Saturday, August 23, 2014

Is my lewe bonatuurlik?


Praktiese Implikasies
·         As jy nog nie deel is van ’n groep nie (maandag groep by die kerk, dinsdag video Conference – sit jou naam op die clipbord; eerste jy vennoot wil word ook clipbord)
·         Boekmerk – gebruik dit elke dag om jou te herinner aan wat veronderstel is om te gebeur
·         Die boek is beskikbaar by die inligtingstoonbank teen R100
·         Jy kan enigetyd deel word, ons dateer dit op met vrae vir jou kleingroep om fokus te behou

·         Hierdie week se vrae is:
o   Wat beteken dit vir jou om vervul te wees met die Heilige Gees?
o   Hoe lei die Heilige Gees jou op ’n daaglikse basis?
o   Wat is jou geestelike gawes en hoe gebruik jy dit?

·         Donderdagaand gesprek oor die doop en Heilige Gees

Hoekom lyk my lewe so natuurlik, as dit eintlik bonatuurlik moet wees???

As ek dink aan iemand wat bonatuurlik is…dan dink ek aan Superman, vir kinders Buzz Light year (to Infinity and beyond!)
Dit is ‘n “Super Hero” of iemand met:
·         Bonatuurlike vermoë
·         Almal se held
·         Invincible!

Almal van ons begeer ‘n bonatuurlike vermoë.
·         Om te kan beheer (veral as die taxi) voor my inry!! Iron man
·         Respek te kry (Sodat ek kan verstaan wat hy/sy dink want dank an ek hulle beïnvloed soos Professor X in die X-men)
·         Om myself te kan verdedig (wanneer hulle my huis beroof, soos man van intersek)
·         Want almal van ons het hierdie begeerte om ‘n Verskil te maak.

Waar kom die begeerte vandaan?
Is dit n slegte begeerte?
Wil ons net in beheer wees?
Wat in ons maak dat ons gereeld wens ons kan meer verrig as wat ons kan?

Gen 1:26 ANV  Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

Gen 2:7 ANV  Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.

Ons is gemaak na sy beeld en Sy gelykenis wat beteken dat ons het ‘n Goddelike natuur wat maak dat ons n begeerte het om ‘n verskil te maak, te wil skep soos Hy skep. Om iets te beteken, om te kan skep en kreatief te raak en te kan heers.


Wat beteken natuurlik?

‘OM GOD TE BEGRENS BINNE MY VERWYSING’

Dit is algemeen en God is grensloos, onverstaanbaar, bonatuurlik

Hoe lyk dit wanneer ons verstaan wat dit beteken om bonatuurlik te lewe?
Is dit om soos n super hero buitengewone vermoëns te hê?

Joh 15:5 ANV  Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Joh 15:5 MSG  "I am the Vine, you are the branches. When you're joined with me and I with you, the relation intimate and organic, the harvest is sure to be abundant. Separated, you can't produce a thing.

In die Nuwe testament het dit so gelyk…

Johannes die doper:
Mat 3:11 MSG  "I'm baptizing you here in the river, turning your old life in for a kingdom life. The real action comes next: The main character in this drama--compared to him I'm a mere stagehand--will ignite the kingdom life within you, a fire within you, the Holy Spirit within you, changing you from the inside out.

Jesus sê self:
Act 1:8 ANV  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Act 2:4 ANV  Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

Ewe skielik verander bang, skaam en onseker dissipels in koninkrykshelde – ouens  wat Jesus verloën en weggehardloop het - het daarna kerkleiers geword en met vrymoedigheid begin preek. Siekes gesond gemaak. Boeke geskryf wat miljoene mense al gelees het en steeds vandag lees.

Sy dissipels het Hom geken hulle het 3 jaar saam met hom gewandel maar hy het hulle gestuur om bekragtig te word met die Heilige Gees om ‘n getuie te wees.

Wat beteken dit vir my en jou?

·         Wedergeboorte – ontdek jou ware identiteit (Joh 3:3 MSG)
·         Doop – die aantrek van my ware identiteit (Gal 3:27 ANV)
·         Bekragtiging (vervulling) met die Heilige Gees – nou leef ek vanuit hierdie ware identiteit (Hand 1:8)

4:1 So hier sit ek nou in die tronk, maar my groter besef is dat ek in Hom is. (Ons sit immers saam met Hom in hemelse plekke. 2:6) Vanuit hierdie oortuiging maak ek ‘n dringende beroep op julle om te let op die detail van jul lewenswandel sodat julle die definisie wat Hy aan julle gegee het as jul ware en enigste identiteit met integriteit sal uitleef. (Sy roeping identifiseer julle eerder as jul natuurlike etniese herkoms of kultuur.) – Francois du Toit EFE 4:1 -


Ef 4:1 Mirror
The detail of your day to day life flows from the consciousness of your true identity and worth as defined in Him.

2Pe 1:3-4 ANV  Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.  (4)  Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Ons het nodig om te besef ons is het ‘n Goddelike natuur!
Wat ons in staat stel om te kan lewe bonatuurlik!
Nie gebind deur die normale beperkings wat ons beleef nie.

Hoe lyk ‘n lewe wat bonatuurlik funksioneer: gevul deur die Heilige Gees…?
‘n plek van Sekerheid, van onwrikbare geloof en oortuiging

Stefanus se storie…(Hand 7:54-60)
Paulus en Silas se storie…(Hand 16:25)

Leef vanuit n ander realiteit. Ewigheid realiteit. Hoe werk dit?

2 Tim 1:7-8 Mirror
1:7 Become fully acquainted with his gift in you, there is nothing timid about it; the dynamic of a mind liberated in the spirit of love is fearless and unstoppable.
1:8 Do not let my imprisonment make you feel embarrassed about the testimony of Christ or your association with me! We are partners in the afflictions of the gospel and also in the intensity of God’s power! We experience a constant download of power in the midst of affliction!

Ek reageer vanuit nuwe realiteit.
1.    spreek lewe
2.    reageer met liefde
3.    Het ‘n hart wat konstant in aanbidding God eer
4.    Wees lief vir die wat jou vervolg en haat
5.    Spreek hoop wanneer daar geen hoop is nie.
6.    Sien Goddelike realiteit wanneer aardse realiteit wanhopig lyk soos Paulus

Slegs n openbaring van wie God is, bekragtig deur Sy Gees, kan dit moontlik maak.

As hierdie waar is vir ons ….Wat maak dat ons nie ervaar dat ons anders funksioneer met ‘n nuwe identiteit nie???

·         Ek het nog nie besef wie die Heilige Gees is en hoe Hy as persoon my kom vul om deur Sy krag te lewe nie.
·         Ek is gedoop met die Heilige Gees maar verstaan nie die krag wat daarin vir my lê nie.

The power of the Spirit of God - active in and through the lives of the sons of God - has always been God's choice method for doing His work. How often do we not find ourselves as sons of God attempting to do His work without embracing the gifts and the power of His Spirit? As sons of God, we must embrace the supernatural or run the risk of becoming either super-spiritual or superficial. – Rick Moser

“The Glory of God is man fully alive in Christ.”

Wanneer ons saam met die Heilige Gees lewe wat ons in staat stel om te lewe vanuit verhouding met God, word dit die nuwe normaal.
Dan word dit abnormaal wanneer ons lewens slegs definisie vind in wat ons hier op aarde sien en beleef.
Want dit is normaal om te lewe vanuit die oortuiging dat ons ingesluit is in God se liefde en om deur die Heilige Gees bekragtig te word vir bonatuurlike lewens.

Ministry:
Laat toe dat die Heilige Gees jou aanraak en kom vul.
Die Heilige Gees kom leer ken as persoon
As jy God ken, het jy reeds die Gees binne in jou.
Maar die Heilige Gees wil jou kom doop met wie Hy is en kom aktiveer in Sy krag
Gawes volg as teken. 1 Kor 12
Praat in tale is gereeld die teken…


Balone oomblik

No comments:

Post a Comment