Thursday, July 31, 2014

Groei - Week 1

Picture1
1 Kron. 4: 9 Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was. 10 Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: “Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!” En God het sy versoek gehoor en dit gedoen.
Ons almal gaan deur die skool van die lewe, waar ons deur ervaring leer wat om te doen en wat om nie te doen nie.
Ongelukkig vorm die ervarings baie keer ook etikette wat my keer om buite die boks van my gemaksone te beweeg.
Om te groei moet jou verlede nie jou toekoms dikteer nie.
Jabes se naam beteken – Oorsaak van Pyn. Die Bybel maak juis melding dat hy losgebreek het van die etiket van sy lewe en sukses behaal het.
Ons etikette hou ons baie maal weg van geleenthede.
* Ek kan nie weer trou nie, net nou kry ek weer seer.
* Wat as ek die bevordering neem en kan nie die werk doen nie?
* Wat as ek ’n selgroep begin en dit werk weer nie soos laas keer nie.
Die sentrale tema van Jabes se gebed is die teenoorgestelde:
Here vergroot my grondgebied.
Here ek wil groei: 
• Vergroot my verantwoordelikhede.
• Vergroot my impak.
• Here ek wil nie stagneer nie!
Dit is gemaklik om volgens die bekende te leef, om net te doen wat jy weet werk.

Om die impak van jou lewe te vergroot het jy nodig om jou grondgebied te vergroot:

• Here neem my op plekke waar ek nog nie was nie
• Neem my op plekke wat groter is as ek.
Wanneer ons die gebed bid. Here vergroot my grondgebied kan die volgende gebeur:
• Geleenthede kan jou padlangs kom.
• Jy gaan begin kreatief raak.
• Jy gaan die nood van jou omgewing begin raaksien.
Die vraag is as die Here se geleenthede jou padlangs kom, gaan jy dit aangryp?
Jabes bid: “Wees asseblief met my in alles wat ek doen”
Jos 1: 9 My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”
Die Here is saam met elke tree wat jy gee.
God said,”Come to the edge”
We said, “Is’t too high”
“Come to the edge” God said
We said: “we might fall”
“Come to the edge” God said
And we came
And he pushed us And WE flew
Wanneer Jabes bid: “Laat u seën op my rus” , spreek dit van die teenwoordigheid van die Here
Seën is nie wat ek kry nie, maar dat die Here met my is
Here, as ek my voet op die pad van my nuwe grondgebied sit, sal U met my wees.
Jabes se gebed van seën was wyer as net sy behoeftes en begeertes.
As jy toelaat dat die Here jou grondgebied vergroot, dan gebruik Hy jou talente om ‘n impak in Sy koninkryk te maak.
Here dankie dat U my besigheid seën, vergroot my grondgebied sodat my finansies u Koninkryk kan help uitbrei.
Here dankie dat u my huwelik seën. Ek wil toelaat dat U my gebruik om ander huwelike te impakteer.
Jabes se gebed daag jou uit die uitdagings van die lewe te aanvaar.

No comments:

Post a Comment