 1

·         Perfekte lam, sonder gebrek.
·         Die persoon se hand op sy kop.
·         En daarna vind die offer van aanvaarding plaas.

Hy word nou goed genoeg verklaar en aanvaar deur God.

Ef 5:1 Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2 Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God (brandoffer)

Deur die simboliek van die brandoffer  vind daar n ruiltransaksie plaas.
·         Hy neem ons skuld weg deur deur die sondeoffer.
·         Deur Jesus as brandofer word jy nou goed genoeg verklaar en deur Hom aanvaar.
·         Jy ontvang nou die identiteit van die volmaakte lam.
·         Jy word nou soos Hy.
Jy word nou die geregtigheid van God

Jy is deur God onskuldig verklaar. Volkome deur Hom Goedgekeur en aanvaar.

2 Kor 5: 21Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

·         Wie jy is word verander – Jy is nou sonder sonde. Ontvang Heiligmaking
Jy is nou op n skaal van 10 volgens God se standaarde 10 uit 10
·         Daarom is jy nou goed genoeg om saam met Jesus te lewe. Hy in jou en jy in Hom.
·         Jy ontvang nou sy identiteit.





No comments:

Post a Comment