Saturday, September 6, 2014

Fully Alive week 5: Is waarheid absoluut?


Is daar iets so waarheid vir almal ?
Wat waar is vir jou, is nie noodwendig waar vir my nie en om alles te kroon wat nog van absoluut?

Waar begin ek om waarheid te definieer?
Ons leef in ‘n samelewing vandag wat sukkel om die waarheid te definieer veral ons wat in ‘n westerse konteks groot word.
Ons het die geneigdheid om die waarheid te definieer met die feite van die lewe soos wat ons dit sien.
In ons westerse samelewing lei dit ons na ‘n plek van alles is relatief of ons kan dit nie hier en nou definieer nie wat nog om te sê dat waarheid is absoluut.
Alle godsdienste kan tog nie die waarheid wees nie? Logika alleen  bewys dit.

Show me a week of your life, and I will tell you about your worldview. Show me what you spend your time & money on, and I will tell you what you value.  Tell me what you get excited about, both positively and negatively, and I will tell you about your deep-down beliefs.  Tell me about your hopes & fears, and I will have a good idea of your beliefs about ultimate reality.

Die Ysberg beginsel: Die meeste van ons begin hier….
Gedrag- Hoe moet ek leef?
Waardes – Wat is goed, vir my?
Geloofsoortuigings – Wat is waar,vir my?
Wêreldbeskouing – Wat is waar (universele waarheid-realiteit), vir God?

God begin hier….
Heb 1:1-3 ANV  In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,  (2)  maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.  (3)  Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Hier is ‘n nuwe gesprek oop…in die verlede het die Here met ons gepraat deur die profete ens, maar nou praat hy met ons deur Sy Seun….

“Die waarheid oor God en die waarheid oor die mensdom word slegs gevind in Christus, die absolute waarheid”

Jesus maak stellings soos:
Joh 14:6 ANV  Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Hierdie stelling is absoluut en eksklusief

Jesus bid vir sy dissipels en ook vir my en jou in Johannes 17 die volgende:
Joh 17:16-18 ANV  Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.  (17)  Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.  (18)  Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur;

Voor die regter, Pontius  Pilates, bevestig Hy dit:
Joh 18:37 GNB ... I was born and came into the world for this one purpose, to speak about the truth. Whoever belongs to the truth listens to me."

Wat is my en jou perspektief?

Absolutes (bv – God is goed)
Interpretasies (bv – ek is gesond, ek het ‘n werk, ek het kos om te eet, ek het ‘n huis om in te bly … hierdie is alles bewyse dat God goed is vir my)
Aannames (bv – omdat God goed is, is ek gewaarbord van al hierdie goeie dinge)

As ek en jy groot geword het in ‘n westerse kultuur en ons hoor stelling soos die, dan vra ons normaalweg praktiese vrae. Hoe pas ek hierdie toe in my lewe? Hoe bestuur ek hierdie in my lewe? ens.

As ek net dit so geantwoord wil hê dan mis ek iets wat veronderstel is om integraal deel te wees van my lewe veral my as Christen.
Vrae oor betekenis (meaning). Wat beteken dit?
Vrae oor waarde(significance). Wat se waarde het hierdie vir die mensdom?
As ons nie hierdie vrae vra nie gebeur daar twee goed met ons….

1. Miskien fokus ek op ‘n verkeerde realiteit.

As ek en jy net fokus op die praktiese implikasies leef ons heel waarskynlik van ‘n eksterne realiteit (net hier en nou) terwyl ons veronderstel is om te leef van ‘n ewigheidsrealiteit (plek van verhouding).  ‘n plek van openbaring:
Om Hom te ken as persoon
Om elke dag te leef vanuit sy teenwoordigheid
Om Sy doelwitte te verstaan in Sy plan.

2. Ek begin geloof “issues” te ontwikkel.

Wanneer dit wat ek sien as ‘n absolute bots met my interpretasie  van die Woord. …
Absolute – God is goed …
Interpretasie – God maak gesond…
Spanning – ‘n geliefde word siek/ word nie gesond nie/ sterf
Anname:
a) Die Bybel is nie die waarheid nie & My leiers lieg vir my (dit beteken God is nie goed nie)
b) Ek het gesondig teen die Here & my geliefdes dra nou die las (dit beteken God is nie goed nie)
c) My geliefdes het gesondig en nou dra hulle die gevolge daarvan…as God regtig goed is, sal Hy hulle beskerm wat ek liefhet ten spyte van hul foute (dit beteken God is nie goed nie)

Wanneer ek leef vanuit net een dimensie (in die geval net prakties) dan stel ek myself op vir mislukking en teleurstellings.

Wat is die doel van die Bybel?

2 Tim 3:16-17 ANV  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,  (17)  sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

2 Tim 3:16-17 AOV  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  (17)  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

2 Timothy 3:16-17 ISV All Scripture is God-breathed and is useful (profitable) for teaching (doctrine), for reproof, for correction, and for training in righteousness 17so that the man of God may be complete and thoroughly equipped for every good work.

Nuttig(useful) … voordelig, werk goed vir sy oorspronklike doel…wat is:
Lering(teaching) … Leer van die Apostels (Hand 2:42 …) dit beteken die openbaarmaking van die posisie en identiteit  van Christus – Sy persoon, teenwoordigheid en doelwitte – vir elke mens
Weerlegging(reproof)…om te oortuig van/belyning/herinner van die openbaring van Christus
Teregwysing(correction)…om te herstel tot jou oorspronklike toestand/ jou oorspronklike toestand is duidelik gemaak sodat jy dit duidelik kan sien en jy volkome herstel kan beleef
Onderwysing in die geregtigheid(training in righteousness)… mentorskap/vaderskap wat nodig is om jou te laat goei na volwassenheid (seunskap)

Die lering van die Woord vind plaas vanuit ‘n verhouding met Christus en nie vanuit ‘n menselike behoefte of omstandigheid nie.

Hoe lees ek nou my Bybel ? (Vat jou Bybel)

Genesis tot Ester – Geskiedenis van die volk Israel (God se volk) in die geskiedenis is die wet.
Die wet is gegee om te wys hoe ‘n (ter voorbereiding)gemeenskap moet wees voor die openbaring van Christus.
Wysheidsliteratuur – Job tot Spreuke – Hulle verhouding met God
Profete – res van ou Testament boeke – implikasies van wat ons kan verwag (Christus)
Evangelies – Jesus as die voorbeeld vir my en jou
Briewe – My en jou deelname in Christus

Drie brille om deur te kyk:
Voorbereiding tot Christus
Voorbeeld as Christus
Vervulling van Christus in my en jou(Perspektief vanuit Christus)

Die doel van die skrif is:
1. Om Christus bekend te maak. (Vb verlore muntstuk Luk 15:8-10)
2. Om die mens se posisie in Christus te kommunikeer. (Vb Arm weduwee se geld Luk 21:1-4)
3. Slegs dan word die Woord ‘n gesag in ons lewens wat ons insig gee in die planne van God.(R5)

Wanneer ek die ingedagte hou dan verstaan ek….

Lering: Ek bevestig die absolutes van die Skrif
Vb God is goed … altyd, en in alle omstandighede dit is ‘n absoluut
Weerlegging: Ek hou die interpretasie van die Skrif in die lig van God se waarheid
Dit beteken ek vermy die versoeking om Bybelse beginsels toe te pas vanuit my tradisie, kulturele verwagting of persoonlike ervaring…dit beteken ek sal God aanbid nie omdat Hy goed vir my doen/nie doen nie maar omdat ek ‘n openbaring het wat gesetel is in ‘n verhouding, gekoppel aan Sy karakter en nie my persoonlike ondervinding nie. Want Hy is wie Hy is.
Teregwysing…Onderwysing in die geregtigheid (Correction … Instruction in righteousness):
Ek belyn my interpretasies en aannames met die Woord
Wanneer ek spanning beleef tussen die absolutes van die skrif en my interpretasies is dit veronderstel om my te dryf na verhouding en nie weg van God af nie.

‘n Voorbeeld…Psalm 23:4…

Even though I walk through the valley of the shadow of death (Eksterne realiteit … Fisiese omstandighede)
… I will fear no evil (Interne realiteit … persoonlike oortuigings, my perspektief)
… because You are with me … Your rod and Your staff, they comfort me (Ewigheidsrealiteit … God se karakter & Natuur; openbaring van Christus as Emanuel; die Heilige Gees as my Bemoediger)

Vrae vir jou kleingroep die week is:
o Hoe lyk waarheid vir jou?
o Wat is die rol van die Bybel in jou lewe?
o Hoe leef jy elke dag die “Woord van die Here” sonder om dit te praat?

No comments:

Post a Comment