Stories het die vermoë
om die uitkyk van die wêreld te verander.
Antwoord hierdie vraag by jouself Hoeveel van ons sienswyses is al beïnvloed deur flieks?
Jesus het dit wat Hy wou oordra met stories geleer.
As jy ’n storie van
jou eie lewe wil vertel, kan die volgende patroon van ’n storielyn jou baie
help.
Meeste stories bevat
die volgende elemente:
·
Daar is ’n karakter - Wie was hy en wat was sy
behoefte?
·
Die karakter beleef ’n krisis - Wat was die
probleem en hoe het dit jou laat voel?
·
Daar daag ’n held op - Wat het jou gehelp – wat
het tot die uitkoms gelei?
·
Hierdie held het ’n plan - Watter plan het jy na
vore gebring om die antwoord of oplossing te bring?
·
Die karakter kies om die raad toe te pas - Watter tragedie kon afspeel het as jy nie die plan toegepas het nie?
·
Wat is die gelukkige einde omdat die plan
toegepas is?
Paulus vertel sy bekeringsverhaal
in Hand 22
·
Die Karakter, Hand 22:4-5 Wie was hy voor sy
bekering?
·
Die Held, Hand 22: 6-13 Jesus kom op die toneel
en gebruik Ananias. Wat het aanleiding gegee tot verandering? Hoe het die
verander in sy lewe plaasgevind?
·
Paulus se lewe verander, Hand 22:13 -15. Hy vertel
deur die doop sy omdraai-oomblik.
Die doop is ‘’n geleentheid waar
jy die eerste keer vir ander vertel wat
het Jesus in jou lewe gedoen.
Hierdie gebeure maak jou deel van
Jesus se storie. Alhoewel Jesus deel geword het van jou storie, verander die fokus
nou na ons rol in Sy storie.
Besef die belangrikheid
om met ander kontak te maak.
Luk. 10 Jesus stuur sy Dissipels na mense wat vrede soek.
·
‘n “Vrede soeker” is iemand wat ‘n begeerte na “Iemand” het,
maar hy het nie ‘’n definisie van wie hierdie “Iemand” is nie.
·
Gebrokenheid – Sy lewe is deurmekaar, hy het
hulp nodig.
Waar jy geplant is, moet jy blom. Wees op die uitkyk na vrede soekers in die
omgewing waar jy geplant is.
Jou bydrae vorm deel van ’n ketting, dalk is jy net nog ’n skakel wat tot iemand se bekering lei.
Mar 1:17 And Jesus said unto them, Come ye after me,
and I will make you to become fishers of men
.
·
Jesus sê nie gaan vang vis nie.
·
Jesus spreek ’n leefwyse aan.
·
Die woord “Become” sê jy gaan verander om ’n visser van mense te word. Dit gaan jou DNA wees.
En as ons almal so
begin optree word ’n kultuur gevestig – beïnvloed ons die wyse van lewe.
1 Petr 2: 9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het
júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n
nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít
het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý
wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het. 10 “Vroeër was
julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk van God. Vroeër het God geen
ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming.”
·
‘n Kultuur, ’n “tribe” van eenders denkendes
word gevestig.
·
’n Volk in diens van God – ‘n Volk of koninkryk
wat bestaan uit priesters, wat ander sal dien sodat hulle God se goedheid kan
beleef.
Jou storie wat ander inspireer het die vermoë om ’n kultuur
te verander, waar mense die goedheid van die Here sal sien en glo.
No comments:
Post a Comment