Saturday, November 25, 2017

Finishing strong 3 Balans



Finishing strong: Balans.

Balans gaan nie  eerstens daaroor of jy jou tyd gelykop verdeel  tussen gesin, werk en godsdiens nie.

Balans moet by die middelpunt van jou lewe begin. 

Ps 16 ’n Gebed van Dawid.
Beskerm my, o God,
want ek kom na U toe
vir skuiling.
2 Ek sê vir die Here:
“U is my Here!
Alle goeie dinge
kry ek van U alleen.”
5 Here, U alleen is my erfenis,
my beker van seën.
U waarborg
my lotsbestemming.
6’n Pragtige plek
is vir my afgemeet.
Wat ek geërf het,
is vir my mooi!
7 Ek prys die Here
wat my insig gee;
ook in die nag
is ek daarvan bewus.
8 Die Here is altyd by my.
Ja, Hy is aan my regterhand;
daarom sal ek nie struikel nie.
9 Hieroor is my hart vol vreugde.
Ek besing sy lof,
en woon in veiligheid.
11 U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd

Ps 16 Leer ons dat Jesus die middelpunt van ons lewe moet wees.
Nie jou werk, gesin, finansies, ambisies ens. mag die sentrale plek in jou lewe inneem nie.

Wees verseker: Sonder Jesus gaan jou lewe uit balans wees.
Ps 16 Leer ons die waarde van Jesus as middelpunt. Hy is ons:
Skuiling
Erfenis
Beker van seën
Insig
Vastigheid
Veiligheid
Wysheid
Blydskap

Daarom bedank as die CEO van jou lewe, en vertrou Hom.

Ps 37: 3
Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.
5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.


As jy verstaan dat Jesus vir jou is en jy nie sonder Hom kan wees nie, sal jy jou lewe om Hom bou.

Matt 6:33 (NLV) “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.


  • Om tyd saam met Hom te spandeer sal jou hoogste prioriteit wees.


3 Joh 2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.


  • As dit met jou geestelik goed gaan sal dit op alle terreine met jou goed gaan.


Bepaal wat is waardevol

As iets vir jou waardevol is sal jou bereid wees om ʼn prys te betaal vir dit.
Herinner jouself dat daar belangriker dinge is as die dringende dinge in jou lewe en pas jou lewe daarvolgens aan.

Luk 2:52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mens

Groei gebalanseerd   
Wysheid
Gesondheid
Geesmens
Sosiale dimensie

Die Beginsels van die Sabbat.
Gen 2:1 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. 2 Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. 3 God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. 4 Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde.
Daar is seën in rus.
Jy moet tyd uitkoop om jouself op te bou.
Geestelik
Emosioneel
Liggaamlik


Saturday, November 18, 2017

Finishing Strong 2




 “Finishing Strong”
...TEN SPYTE VAN STORMS
(Hnd 27:21-44)

Jes 40:31
31 ...dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (NV)


Hnd 27:20-24a
20 Dae lank was die son en die sterre nie te sien nie en het die geweldige wind voortgewoed. Uiteindelik het ons alle hoop laat vaar om gered te word.
21 Nadat hulle ’n lang tyd nie meer geëet het nie, het Paulus tussen hulle gaan staan en gesê: “Manne, julle moes na my geluister het en nie van Mooi Hawens in Kreta af weggevaar het nie. Dan sou ons hierdie ramp en skade gespaar gewees het. 22 En nou vra ek julle: Hou moed! Daar sal verseker geen lewensverlies onder julle wees nie; net die skip sal tot niet gaan. 
23 Verlede nag het daar ’n engel van die God aan wie ek behoort en wat ek dien, langs my gestaan 24 en vir my gesê: ‘Hou op bang wees, Paulus... 

2 Kor 1:8
8 Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. (NV)

Hnd 27:24-30
24 ...Jy moet nog voor die keiser verskyn. En dis nie al nie – om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is.’ 25 Daarom, hou moed, manne! Verseker vertrou ek op God dat alles presies só sal gebeur soos Hy vir my gesê het. 26 Ons moet op ’n eiland strand.”
27 Die veertiende nag wat ons so op die Adriatiese See rondgedobber het, teen middernag, het die matrose vermoed dat hulle naby land kom. 28 Hulle het ’n dieplood uitgegooi en ’n diepte van 36 meter gekry. ’n Bietjie verder het hulle weer gemeet, en toe kry hulle 27 meter. 29 Hulle was bang ons loop naderhand op die rotse en het daarom vier ankers by die agterstewe uitgegooi en gebid dit moet dag word. 30 Die matrose wou wegkom van die skip af en het die reddingsbootjie in die see begin neerlaat asof hulle ankers by die boeg van die skip wou laat sak. 

Hnd 27:31-34
31 Paulus sê toe vir die Romeinse offisier en sy soldate: “As hierdie mense nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.” 32 Toe het die soldate die toue van die bootjie afgekap en hom laat afval. 33 Net toe die dag begin breek, het Paulus by almal aangedring om iets te eet: “Vandag is al die veertiende dag dat julle in spanning sonder kos wag, en niks eet nie,” het hy gesê. 34 “Daarom dring ek by julle daarop aan om nou iets te eet. Dit sal julle verseker help om te oorleef. Daar sal nie eers ’n haar van een van julle se koppe af verlore gaan nie!”

Hnd 27:35-38
35 Nadat hy dit gesê het, het hy brood gevat, God voor almal gedank, ’n stuk afgebreek en begin eet. 36 Hulle het toe almal moed geskep en self ook begin eet. 37 (Ons was altesaam 276 mense op die skip.) 38 Nadat hulle genoeg geëet het, het hulle die skip nog ligter gemaak deur die res van die koringvrag oorboord te gooi.

Hnd 27:42-44
42 Die plan van die soldate was om die gevangenes dood te maak om te keer dat hulle sou uitswem en ontsnap. 43 Maar die Romeinse offisier wou Paulus red en het hulle gekeer om hulle plan uit te voer. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en die land te probeer haal. 44 Die ander moes dan volg, sommige deur aan planke en ander deur aan wrakstukke vas te klou. Op hierdie manier het dit gebeur dat almal veilig aan land gekom het.



Wanneer ons die wind van voor kry; deur ʼn storm gaan; ons skip selfs op die rotse loop; leer ons ’n paar belangrike beginsels uit hierdie stuk geskiedenis:

#1. SIEN DIT ______  

“See it coming so you never end up running.”

Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)


“Trials and tribulations are not an elective class in the Christian Life
but a required course.”
– Steven Lawson


“Life is tough, ...but God is good.”


“If there’s an absence of adversity in my life,
there might be an absence of progress as well.”


Ons is op ’n wenpad – maar om bo uit te kom is die pad kwaai opdraand!



#2. SIEN DIT ______  

Die uitdaging is nie dat ek moet VERSTAAN nie,
maar dat ek sal VASSTAAN!



#3. SKUD DIT ____

Hnd 28:1-6
1 Nadat ons veilig aan wal gekom het, het ons uitgevind dat die eiland “Malta” genoem word. 2 Die inboorlinge was buitengewoon vriendelik teenoor ons. Dit het begin reën en dit was koud. Hulle het toe ’n vuur aangesteek en ons almal genooi om daar te kom sit.3 Paulus het ’n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar ’n slang uitgekom en hom aan sy hand gepik. 4 Toe die inboorlinge die gedierte aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar. Al is hy uit die see gered, het geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.” 5 Paulus het egter die ongedierte in die vuur afgeskud en geen nagevolge gehad nie. 6 Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik morsdood neerslaan, maar nadat hulle ’n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en begin sê hy is ’n god. 

Hnd 28:9
9 Ná hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland gekom, en is hulle gesond gemaak.



Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)



Jes 40:29,31
29 God energizes those who get tired, and gives fresh strength to dropouts…31 Those who wait upon God get fresh strength.  They spread their wings and soar like eagles, they run and don't get tired, they walk and don't lag behind.” (Mess)



Ef 1:19-20a
19 “Oh, the utter extravagance of His work in us who trust Him – endless energy, boundless strength!  20 All this energy issues from Christ.” (Message)

Saturday, November 11, 2017

Finishing strong: Uitbranding



Finishing strong

Navorsing bewys dat 63% van alle Suid Afrikaanse mans een of ander tyd ʼn seisoen van uitbranding beleef.
Meeste van ons het ‘n “blindekol”, en leef in ontkenning dat dit nie met ons kan gebeur nie.

Uitbranding: Dit is die oorweldigende gevoel dat ek nie die kapasiteit het om die taak wat voor my is, af te handel nie.

Lees 1 Konings 18 en ontdek hoe Elia groot oorwinnings beleef het. 

Dan kom die omswaai ... van bo na onder.

Sy optrede wys simptome waarna ons kan oplet in ons eie lewe.
1 Konings 19 som die storie op waar Elia totale uitbranding beleef het.
1 Kon 19: 4 Hy self het die woestyn ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf.
“Ek het nou genoeg gehad, Here,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie.”
5 Hy het gaan lê en onder die besembos aan die slaap geraak. 

Bv. 
ʼn Gevoel van sinloosheid. 
ʼn Gevoel van oorweldiging.
Bekommernis.
Gebrek aan slaap.
Eetlus verdwyn.  

Herken simptome in jou lewe

Hiperaktief
Verwardheid
Frustrasie
Wanhoop
Optrede
Hoë ambisie.
Werk hard en konstant.
Meer as een projek.
Meer reaktief as proaktief.
Probeer alles beheer.
Ambisie neem af.
Minder kreatief (probleem oplossing).
Werk hard met minder resultate.
Aanbieding, idees opervlakkig.
Geen kreatiwiteit.
Plekke om te ontvlug – Alkohol.

Kan nie meer werk nie.
Geen energie.
Aandagafleibaar.
Emosies
Adrenalien.
Gevoel van verantwoordelikheid vir alles – alles moet reg loop.
Bang jy is nie goed genoeg nie.
Eie grootste kritiseerder.
Onseker oor jouself.
Bang jy gee in.
Verloor geloof in jouself.
Bang jy kom nie uit jou omstandighede nie.
Gevoel van geen waarde toevoeging nie.
Depressie.
Gedagtes
Te veel informasie.
Vergeet.
Voel volgende ding amper voor jou – op jou.
Bekommernis.
Is nie tevrede met jou eie werk nie.
Tonnel-visie.
Ondankbaarheid.
Bekommer jou die heeltyd.
Selfveroordeling.
Sinies.
Wantroue.
Gevoel niks het sin nie.
Liggaam
Min slaap.
Min oefening.
Verkeerde eetpatrone.

Minder energie. Slaap probleem.
Eetversteuring.
Hoë bloeddruk.
Probleem gefokus.
Erge hoofpyn.
Immuniteit verlaag – veg en vlug.
Rug- en maagpyn.
Psigologiese probleme.
Vergeet.
Siekte – kronies.
Verhoudings
Min tyd vir verhoudings buite jou omgewing.
Probeer almal gelukkig hou.
Luister selektief.
Jy laat nie mense naby jou kom nie.
Selfregverdiging.
Gereeld geïrriteerd.
Voel almal om jou is skuldig.
Intimiteit verlore.
Nie lus vir vriende nie.

Vind fout met alle verhoudings.
Isoleer jouself.
Verloor goeie verhoudings.
Die gevoel van jy weet nie hoe om die verhouding te herstel nie.

Oplossing.

Fokus op ‘n gesonde lewensstyl.

1 Kon 19: “Staan op en eet!” 6 Hy kyk op en dáár sien hy by sy kop ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: “Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees.”
8 Hy het toe opgestaan, geëet en gedrink. Die kos het hom genoeg krag gegee sodat hy 40 dae en 40 nagte lank tot by Horeb, die berg van God, kon loop.

Eet reg.
Oefen. 
Slaap genoeg.

Ontlaai jou emosies.

1 Kon 19:9 Maar die Here het met hom gepraat: “Wat maak jy hier, Elia?”

God nooi Elia om eerlik te wees oor sy emosionele ervarings.

Elia vertel God: Ek is bang, bitter kwaad, ek is alleen, kragteloos en negatief. 
Jes 40:29 Hy gee krag
aan dié wat moeg is.
Hy maak die kragteloses sterk.
30 Selfs jongmense raak uitgeput
en afgemat.
Baie jongmense struikel
en val.

Jesus gee ons raad bv.
  • Om te besef jy mag nee sê.
  • Om ander te vertrou. 
  • Om grense te skep.

Herstel van verhoudings.

1 Kon 19:16 Jy moet ook Elisa seun van Safat uit Abel-Megola salf om jou as my profeet op te volg. 17 Dan sal sake só verloop: Die een wat Gasael se swaard ontvlug, sal Jehu doodmaak; en die een wat Jehu se swaard ontvlug, sal Elisa doodmaak.

  • Om ander mense deel te maak van jou lewe is deel van die gesond word proses.

God verander sy fokus (gedrag). 

1 Kon 19: 15 Toe sê die Here vir hom: “Draai net hier om en gaan na die woestyn van Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael salf tot koning van Aram. 16 Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel.
  • Moenie net bestaan nie, maar leef met sin. 
  • Ontdek dinge wat vir jou lekker is.
  • Probeer om 20% van jou tyd rondom jou passie te spandeer.

Laat die Here jou krag gee.

1 Kon 10: 11 “Kom buitekant toe en gaan staan voor My by die berg,” sê die Here vir hom.
Terwyl Elia daar staan, het die Here by hom verbygegaan en ’n geweldige rukwind het die berg uitmekaargeruk en die rotse gebreek voor die Here. Tog was die Here nie in die wind nie. Na die wind was daar ’n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. 12 Na die aardbewing was daar ’n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ’n sagte gesuis.
13 Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak. Hy het by die ingang van die grot gaan staan.

Jes. 40:31 Maar dié wat hulle hoop
op die Here stel,
sal hulle krag terugkry.
Hulle vlieg hoog,
soos arende.
Hulle sal hardloop
en nie moeg word nie.
Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

  • Maak tyd vir Jesus.
  • Vanuit verhouding met Hom ontvang jy jou krag.
  • Laat Hy jou leer hoe om te lewe.

Mat 11: 28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.
29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig.

Saturday, November 4, 2017

Live 3 Wholeness



Die Definisie van Shalom

James Metzler says, "The basic meaning of shalom is wholeness, which includes the idea of  completeness, well-being, prosperity, harmony, and having a common will and a mutual responsibility.  It is used as a companion... or synonym for the terms 'blessing', 'salvation', 'righteousness', and 'justice'.  Shalom [wholeness] depicts the relationship that God establishes and intends for humanity with Himself, with other humans and with nature."

Shalom is die teenpool van ’n gebroke gemeenskap.

Dit is die antwoord vir:
Stukkende huwelike.
‘n Gemeenskap wat in vrees lewe.
Rassespanning en onverdraagsaamheid.

Twee stede in kontras met mekaar.

Jerusalem (Jerusalom) 
Die voorbeeld waar God lewe en heelheid (Shalom) wil bring.
Dit is nie die afwesigheid van pyn nie, maar dit is die aanwesigheid van God in die midde van gebrokenheid.

Babel 

Dit is die simboliek van ’n stad sonder God. Die mens is in beheer.
Gen 11:7 4“Kom,” sê hulle, “laat ons vir onsself roem verwerf en ’n stad bou met ’n toring wat aan die hemel raak.

Vanuit die konteks vind ’n stukke interessante geskiedenis plaas.

Israel word in gevangenisskap weggevoer na Babel
Jer 29:7 Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” 8 Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers by julle julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie aan hulle drome steur nie. 9 Hulle verkondig leuens aan julle en sê hulle praat namens My. Ek het hulle beslis nie gestuur nie!” sê die Here.

Die doemprofete voorspel dat daar geen hoop is nie.  “Julle bevind julle in ’n plek sonder God”
Jeremia profeteer die teenpool: Julle teenwoordigheid bring “Jerusalem” in Babel in.
Omdat julle hier is, sal God se lewe in Babel wees.

Psalm 16:8-9 Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. 9 Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig
"I am always aware of the Lord's presence... He is near and nothing
can shake me.  I'm so thankful and glad and I feel completely secure

God is alomteenwoordig en wil Sy teenwoordigheid ervaarbaar maak.

Jesus stel vir ons die voorbeeld

Luk 15  1-3 By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently. The Pharisees and religion scholars were not pleased, not at all pleased. They growled, “He takes in sinners and eats meals with them, treating them like old friends.” Their grumbling triggered this story.

Jesus bevind hom in ’n gemeenskap wat gebroke is, wat Shalom nodig het.

Daar is 2 groepe
Stukkende mense.
En die selfregverdigende Fariseërs.

 Ons moet nie dink verandering is net vir ander mense nie. Heelwording begin eerste in ons eie lewens.

Spr 5:21 ‘n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat hy gee, sien hy.
Ps. 69:5 (GN) My sins, O God, are not hidden from you; you know how foolish I have been."

Jesus leer selfregverdigende mense ‘n lewensles uit die volgende gelykenis: 

Luk 15: 3 Jesus het toe hierdie gelykenis vertel: 4 “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
Hy ryk uit na die “een” – na jou toe.

Uit die letsels van die verlede het jy stories om ander mee te help.

Soos Jesus, moet ons, ons bevind tussen stukkende mense.
Die “een” moet weer vir ons belangrik word.
Om een te bereik is net so belangrik soos die massas.

Jesus het ook ’n groep bedien

Jou passie en hart vir gebroke mense sal jou lei om intensioneel op ’n sekere area te fokus.
Raak deel van ʼn groep of begin ‘n aksie wat jou passie ‘n realiteit laat word.

Daar is Hoop oor ons toekoms al voel ons baie maal ons bevind ons in Babel.

Jer 29: 11 Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. 12Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister.