Saturday, August 25, 2018

40 Days of love: Let is go


1 Cor. 14:1 (LB) 
“Let love be your greatest aim.”  

1 KORINTIËRS 16:14
'Doen alles wat julle doen met liefde. '

Ons liefde word getoets. Daar is mense wat maklik is om lief te hê. Dan is daar die mense wat dit vir jou moeilik maak om hulle lief te hê. Saam gaan ons leer hoe om hierdie mense te hanteer.

Jy kan dalk jouself assosieer met Josef se storie: Lees Gen 37-45


  • Sy broers stel hom teleur. 
Spot Hom.
Verwerp hom.


  • Potifar se vrou.

Kom hom te na en behandel hom onregverdig.


  • Die skinker.

Stel hom teleur.

Ten spyte van alles.
Styg Josef uit bo die invloed van mense.
Hy word nie die gevangene van ander se optredes nie.
Hy was bereid om sy broers te vergewe en hulle voorspoed te gun.

Gen 45:4 “Kom nader na my toe,” sê hy. Hulle kom toe nader. Hy sê toe weer: “Ek is Josef, julle broer wat julle destyds verkoop het en na Egipte toe gebring is. 5Maar moenie julleself verwyt dat julle dit gedoen het nie. Eintlik is dit God wat dit bewerk het. Hy het my vooruit gestuur sodat julle lewens gespaar kon word.


Ons tree met ʼn ander gesindheid op. 
Rom 12: Paulus se uitdaging: Om met ’n ander gesindheid te leef.

14 As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën.
17 Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. 18 Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.
19 Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif:
“Dit is mý reg om te straf;
Ek sal vergeld,
sê die Here.”
20 Doen eerder wat die Skrif sê:
“As jou vyande honger is,
gee aan hulle iets om te eet.
As hulle dors is, les hulle dors.
Deur dit te doen, sal julle
hulle bloedrooi van skaamte
maak.”
21 Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.

Drie vlakke wat ons mense wat ons verontreg hanteer.
Val aan.
Regverdigheid moet geskied.
Doen goed.

Jy is anders. 
Jy het God se liefde ervaar.
Ons het die krag van die Heilige Gees.
Daarom is jy nie die gevangene van die verlede en mense nie.
Ons gemoed word bepaal deur God se Gees in ons.
Ons beïnvloed en word nie beïnvloed nie.

Wat moet ons doen?


  • Doen goed al verdien ander dit nie. 

Rom 12 15 As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle.


  • Vra God om ander te seën.

Matt 5: 43“Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ 44Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. 45 Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader

Wat van mense wat jou elke dag emosioneel seermaak.

1 Kor. 13: 5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie.


1 Cor. 13:5 (NLT)
“Love is not rude. Love does not demand its own way.Love is not irritable, and loves keeps no record of when it has been wronged.” 



  • Identifiseer sy optrede. 
  • Gee dit ‘n beskrywing.
  • Wat maak dat dit jou pla, irriteer? 


Voorbeelde
Ongeskik/onbeskof.
Hulle eie belang soek.
ʼn Kort humeur het, geïrriteerd is.
Mense wat altyd simpatie soek, “victim” mentaliteit.


  • Besef jy is nie die gevangene nie, maar kan hulle beïnvloed.
  • Vra vir wysheid. 
  • By die Here, vriende en professionele raad.



As jy die een is wat seermaak.

Vra jou die vraag af waar tree jy buite liefde op.

Lees Tit 3
Tit 3:3 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat.
4Toe het die goedheid
van God ons Verlosser
en sy liefde vir mense verskyn.
5Hy het ons verlos,
nie op grond van wat ons gedoen het
vir ons vryspraak nie,
maar slegs op grond
van sy eie ontferming.
Dit het Hy vermag
deur die reiniging
van die weergeboorte
en deur die Heilige Gees
wat ons vernuwe.
6Hy het die Gees ryklik
op ons uitgestort
op grond van wat Jesus Christus
ons Verlosser gedoen het.
7Só is ons vrygespreek
deur sy genade,
en het ons erfgename geword
van die ewige lewe
waarop ons hoop.
8Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.

Jy is nie jou optrede nie:
Jy het die Heilige Gees in jou om te kan verander.
Dus met Sy hulp neem ‘n besluit om te verander.
Breek met die wortels van die verlede.
Herinner jou aan wie jy is.

As jy ander moet vryspreek, neem die eerste tree.

“Whenever you stand praying, if you have anything against anyone, forgive him and let it drop, leave it, and let it go, in order that your Father who is in heaven may also forgive you your own failings and shortcomings and let them drop.” Mark 11:25 (Amp)




No comments:

Post a Comment