Saturday, September 13, 2014

Wie is verantwoordelik?





Die volgende stelling wil ek vanuit my persoonlike oortuiging maak.

“I Am a Christ Follower”

·         Sy wyse van lewe is vir my die voorbeeld van ware lewe,
·         Christus is my voorbeeld. In Hom ontdek ek myself.

Jesus se lewe is gekenmerk deur die “Missio Dei” van God.

Die Definisie van Missio Dei is Joh. 3:16.
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

·         Die Vader stuur Jesus.
·         Jesus raak betrokke in mense se nood, tot in so ‘n mate dat Hy sy lewe aflê vir ons.
·         Hy stel die voorbeeld van hoe om te lewe.
·         Jesus se woorde: Soos die Vader my gestuur het stuur ek julle.

As Sy lewe gekenmerk is  deur die Missio Dei van God, behoort dit  ook die kenmerk van my lewe te wees.

Die kerk het alleen  die reg om te bestaan indien dit die instrument word wat God se Missio Dei (Boodskap van Hoop) uitdra. Dit is die kerk se primêre opdrag.

Allen Hitch - “ A working definition of missional church is a community of God’s people that defines itself, and organizes its life around, its real purpose of being an agent of God’s mission to the world.”

Die paradigma van ons lewensbeskouing.
















Ons moet ons droom van ons lewe belyn met God se passie.

Kol 1:15 Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak
1 Kor. 12: 27 Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel
  • Die Here wil  jou gebruik in Sy storie.
  • Die som van elkeen se betrokkenheid, laat mense die volheid van Christus beleef. Ons gee saam  uitdrukking aan Christus.

Ef. 4:11 En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus

My Aandeel in God se Missio Dei.

·         Raak betrokke by mense in jou invloedsfeer.

“One radical act of authentic kindness can change the destiny of an individual and one changed individual van initiate a chain of events that can change the course of history. “

Luk 8:38 Die man wat van duiwels besete was, het gesoebat om ook saam te gaan, maar Jesus het gesê: 39“Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het.”

  • Jou betrokkenheid, jou omgee, jou liefde, jou gebed kan ander Christus se liefde laat beleef.


Kol 4:5 In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. 6 Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

·         Raak betrokke in die nood van die Stad

Lees Matt. 25 met ’n ontvanklike hart;
34 Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. 35 Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; 36 toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.’ 37 “Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38 En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?’ 40 En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’

Die vraag is, waaroor is jy passievol ? Wat laat jou lag of huil?
Waar wil jou jou tyd en energie insit?
Wat is jou talente/ gawes? Dit antwoord die wat jy moet doen binne die raamwerk van jou passie.

1 Peter 4:10 "God has given each of you some special abilities. Be sure to use them to help each other, passing on to others God's many kinds of blessing."   

Die Here roep mense om as Pioniers op te tree.
·         Dit is mense wat die  nood raaksien en ‘n aksie-plan in plek sit.
·         As daar ’n droom in jou hart is, is dit tyd om te waag.

Hy roep ander om te dien en mense te help om hulle visies te sien realiseer.
·         Om ander bystand te gee met jou vaardighede en tyd.

Victor  Frankl stel dit treffend:

“Die mens vind sy identiteit in die mate wat hy homself verbind aan ‘n  taak wat groter as hyself is”.

No comments:

Post a Comment