Saturday, August 11, 2018

40 Days of Love: Love like Jesus.




Liefhê soos Jesus.

Jesus nooi ons uit om by Hom te leer oor liefde.

Joh 13:34 Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. 35 As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”

Die sirkel van liefde:
Ek is liefde/ ontdekking van my DNA
Ervaar Sy liefde
Leer van Sy liefde
Pas dit toe

Die woorde van Joh 13:34 vloei vanuit ‘n praktiese lewensles oor liefde.

Lees die verhaal van Jesus wat die dissipels se voete gewas het.

Joh 13:4 Hy het toe van die tafel af opgestaan, sy bo-klere uitgetrek, ’n doek gevat en dit om Hom vasgebind. 5Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om die dissipels se voete te was en af te droog met die doek wat om Hom vasgebind was.

Joh 13:12Nadat Jesus hulle voete klaar gewas het, het Hy sy bo-klere aangetrek en weer aangelê by die ete. Hy sê toe vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? 13Julle noem My Leermeester en Here, en tereg só, want Ek is dit. 14 As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. 1 5Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. 16Hoe waar is dit tog nie: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie en ’n gestuurde ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. 17As julle hierdie dinge insien en julle eie maak, sal julle geseënd wees as julle dit ook doen.”


  • Jesus verander die fokus. 
  • Dis nie ek wat gedien moet word nie, maar ek wat moet gee.


Daar is drie kern beginsels wat ons uit Jesus se voorbeeld kan leer.
Aanvaar mekaar.
Sien die waarde in ander.
Glo in ander.

Aanvaar mekaar. 

Ons almal het al verwerping beleef.

Daar is een persoon wat jou onvoorwaarlik aanvaar. Dit is Jesus.

Joh 8:3 Die skrifkenners en die Fariseërs bring toe ’n vrou wat op die daad van owerspel betrap is, en laat haar tussen hulle staan. 4Hulle sê vir Hom: “Leermeester, hierdie vrou is betrap terwyl sy besig was met ’n daad van owerspel.
 7Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.”
9 Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan, eerste die familiehoofde. Jesus is alleen agtergelaat terwyl die vrou nog in hulle midde staan. 10 Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?”
11 Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Jesus veroordeel haar nie, maar skep ’n omgewing waar sy in Sy teenwoordigheid onvoorwaarlik welkom is en aanvaarding beleef.


  • Jesus se werk in ons lewe het ons goed genoeg verklaar. Dit is nie ons elke dag optrede wat bepaal of Hy ons aanvaar of nie.


Joh 13:10 Jesus sê vir hom: “Iemand wat klaar gebad het, is heeltemal skoon, behalwe om nog sy voete te was. En julle is mos reeds skoon – nee, tog nie almal nie.”

Matt 11:28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Les: Ons moenie ander veroordeel nie, maar saam groei.

Luk 6:41 "Waarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
42 Jy wat die balk in jou eie oog nie raaksien nie, hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Broer, laat my toe om die splinter in jou oog uit te haal’? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal."

Rom 15:1 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfels en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. 2 Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou

Skep ’n omgewing waar ons nie fokus op ander se verlede nie. Dit is nie wat ons identiteit bepaal nie.
Skep ʼn omgewing van empatie.
Skep ‘n omgewing waar ons saam kan groei.

Liefde sien mekaar as waardevol.

Luk. 12 22 Jesus sê toe vir sy dissipels: “Daarom sê Ek vir julle, moenie julle oor die alledaagse lewe bekommer – of julle genoeg kos het om te eet of klere om te dra nie. 23Want die lewe bestaan uit veel meer as kos en die liggaam is veel meer as klere. 24Kyk na die kraaie. Hulle saai en oes nie, hulle het geen spens of skuur waarin hulle voorrade bêre nie, en tog sorg God vir hulle. En julle is baie waardevoller vir Hom as enige voëls

Ef 2:14 Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot 5 dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! 6 Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee. 7 So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.
8 Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. 9 Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

Jesus bepaal jou waarde.
Hy het die hoogste prys vir jou betaal deur Sy lewe vir jou te gee.
Die Koning en Meester is jou skepper.
Jy is herstel tot ’n posisie van gesag.

Les: Sien die waarde wat Jesus op ander mense plaas, raak.
Sit ’n 10 op ander se kop.

Jesus se liefde kry uitdrukking deur Sy geloof in jou.

Net na Jesus die dissipels leer om liefde uit te leef soos Hy, waarsku Hy Petrus dat hy Hom gaan verloën.

“Joh 13:34 Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. 35 As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”
Jesus wil terselfdertyd dit in Petrus se hart vasmaak dat sy optrede nie Sy liefde vir hom sal bepaal nie en dat Hy in hom sal bly glo.

Ten spyte van Petrus se optrede (Hy het gesê dat hy nie Jesus ken nie) kom Jesus en gee Hom ‘n tweede kans.

Joh 21: 15Toe hulle klaar ontbyt geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief, meer as hierdies?”
Petrus sê vir Jesus: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.”
Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my lammers.”
Joh 21:16Jesus vra hom toe ’n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?”
“Ja, Here, U weet dat ek U liefhet,” antwoord Petrus.
Jesus sê vir hom: “Wees ’n herder vir my skape.”
17’n Derde keer vra Jesus hom: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?”
Petrus het hartseer geword omdat Jesus hom ’n derde keer gevra het: “Het jy My lief?” en hy antwoord Jesus: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”
Jesus sê vir hom: “Gaan versorg my skape.

Les: Laat liefde uitdrukking kry in bemoedigende woorde, wat geloof wek.

Heb 10:24 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.
Heb 10:25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.





No comments:

Post a Comment