Saturday, August 30, 2014

Fully alive: Week 4 Wat as ek anders sien?


Fully alive: Week 4  Wat as ek anders sien?

Week 4 se vrae
·         Inspirasie: Kan jy jouself en ander vergewe daarvoor/vir die wat verkeerd geloop het in jou lewe?
·         Implikasie: Is jy deel van ‘n groep mense waar jy kan omgee vir iemand anders?
·         Implementering: Het jy al uitgereik na iemand in ‘n ander kultuur, wat jy net voor kan omgee?

Verhoudings vorm die basis van die kerk

1 Petr 2: 9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.10 “Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming. ”Vanaf die eerste kerk in Handelinge is mense saamgevoeg in ’n eenheid om na mekaar om te sien  en aan te spoor om  the groei..

Vanaf die eerste kerk in Handelinge is mense saamgevoeg in ’n eenheid om na mekaar om te sien  en aan te spoor om  the groei.

Authentic Relationship
·         To know and be known.
·         To love and be loved
·         To serve and be served
·         To celebrate and be celebrated
Russ Robinson

Ongelukkig is verhoudings  een van die kerk se grootste uitdagings is.  Ons  is  veronderstel om in eenheid saam te leef en in mekaar se lewens inspraak lewer.  Dit is  juis die mense wat die naaste aan ons is wat ons soms seermaak. Dit is ook die nommer een rede waarom mense ’n gemeenskap verlaat.

Oor die algemeen vermy mense eerder konflik en verskille as om dit te probeer oplos.

Josef se verhaal

Josef  is iemand wat deur gebroke verhoudings gegaan het,  maar groot oorwinnings beleef het.  Lees Gen. 37-50 en Ps. 105: 17-22

·         Sy broers verkleineer, verwerp en verkoop hom as slaaf.
·         Potifar se vrou beskuldig hom valslik en hy beland in die tronk.
·         In die tronk vergeet die skinker van Hom.

Gen. 50:18 Sy broers kom toe self en val voor hom neer. “Ons sal u slawe wees,” het hulle gesê.19Maar Josef sê vir hulle: “Moenie vir my bang wees nie. Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie. 20Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.

Josef kyk na al die gebeure uit ’n totaal ander raamwerk:
·         Vergewe sy broers
·         En sien die groter prentjie raak.
Hier is ’n belangriker vraag om jou te help perspektief kry: Wat kon ek leer uit my ervarings?

Jesus leer sy dissipels beginsels oor verhoudings in Luk 17
Luk. 17:1 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word

Les 1 Wees verseker dat konflik en uitdagings deel is verhoudingslewe.

Die woord Struikel (skandalon) beteken dat jy ’n gevangene word van mense se invloed.
·         Dit neem jou gedagte en emosies gevange.
·         Jy haal jou oë af van God se doel met jou lewe.

Jesus se raad - herstel die verhouding.

Luk. 17:4 Ook as hy sewe keer op ’n dag teenoor jou oortree, maar ook sewe keer na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”

Vergifnis:
Stap 1 Erken jy het seergekry.
Stap 2 Besef dat vergifnis jou bevry.
Stap 3 Onthou Jesus het jou vergewe.
“An Unwillingness to forgive others has the potensiale to poison our minds with bitterness and keep us from living in true freedom as Christ intended”
Stap 4 Identifiseer jou emosie. Gee dit vir die Here.
Stap 5 Identifiseer die teenoorgestelde emosie en begin dit inbou in jou lewe.
Stap 6 Gee die persoon vir die Here Rom 12:19
Stap 7 Spreek hom vry.

Sien dieper

1. Watter lewenslesse kon jy geleer het?

2. Praat met mekaar
Luk. 17 3 “Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg.
Leer om saam te groei.
Luister na wat die persoon se ervaring was en probeer verstaan voor jy wil verdedig.

3. Stel vas of daar nie ’n dieperliggende rede  is,  as jy gereeld in verhouding-spanning beland nie.
·         Gevoel van verwerping.
·         Begeerte om jouself te wil bewys.  
Kom by die wortel van jou optrede uit, sodat jy vry kan kom.

Leer om nie die oorsaak van negatiewe verhoudings te wees nie.
Luk. 17:1 Jesus het aan sy dissipels gesê: “Dit is onmoontlik dat dinge wat mense laat struikel, nie oor julle pad kom nie. Groot ellende wag egter op hulle deur wie dit veroorsaak word
Sosiaal volwasse mense:
·         Dink voor hulle praat.
·         Maak ruimte vir verskille.
·         Is nie oorsensitief nie.
·         Werk aan ’n kultuur van eerbied.

Matt. 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete

Die dissipels vra vir nog geloof

Eindelike vra hulle: Help ons om te groei in ons kapasiteit om met ander in verhouding te staan.

Luk. 17:6 Die Here het gereageer: “Al sou julle maar net ’n geloof só klein soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle aan hierdie moerbeiboom gesê het: ‘Ontwortel jouself en gaan verplant jou in die see’ – hy sou julle gehoorsaam!

Sien anders: 
·         Sal jy nie Sy waarheid as jou waarheid sien nie? Hier in lewe.
·         Sal jy nie anders na jouself begin kyk nie?
·         Sal jy nie anders na ander mense begin kyk nie?


Werk elke dag en in elke omgewing aan jou verhouding met ander.   

Saturday, August 23, 2014

Is my lewe bonatuurlik?


Praktiese Implikasies
·         As jy nog nie deel is van ’n groep nie (maandag groep by die kerk, dinsdag video Conference – sit jou naam op die clipbord; eerste jy vennoot wil word ook clipbord)
·         Boekmerk – gebruik dit elke dag om jou te herinner aan wat veronderstel is om te gebeur
·         Die boek is beskikbaar by die inligtingstoonbank teen R100
·         Jy kan enigetyd deel word, ons dateer dit op met vrae vir jou kleingroep om fokus te behou

·         Hierdie week se vrae is:
o   Wat beteken dit vir jou om vervul te wees met die Heilige Gees?
o   Hoe lei die Heilige Gees jou op ’n daaglikse basis?
o   Wat is jou geestelike gawes en hoe gebruik jy dit?

·         Donderdagaand gesprek oor die doop en Heilige Gees

Hoekom lyk my lewe so natuurlik, as dit eintlik bonatuurlik moet wees???

As ek dink aan iemand wat bonatuurlik is…dan dink ek aan Superman, vir kinders Buzz Light year (to Infinity and beyond!)
Dit is ‘n “Super Hero” of iemand met:
·         Bonatuurlike vermoë
·         Almal se held
·         Invincible!

Almal van ons begeer ‘n bonatuurlike vermoë.
·         Om te kan beheer (veral as die taxi) voor my inry!! Iron man
·         Respek te kry (Sodat ek kan verstaan wat hy/sy dink want dank an ek hulle beïnvloed soos Professor X in die X-men)
·         Om myself te kan verdedig (wanneer hulle my huis beroof, soos man van intersek)
·         Want almal van ons het hierdie begeerte om ‘n Verskil te maak.

Waar kom die begeerte vandaan?
Is dit n slegte begeerte?
Wil ons net in beheer wees?
Wat in ons maak dat ons gereeld wens ons kan meer verrig as wat ons kan?

Gen 1:26 ANV  Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

Gen 2:7 ANV  Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.

Ons is gemaak na sy beeld en Sy gelykenis wat beteken dat ons het ‘n Goddelike natuur wat maak dat ons n begeerte het om ‘n verskil te maak, te wil skep soos Hy skep. Om iets te beteken, om te kan skep en kreatief te raak en te kan heers.


Wat beteken natuurlik?

‘OM GOD TE BEGRENS BINNE MY VERWYSING’

Dit is algemeen en God is grensloos, onverstaanbaar, bonatuurlik

Hoe lyk dit wanneer ons verstaan wat dit beteken om bonatuurlik te lewe?
Is dit om soos n super hero buitengewone vermoëns te hê?

Joh 15:5 ANV  Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Joh 15:5 MSG  "I am the Vine, you are the branches. When you're joined with me and I with you, the relation intimate and organic, the harvest is sure to be abundant. Separated, you can't produce a thing.

In die Nuwe testament het dit so gelyk…

Johannes die doper:
Mat 3:11 MSG  "I'm baptizing you here in the river, turning your old life in for a kingdom life. The real action comes next: The main character in this drama--compared to him I'm a mere stagehand--will ignite the kingdom life within you, a fire within you, the Holy Spirit within you, changing you from the inside out.

Jesus sê self:
Act 1:8 ANV  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Act 2:4 ANV  Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.

Ewe skielik verander bang, skaam en onseker dissipels in koninkrykshelde – ouens  wat Jesus verloën en weggehardloop het - het daarna kerkleiers geword en met vrymoedigheid begin preek. Siekes gesond gemaak. Boeke geskryf wat miljoene mense al gelees het en steeds vandag lees.

Sy dissipels het Hom geken hulle het 3 jaar saam met hom gewandel maar hy het hulle gestuur om bekragtig te word met die Heilige Gees om ‘n getuie te wees.

Wat beteken dit vir my en jou?

·         Wedergeboorte – ontdek jou ware identiteit (Joh 3:3 MSG)
·         Doop – die aantrek van my ware identiteit (Gal 3:27 ANV)
·         Bekragtiging (vervulling) met die Heilige Gees – nou leef ek vanuit hierdie ware identiteit (Hand 1:8)

4:1 So hier sit ek nou in die tronk, maar my groter besef is dat ek in Hom is. (Ons sit immers saam met Hom in hemelse plekke. 2:6) Vanuit hierdie oortuiging maak ek ‘n dringende beroep op julle om te let op die detail van jul lewenswandel sodat julle die definisie wat Hy aan julle gegee het as jul ware en enigste identiteit met integriteit sal uitleef. (Sy roeping identifiseer julle eerder as jul natuurlike etniese herkoms of kultuur.) – Francois du Toit EFE 4:1 -


Ef 4:1 Mirror
The detail of your day to day life flows from the consciousness of your true identity and worth as defined in Him.

2Pe 1:3-4 ANV  Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.  (4)  Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

Ons het nodig om te besef ons is het ‘n Goddelike natuur!
Wat ons in staat stel om te kan lewe bonatuurlik!
Nie gebind deur die normale beperkings wat ons beleef nie.

Hoe lyk ‘n lewe wat bonatuurlik funksioneer: gevul deur die Heilige Gees…?
‘n plek van Sekerheid, van onwrikbare geloof en oortuiging

Stefanus se storie…(Hand 7:54-60)
Paulus en Silas se storie…(Hand 16:25)

Leef vanuit n ander realiteit. Ewigheid realiteit. Hoe werk dit?

2 Tim 1:7-8 Mirror
1:7 Become fully acquainted with his gift in you, there is nothing timid about it; the dynamic of a mind liberated in the spirit of love is fearless and unstoppable.
1:8 Do not let my imprisonment make you feel embarrassed about the testimony of Christ or your association with me! We are partners in the afflictions of the gospel and also in the intensity of God’s power! We experience a constant download of power in the midst of affliction!

Ek reageer vanuit nuwe realiteit.
1.    spreek lewe
2.    reageer met liefde
3.    Het ‘n hart wat konstant in aanbidding God eer
4.    Wees lief vir die wat jou vervolg en haat
5.    Spreek hoop wanneer daar geen hoop is nie.
6.    Sien Goddelike realiteit wanneer aardse realiteit wanhopig lyk soos Paulus

Slegs n openbaring van wie God is, bekragtig deur Sy Gees, kan dit moontlik maak.

As hierdie waar is vir ons ….Wat maak dat ons nie ervaar dat ons anders funksioneer met ‘n nuwe identiteit nie???

·         Ek het nog nie besef wie die Heilige Gees is en hoe Hy as persoon my kom vul om deur Sy krag te lewe nie.
·         Ek is gedoop met die Heilige Gees maar verstaan nie die krag wat daarin vir my lê nie.

The power of the Spirit of God - active in and through the lives of the sons of God - has always been God's choice method for doing His work. How often do we not find ourselves as sons of God attempting to do His work without embracing the gifts and the power of His Spirit? As sons of God, we must embrace the supernatural or run the risk of becoming either super-spiritual or superficial. – Rick Moser

“The Glory of God is man fully alive in Christ.”

Wanneer ons saam met die Heilige Gees lewe wat ons in staat stel om te lewe vanuit verhouding met God, word dit die nuwe normaal.
Dan word dit abnormaal wanneer ons lewens slegs definisie vind in wat ons hier op aarde sien en beleef.
Want dit is normaal om te lewe vanuit die oortuiging dat ons ingesluit is in God se liefde en om deur die Heilige Gees bekragtig te word vir bonatuurlike lewens.

Ministry:
Laat toe dat die Heilige Gees jou aanraak en kom vul.
Die Heilige Gees kom leer ken as persoon
As jy God ken, het jy reeds die Gees binne in jou.
Maar die Heilige Gees wil jou kom doop met wie Hy is en kom aktiveer in Sy krag
Gawes volg as teken. 1 Kor 12
Praat in tale is gereeld die teken…


Balone oomblik

Saturday, August 16, 2014

Kan ek ander help?


Stories het die vermoë om die uitkyk van die wêreld te verander.

Antwoord hierdie vraag by jouself Hoeveel van ons sienswyses is al beïnvloed deur flieks?

Jesus het dit wat Hy wou oordra met stories geleer.

As jy ’n storie van jou eie lewe wil vertel, kan die volgende patroon van ’n storielyn jou baie help.

Meeste stories bevat die volgende elemente:
·        
      Daar is ’n karakter - Wie was hy en wat was sy behoefte?
·         Die karakter beleef ’n krisis - Wat was die probleem en hoe het dit jou laat voel?
·         Daar daag ’n held op - Wat het jou gehelp – wat het tot die uitkoms gelei?
·         Hierdie held het ’n plan - Watter plan het jy na vore gebring om die antwoord of oplossing te bring?
·         Die karakter kies om die raad toe te pas  - Watter tragedie kon afspeel het  as jy nie die plan toegepas het nie?
·         Wat is die gelukkige einde omdat die plan toegepas is?

Paulus vertel sy bekeringsverhaal in Hand 22

·         Die Karakter, Hand 22:4-5 Wie was hy voor sy bekering?
·         Die Held, Hand 22: 6-13 Jesus kom op die toneel en gebruik Ananias. Wat het aanleiding gegee tot verandering? Hoe het die verander in sy lewe plaasgevind?
·         Paulus se lewe verander, Hand 22:13 -15. Hy vertel deur die doop sy omdraai-oomblik.

Die doop is ‘’n geleentheid waar jy die eerste keer  vir ander vertel wat het Jesus in jou lewe gedoen.
Hierdie gebeure maak jou deel van Jesus se storie. Alhoewel Jesus deel geword het van jou storie, verander die fokus nou na ons rol in Sy storie.

Besef die belangrikheid om met ander kontak te maak.

Luk. 10 Jesus stuur sy Dissipels na mense wat vrede soek.
·         ‘n “Vrede soeker”  is iemand wat ‘n begeerte na “Iemand” het, maar hy het nie ‘’n definisie van wie hierdie “Iemand” is nie.
·         Gebrokenheid – Sy lewe is deurmekaar, hy het hulp nodig.

Waar jy geplant is, moet jy blom.  Wees op die uitkyk na vrede soekers in die omgewing waar jy geplant is.
Jou bydrae vorm deel van ’n ketting, dalk is jy net nog ’n  skakel wat tot iemand se bekering lei.

 Mar 1:17  And Jesus said unto them, Come ye after me, and I will make you to become fishers of men
.
·         Jesus sê nie gaan vang vis nie.
·         Jesus spreek ’n leefwyse aan.
·         Die woord “Become” sê  jy gaan verander om ’n  visser van mense te word.  Dit gaan jou DNA wees.

En as ons almal so begin optree word ’n kultuur gevestig – beïnvloed ons die wyse van lewe.

1 Petr 2: 9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het. 10 “Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming.”

·         ‘n Kultuur, ’n “tribe” van eenders denkendes word gevestig.
·         ’n Volk in diens van God – ‘n Volk of koninkryk wat bestaan uit priesters, wat ander sal dien sodat hulle God se goedheid kan beleef.


Jou storie wat ander inspireer het die vermoë om ’n kultuur te verander, waar mense die goedheid van die Here sal sien  en glo.

Saturday, August 2, 2014

Groei 2

Groei
Die primêre woord wat in die Nuwe Testament gebruik word  om ons verhouding met Jesus uitdrukking te gee is Dissipelskap. Dit word oor die 264 keer gebruik. Die woord Christen kom net  3 keer voor in die Bybel.

Wat is jou eerste indruk as jy die woord hoor?

Die woord dissipel in die Grieks is mathēteuō (math-ayt-yoo'-o) dit  beteken om te leer.
In konteks  beteken  dit dat iemand ‘n leermeester volg en dit wat hy leer deel maak van my lewe.

Joodse kinders het deur ‘n geestelike skool gegaan, waarvan sekeres gekies word om onder die lering van ’n Rabbi te staan. Hulle is genoem Dissipels. Die wat dit nie gemaak het nie is terug om ’n ambag by die huis te loop.

Jesus as ’n Rabi (leermeester) stap langs die see (Matt 4:18) en hy kies ambagsmanne. (Hulle wie dit nie gemaak het nie) en sê vir Petrus en Andreas: “Kom, volg my. Word my dissipels.”

In ’n oomblik neem hulle ’n besluit, los alles en volg Jesus.

Jesus leer ons in John 14:6 dat hy die weg, die waarheid en die lewe is.
Die les is dat  as ons sy dissipels word, ons Hom volg, nie net ’n leerstelling nie. By Hom leer hoe om te lewe.

Intimiteit: Dit is vanuit ’n plek van verhouding dat ons groei.

Psa 27:4  I'm asking GOD for one thing, only one thing: To live with him in his house my whole life long. I'll contemplate his beauty; I'll study at his feet.
Psa 27:8  When my heart whispered, "Seek God," my whole being replied, "I'm seeking him!"

Die omgewing waarin Jesus sy Dissipels geleer het, kan ons in vier kategorieë indeel.

Matt. 14:13,  Luk. 9,
·        Jesus het die skare geleer.
·         Jesus het dialoog gehad met Sy Dissipels
·         Jesus het sy Dissipels uitgestuur om prakties toe te pas en so te leer.
·         Jesus het sy Dissipels die belangrikheid van persoonlike tyd saam met die Vader geleer.

In Hand 2 tel jy  dieselfde beginsels op van hoe die eerste kerk gefunksioneer het

In ons moderne kerk gee ons vandag nog uitdrukking aan hierdie model
·         Sondae byeenkomste en Kursusse – Lering
·         Groepslewe  - Dialoog en “accountability”
·         Praktiese ervaring – Hoe bid ek vir iemand in Hospitaal, uitreik ens.
·         Persoonlike tyd saam met Jesus

Om Jesus te  volg en aan sy voete te sit is meer as net ‘n sondaars gebed.
Dit is ’n totale oorgawe wat tot ware lewe lei.
Lees Matt. 16:24-36 oor die koste van Dissipelskap.
“Self-sacrifice is the way, my way, to finding yourself”
Jy lê jou eie voorkeure af om Sy wyse van lewe deel te maak van jou lewe.

Jesus maak ’n belangrike stelling en leer ons om die koste te beraam voor jy die keuse maak.
Die effek raak jou hele lewe.
·         Jou dagboek verander
·         Jou wyse waarop jy geld spandeer verander
·         Hoe jy jou mense by die werk hanteer verander

Dissipelskap bring verantwoordelikheid

Matt. 4:19 Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Aan my is gegee alle mag.

Net voor die bekende Matt. 28:19 oor dissipelskap, maak Jesus dieselfde opmerking as in Matt 4:19. 
Matt. 19:18 Aan my is gegee alle mag in die hemel en op aarde

Jesus het die mag gehad om na mense in nood uit te reik

Die les is:  As jy Hom volg sal Hy jou leer om  volgens Sy  mag te wandel

Die beginsel van dissipelskap is om te leer sodat jy iemand ander kan leer

Rom 15:1 Dié van ons wie se geloof sterk is, het ’n plig teenoor ander Christene wie se geloof nog nie so sterk is nie. Ons moet hulle aanvaar en hulle bystaan. Geloof gaan tog nie net oor ons nie. 2 Ons kan nie net daardie dinge doen wat ons gelukkig maak sonder om te vra hoe ander gelowiges daaroor voel nie. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om te sorg dat ander gelowiges ook gelukkig is. Dit is ons plig om hulle geloof sterk te maak en op te bou.3 Christus het presies dit kom doen toe Hy op aarde was. Hy het nie na sy eie belange omgesien nie, maar na dié van ander.
Dit is soos die Bybel sê: “Al die beledigings wat die mense na u kant toe gegooi het, het Ek gedra. Dit het alles op My afgekom.”
4 Alles wat in die Bybel opgeteken is, is neergeskryf om ons te leer. Die Bybel versterk ons geloof en moedig ons aan sodat ons elke dag kan uitsien na die terugkoms van die Here.
5 Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. 6 Mag julle almal saam soos ’n groot koor in ’n harmonie van stemme God se Naam grootmaak. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe.

Die krag van saamgroei lê hierin.
Jy hoef nie eers alles te weet voor jy ander kan leer nie.

Deel met ander wat jy reeds weet.

Die krag van dissipelskap is : Neem verantwoordelikheid op vir jou geestelike groei en help ander.