Saturday, August 18, 2018

40 day of love: Words of love



Woorde van liefde.

Verstaan die impak van woorde.

Jak 3 gebruik 3 metafore om ons te leer oor die effek van ons woorde.

Metafoor 1 Roer van ‘’n skip.
Jak 3 4 En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai.
Woorde stuur ons in ’n sekere rigting.

Metafoor 2 Vuur. 
Jak 3:5 So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. 6Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan.
Jou woorde kan verhoudingskade bring.

Daarom leer Jakobus ons om ons tong te beheer. 

Hy gebruik die metafoor van ʼn fontein om ons te help hoe om ons woorde te beheer.

Jak 3 11 Kan ’n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? 12 Kan jy olywe van ’n vyeboom afpluk, of vye van ’n druiwestok? Net so min as wat ’n brak bron vars water kan voortbring!

  • My woorde ¬¬weerspieël wie ek is.
  • Soos ‘n fontein.
  • Wie jy binne is, word geopenbaar deur jou woorde.


Jesus verduidelik dit soos volg. 
Mat 12:34 Daarom is dit vir julle onmoontlik om goeie dinge te praat. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Besef jy kan ʼn wag voor jou mond sit.

Vra jouself dus af, is my woorde:
Die waarheid
Nodig
Vriendelik
Inspirerend
Opbouend

Praat die waarheid in liefde.
Ef 4:15 Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.
15 Instead, speaking the truth in love, we will grow to become in every respect the mature body of him who is the head, that is, Christ

Ons moet die waarheid praat en eerlik wees met mekaar.
Praat die waarheid in liefde.
Ons motief is om ander te help groei.

Die voorbeeld van Jetro in Eks. 18. 
Sy motief was om te help. Moses is besig om uit te brand.
Hy probeer verstaan deur die regte vrae te vra.
Hy fokus op die probleem en nie op Moses se tekortkominge nie.
Hy gee eerlike raad.

Beskerm die eenheid wat tussen jou en ander is. 
Voorbeeld van die huwelik.

Mat 19:6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Leer om te luister en te verstaan.
Die motief is dat die verhouding wen en nie ek nie.'

3 Kor 13:6 Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.

Praat woorde wat God se waarheid onderstreep.
Ef 4:15 Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.

Woorde wat mekaar herinner aan ons identiteit in Christus.

Ef 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.

Kies vandag om woorde van liefde te spreek. Woorde kan die volgende kenmerke hê.
Vriendelike
Wyse
Lewe
Positiwiteit
Bemoediging en hoop
Drome
Geleenthede
Kreatiwiteit
Oplossing
Vryspreek
Respek

No comments:

Post a Comment