Saturday, August 30, 2014

Fully alive: Week 4 Wat as ek anders sien?


Fully alive: Week 4  Wat as ek anders sien?

Week 4 se vrae
·         Inspirasie: Kan jy jouself en ander vergewe daarvoor/vir die wat verkeerd geloop het in jou lewe?
·         Implikasie: Is jy deel van ‘n groep mense waar jy kan omgee vir iemand anders?
·         Implementering: Het jy al uitgereik na iemand in ‘n ander kultuur, wat jy net voor kan omgee?

Verhoudings vorm die basis van die kerk

1 Petr 2: 9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.10 “Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming. ”Vanaf die eerste kerk in Handelinge is mense saamgevoeg in ’n eenheid om na mekaar om te sien  en aan te spoor om  the groei..

Vanaf die eerste kerk in Handelinge is mense saamgevoeg in ’n eenheid om na mekaar om te sien  en aan te spoor om  the groei.

Authentic Relationship
·         To know and be known.
·         To love and be loved
·         To serve and be served
·         To celebrate and be celebrated
Russ Robinson

Ongelukkig is verhoudings  een van die kerk se grootste uitdagings is.  Ons  is  veronderstel om in eenheid saam te leef en in mekaar se lewens inspraak lewer.  Dit is  juis die mense wat die naaste aan ons is wat ons soms seermaak. Dit is ook die nommer een rede waarom mense ’n gemeenskap verlaat.

Oor die algemeen vermy mense eerder konflik en verskille as om dit te probeer oplos.

Josef se verhaal

Josef  is iemand wat deur gebroke verhoudings gegaan het,  maar groot oorwinnings beleef het.  Lees Gen. 37-50 en Ps. 105: 17-22

·         Sy broers verkleineer, verwerp en verkoop hom as slaaf.
·         Potifar se vrou beskuldig hom valslik en hy beland in die tronk.
·         In die tronk vergeet die skinker van Hom.

Gen. 50:18 Sy broers kom toe self en val voor hom neer. “Ons sal u slawe wees,” het hulle gesê.19Maar Josef sê vir hulle: “Moenie vir my bang wees nie. Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie. 20Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.

Josef kyk na al die gebeure uit ’n totaal ander raamwerk:
·         Vergewe sy broers
·         En sien die groter prentjie raak.
Hier is ’n belangriker vraag om jou te help perspektief kry: Wat kon ek leer uit my ervarings?

Jesus leer sy dissipels beginsels oor verhoudings in Luk 17
Luk. 17:1 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word

Les 1 Wees verseker dat konflik en uitdagings deel is verhoudingslewe.

Die woord Struikel (skandalon) beteken dat jy ’n gevangene word van mense se invloed.
·         Dit neem jou gedagte en emosies gevange.
·         Jy haal jou oë af van God se doel met jou lewe.

Jesus se raad - herstel die verhouding.

Luk. 17:4 Ook as hy sewe keer op ’n dag teenoor jou oortree, maar ook sewe keer na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

Vergifnis:
Stap 1 Erken jy het seergekry.
Stap 2 Besef dat vergifnis jou bevry.
Stap 3 Onthou Jesus het jou vergewe.
“An Unwillingness to forgive others has the potensiale to poison our minds with bitterness and keep us from living in true freedom as Christ intended”
Stap 4 Identifiseer jou emosie. Gee dit vir die Here.
Stap 5 Identifiseer die teenoorgestelde emosie en begin dit inbou in jou lewe.
Stap 6 Gee die persoon vir die Here Rom 12:19
Stap 7 Spreek hom vry.

Sien dieper

1. Watter lewenslesse kon jy geleer het?

2. Praat met mekaar
Luk. 17 3 “Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg.
Leer om saam te groei.
Luister na wat die persoon se ervaring was en probeer verstaan voor jy wil verdedig.

3. Stel vas of daar nie ’n dieperliggende rede  is,  as jy gereeld in verhouding-spanning beland nie.
·         Gevoel van verwerping.
·         Begeerte om jouself te wil bewys.  
Kom by die wortel van jou optrede uit, sodat jy vry kan kom.

Leer om nie die oorsaak van negatiewe verhoudings te wees nie.
Luk. 17:1 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word
Sosiaal volwasse mense:
·         Dink voor hulle praat.
·         Maak ruimte vir verskille.
·         Is nie oorsensitief nie.
·         Werk aan ’n kultuur van eerbied.

Matt. 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete

Die dissipels vra vir nog geloof

Eindelike vra hulle: Help ons om te groei in ons kapasiteit om met ander in verhouding te staan.

Luk. 17:6 Die Here het gereageer: “Al sou julle maar net ’n geloof só klein soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle aan hierdie moerbeiboom gesê het: ‘Ontwortel jouself en gaan verplant jou in die see’ – hy sou julle gehoorsaam!

Sien anders: 
·         Sal jy nie Sy waarheid as jou waarheid sien nie? Hier in lewe.
·         Sal jy nie anders na jouself begin kyk nie?
·         Sal jy nie anders na ander mense begin kyk nie?


Werk elke dag en in elke omgewing aan jou verhouding met ander.   

No comments:

Post a Comment