Saturday, August 2, 2014

Groei 2

Groei
Die primêre woord wat in die Nuwe Testament gebruik word  om ons verhouding met Jesus uitdrukking te gee is Dissipelskap. Dit word oor die 264 keer gebruik. Die woord Christen kom net  3 keer voor in die Bybel.

Wat is jou eerste indruk as jy die woord hoor?

Die woord dissipel in die Grieks is mathēteuō (math-ayt-yoo'-o) dit  beteken om te leer.
In konteks  beteken  dit dat iemand ‘n leermeester volg en dit wat hy leer deel maak van my lewe.

Joodse kinders het deur ‘n geestelike skool gegaan, waarvan sekeres gekies word om onder die lering van ’n Rabbi te staan. Hulle is genoem Dissipels. Die wat dit nie gemaak het nie is terug om ’n ambag by die huis te loop.

Jesus as ’n Rabi (leermeester) stap langs die see (Matt 4:18) en hy kies ambagsmanne. (Hulle wie dit nie gemaak het nie) en sê vir Petrus en Andreas: “Kom, volg my. Word my dissipels.”

In ’n oomblik neem hulle ’n besluit, los alles en volg Jesus.

Jesus leer ons in John 14:6 dat hy die weg, die waarheid en die lewe is.
Die les is dat  as ons sy dissipels word, ons Hom volg, nie net ’n leerstelling nie. By Hom leer hoe om te lewe.

Intimiteit: Dit is vanuit ’n plek van verhouding dat ons groei.

Psa 27:4  I'm asking GOD for one thing, only one thing: To live with him in his house my whole life long. I'll contemplate his beauty; I'll study at his feet.
Psa 27:8  When my heart whispered, "Seek God," my whole being replied, "I'm seeking him!"

Die omgewing waarin Jesus sy Dissipels geleer het, kan ons in vier kategorieë indeel.

Matt. 14:13,  Luk. 9,
·        Jesus het die skare geleer.
·         Jesus het dialoog gehad met Sy Dissipels
·         Jesus het sy Dissipels uitgestuur om prakties toe te pas en so te leer.
·         Jesus het sy Dissipels die belangrikheid van persoonlike tyd saam met die Vader geleer.

In Hand 2 tel jy  dieselfde beginsels op van hoe die eerste kerk gefunksioneer het

In ons moderne kerk gee ons vandag nog uitdrukking aan hierdie model
·         Sondae byeenkomste en Kursusse – Lering
·         Groepslewe  - Dialoog en “accountability”
·         Praktiese ervaring – Hoe bid ek vir iemand in Hospitaal, uitreik ens.
·         Persoonlike tyd saam met Jesus

Om Jesus te  volg en aan sy voete te sit is meer as net ‘n sondaars gebed.
Dit is ’n totale oorgawe wat tot ware lewe lei.
Lees Matt. 16:24-36 oor die koste van Dissipelskap.
“Self-sacrifice is the way, my way, to finding yourself”
Jy lê jou eie voorkeure af om Sy wyse van lewe deel te maak van jou lewe.

Jesus maak ’n belangrike stelling en leer ons om die koste te beraam voor jy die keuse maak.
Die effek raak jou hele lewe.
·         Jou dagboek verander
·         Jou wyse waarop jy geld spandeer verander
·         Hoe jy jou mense by die werk hanteer verander

Dissipelskap bring verantwoordelikheid

Matt. 4:19 Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Aan my is gegee alle mag.

Net voor die bekende Matt. 28:19 oor dissipelskap, maak Jesus dieselfde opmerking as in Matt 4:19. 
Matt. 19:18 Aan my is gegee alle mag in die hemel en op aarde

Jesus het die mag gehad om na mense in nood uit te reik

Die les is:  As jy Hom volg sal Hy jou leer om  volgens Sy  mag te wandel

Die beginsel van dissipelskap is om te leer sodat jy iemand ander kan leer

Rom 15:1 Dié van ons wie se geloof sterk is, het ’n plig teenoor ander Christene wie se geloof nog nie so sterk is nie. Ons moet hulle aanvaar en hulle bystaan. Geloof gaan tog nie net oor ons nie. 2 Ons kan nie net daardie dinge doen wat ons gelukkig maak sonder om te vra hoe ander gelowiges daaroor voel nie. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om te sorg dat ander gelowiges ook gelukkig is. Dit is ons plig om hulle geloof sterk te maak en op te bou.3 Christus het presies dit kom doen toe Hy op aarde was. Hy het nie na sy eie belange omgesien nie, maar na dié van ander.
Dit is soos die Bybel sê: “Al die beledigings wat die mense na u kant toe gegooi het, het Ek gedra. Dit het alles op My afgekom.”
4 Alles wat in die Bybel opgeteken is, is neergeskryf om ons te leer. Die Bybel versterk ons geloof en moedig ons aan sodat ons elke dag kan uitsien na die terugkoms van die Here.
5 Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. 6 Mag julle almal saam soos ’n groot koor in ’n harmonie van stemme God se Naam grootmaak. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe.

Die krag van saamgroei lê hierin.
Jy hoef nie eers alles te weet voor jy ander kan leer nie.

Deel met ander wat jy reeds weet.

Die krag van dissipelskap is : Neem verantwoordelikheid op vir jou geestelike groei en help ander.


No comments:

Post a Comment