Jesus…
the untold story .
Die reeks se fokus is op Jesus wat betrokke
wil wees in jou elke dag lewe. So kan nuwe stories van Hom deur die jaar omvou.
Maak 2015 die jaar wees waar jy die teenwoordigheid
van Jesus elke dag beleef.
Niks
kan jou skei van sy teenwoordigheid nie.
Heb 13:5
Don't be obsessed with getting more material things. Be relaxed with
what you have. Since God assured us, "I'll never let you down, never walk
off and leave you,“ 6 we
can boldly quote, God is there, ready to help; I'm fearless no matter what. Who
or what can get to me?
Hebr
13:5 Amp. For God Himself has said. I will not in any way fail you nor give you
up nor leave you with support. (I will) not, (I will) not, (I will) not in any
degree leave you helpless nor forsake
nor let you down (relax my hold on you) (Assuredly not)
Jesus maak persoonlike ‘n uitspraak: Dat Hy jou
nie sal alleen los of jou teleurstel nie.
Ons regeer daarop deur onsself daaraan te
herinner.
- Wat van sonde? – Alhoewel sonde jou beroof van oorvloedige lewe, is dit juis Jesus wat jou help om oorwinning oor sonde te kry.
Rom 8 31Wat sal ons dan van al hierdie
wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? 32As
God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee
het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? 33Wie sal
dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die
Een wat ons vryspreek. 34Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een
wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs
God sit en wat daar vir ons pleit.
- Wat van ongeloof? – Dit is juis Jesus se teenwoordigheid wat in jou hart wil fluister, vertrou my.
Moenie dat gevoelens vir jou ‘n aanduiding
wees, van hoe naby of hoe ver Jesus is nie.
Rom 8: 35 Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde
skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of
gevaar of doodsdreiging dit regkry? 36Selfs die Skrif verklaar tog: “Om u
ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou.”37 Tog
is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te
behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. 38 Een ding
weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie
dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons
kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39 Ja, hoegenaamd niks daarbo
of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die
liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie..
Hier is
die geheim om in oorwinning te leef!
Jud 1: 21 Bly in die liefde van God. Vestig
steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat
die ewige lewe aan julle sal gee.
Bly in
sy liefde.
Moet
nooit ophou glo hy is lief vir jou nie!
Weet dat die Here is aan jou kant.
Hy soek die beste vir jou .
Omdat
Jesus die beste vir jou soek, wil hy altyd betrokke wees in jou lewe.
Wees ‘n volgeling van Jesus.
Skep geleenthede waar jy intensioneel na hom
luister.
Rev 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As
iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom
maaltyd hou, en hy met
Jesus wil
jou leer om Hom te volg en Sy hart op te tel.
"God,
who got you started in this spiritual adventure, shares with us
the life of His Son and our Master Jesus.
He will never give up on you.
Never forget that!" 1 Cor. 1:9 (Mes)
Bid die
volgende gebed vir 2015
Kol 1: 9 Van die dag af wat ons dít oor julle
gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy
geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal
wees van wat Hy wil hê. 10 Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here
sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat
julle God al hoe beter sal leer ken. 11 Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike
heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle
omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap 12 altyd die Vader
dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel,
die erfenis wat wag vir mense.
- Geestelike insig om Sy wil (plan) vir jou lewe te ontdek.
- Karakter groei. Dat jou optrede in lyn sal kom met wie jy in Christus is.
- Standvastige geloof wanneer storms jou padlangs kom.
- Laat hy jou gebruik om ‘n draer van goeie nuus te wees.
Laat jou lewe Christus op aarde verteenwoordig.